|
|||
|
|||
PRAAT van n
roesemoes -- dis vandag se Kaïro. n Stuk of sewe
miljoen mense in Afrika se grootste stad, wat elke oggend
verder aangevul word deur hordes werkers uit die
buitewyke. Dit hang aan die vensters van propvol busse of dit ry saam op die modderskerms. En te midde van die driftige, dolle dreuning vryf talle haweloses die slaap uit hul oë . . . nadat hulle die nag op dakke of selfs die ooptes tussen grafstene deurgebring het. Maar ry jy uit die Egiptiese hoofstad oor die rivier na die piramides daarbuite, is jy meteens terug in n ander tyd, n heeltemal ander wêreld. In die Sahara-eensaamheid staar jy verwonderd na die Groot Piramide van byna vyf miljoen ton klip wat omstreeks 2700 vC vir die farao Cheops (of Choefoe) as sy grafkelder opgerig is. Hier, volgens die legende, het honderdduisend werkers dertig jaar lank aan die bouery gesloof. Ook hier, by Giza, is die byna ewe groot piramide van die volgende farao Chafre (of Chephren) en n kleiner een van die latere farao Menkure (of Mykerinos). En dan natuurlik die Groot Sfinks van Giza, die mensekop met die lyf van n leeu. Hier hurk die beroemde beeld met die ondeurgrondelike glimlag op die gesig asof dit die opgegaarde kennis van die eeue besit. By Giza raak n mens intens bewus van die ou beskawing wat eenmaal, soveel eeue gelede, langs die Nyl bestaan het -- waarvan sekere spore selfs tot in ons tyd nog in ons eie kultuur bestaan. Dit was n beskawing wat bestendig oor n verstommende drie millenniums gestrek het. In daardie drieduisend jaar het die lewe soms minder, soms meer verander, maar wonderbaarlik tog grootliks dieselfde gebly. Vir ons, in ons uiters snel veranderende wêreld, is so iets haas ondenkbaar. Ons beleef vandag tegnologiese ontwikkelings wat skaars n geslag of twee gelede heeltemal vergesog sou geklink het. Maar die antieke Egiptenare het dertig lange eeue van gestadige, grootliks onveranderde gelykmatigheid gehad. Daarby het hul hele bestaan om die bestendige vloei en vloede van die Nyl gewentel ... Lewensbloed van ou Egipte WAT is die Nyl? Drie keer so lank as die Oranje, stroom hierdie langste van alle riviere op aarde nagenoeg 6 700 km ver uit die stomende trope na die Middellandse See -- selfs dwarsdeur die barre, okergeel Sahara-woestyn.
Maar oor sulke kolossale damme het die faraos destyds stellig nie eens gedroom nie. Hoekom sou hulle? Die kosbare water en vrugbare slik wat die Nyl jaar ná jaar oor die landerye gegiet het wanneer dit sy walle oorstroom het, was immers die lewensbloed van daardie ou kultuur. Die oorstromings -- wat vandag deur die Nasser-meer getem word -- was in meer as een opsig broodnodig. Dis dan ook nie vreemd dat die Nyl n besondere invloed op die destydse denkwyse gehad het nie. In n land soos ons sn, byvoorbeeld, waar reën die grond bevogtig en bestaande grensbakens selde onder vloedwaters verdwyn en daardeur vernietig word, is daar nie juis veel probleme met die grense tussen die landerye van die verskillende boere nie. Maar in die antieke Egipte, waar byna alle landbougrond jaarliks onder die vloedwater van die Nyl weggeraak het, was alle grense (Vervolg bo-aan in volgende kolom) |
En dis juis hul gevorderde kennis van die meetkunde wat dit toe ook vir die ou Egiptenare moontlik gemaak het om fantasiese bouwerke soos die piramides op te rig. Mummies en piramides DIE PIRAMIDES het weliswaar uit veel eenvoudiger grafkelders ontwikkel. Die ou Egiptenare het in n hiernamaals geglo waar die siel na die liggaam sou terugkeer, en die lyke is dus versigtig gebalsem (gemummifiseer). Die mummies van die koninklikes en die adel is in die grafkelders geplaas saam met voorwerpe wat hulle konsuis in die hiernamaals sou kon gebruik. Dit was dikwels waardevolle dinge, met die gevolg dat die meeste grafte mettertyd geplunder is. Om plunderaars te keer is die grafkelders ál groter gemaak totdat die piramide die standaard-graf van die koninklikes geword het. Die Egiptiese faraos het na skatting meer as tagtig piramides gebou. Maar dié praktyk het later in onbruik verval toe die koninklikes in geheime, uit rots gekapte grafkelders in die Vallei van die Konings begrawe is. Verdere nalatenskap WAT, buiten
n kennis van die wiskunde, het die ou Egiptenare
nog vir ons Hulle het reeds n kalender met maande van dertig dae gebruik. Twaalf van dié maande plus vyf dae aan die einde het n jaar van 365 dae volgemaak. Ook vir dit wat ons vandag as skrikkeljare ken, kon hulle die nodige aanpassings doen. Met sy verowering van Egipte het Julius Caesar van Rome met die Egiptiese kalender kennis gemaak. Caesar het besef dat hierdie kalender baie beter was as die ou Romeinse kalender, wat op maanmaande gegrond was. Sy kalenderhervorming, wat tot die sogenaamde Juliaanse kalender gelei het (wat ons vandag nog in n gewysigde vorm gebruik), was dan ook op die ou Egiptiese kalender gebaseer. Ook die geneeskunde van die antieke Egiptenare was baie gevorderd vir daardie tyd. Sommige van die medisyne van destyds word vandag nog gebruik. Kasterolie is byvoorbeeld nie net as purgeermiddel aanbeveel nie, maar ook dikwels op brand- en ander wonde aangewend. Nog n moontlike geskenk van ou Egipte aan die mens, is brood. Party navorsers reken dat die eerste ongesuurde brode daar gebak kon gewees het. Ander bydraes was op die terrein van die argitektuur, tydmeting, die skilder-, beeldhou-, keramiekkuns, ens. Die ou Egiptenare was natuurlik ook onder die eerstes met n soort papier (gemaak van die papirusriet). Die handelinge van die faraos in die verskillende dinastieë en die lewe in ou Egipte sal n hele ensiklopedie kan vul. In die Bybel alleen is daar verskeie vertellings wat oor Egipteland handel. As jy verder verder wil nalees, kan jy goed beloon word met n besoek aan jou biblioteek, Die boeiende verhaal begin by die (moontlik slegs legendariese) Menes, ook genoem Aha-meni en Narmer, wat Egipte in 3100 vC in een land sou verenig het. Dit strek tot by die veelbesproke koningin Cleopatra, haar liefdes en haar dood in 30 vC, toe Egipte bloot n provinsie van Rome geword het. Tussenin loop die veelbewoë geskiedenis van n staat wat, soos gesê, drieduisend jaar lank sy onuitwisbare stempel op die mensdom afgedruk het. Ons sal bes moontlik nie baie lank tuis voel in die moderne Kaïro nie. Maar aan ons erfenis uit die verkrummelde koninkryke van die Nylland sal ons vandag nie kan of wil ontkom nie. Die skimme van die faraos is nog duidelik met ons -- ook in die papier waarop ons boeke gedruk is en miskien selfs die rekenaars waarmee ons werk. Want is ons rekenaars, nes die piramides, dan nie ook maar gevorderde produkte van die wiskunde nie? |
||
Klik
hier vir ’n groot portret van ’n Egiptiese farao |
|
Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad