Grappe
vir ’n ledige
paar minute

’n Kort versameling koddighede om die tyd lag-lag te verwyl . . .
 
Die hoogmoedige toeris loop neus in die lug deur die eenvoudige
dorpie toe ’n ou vrou met haar
draggie hout verbykom.
"Goeiendag, jou ma van ’n esel,"
groet hy met bytende minagting.
"Goeiendag, my seun," sê die vrou.
 
Eendag, lank, lank gelede was daar ’n goeie skoonma.
Maar ook net één dag -- en lank, lank gelede . . .
     
   

e

Die blondine is ’n plekaanwyser in ’n fliek. Op
’n dag skrik sy haar flou toe sy ’n groot bruin beer
in die voorste ry van die fliek sien sit, besig om ’n pakkie
springmielies te verorber.
"Hei," fluister sy verbaas, "waar kry jy die pop-corn?
Ek dog die pop-corn-masjien is stukkend!"


 
e
Blapse in die eksamen
   

o Verduidelik die rugstring. Die rugstring is ’n klomp klein beentjies agter teen jy rug op, en hulle keer dat ’n mens nie bene tot by jou nek is nie.
o Wie was kwaad toe die verlore seun teruggekeer het? Die vetgemaakte kalf.
o Waarom moet die president ’n kabinet hê? Om sy medaljes in te bêre.
o Wilhelm Tell het ’n pyl deur ’n appel geskiet terwyl hy bo-op sy
seun se kop gestaan het.

                     
e
Twee blondines is besig om vir hulle ’n houthuis aanmekaar te timmer. Die een is knaend besig om spykers op te tel, na hulle te kyk en dan party weg te gooi en die ander te hou.
"Vir wat gooi jy so baie spykers weg?" vra haar maat.
"Oor hulle verkeerd om is," sê die eerste blondine, "hul koppe sit aan die verkeerde kant."
"Jou onnosel ding," bits die tweede blondine," daardie spykers is vir die ander kant van die huis bedoel.


 
e
Nog blapse in die eksamen
  

o Polonius was ’n soort mitologiese wors.
o ’n Kommunis is óf ’n republikein óf ’n monargis wat altyd vir die party stem waaraan hy nie behoort nie.
o Alexander het Troje binnegeval vermom as ’n houtperd.
o
’n Senator mag nie ’n inwoner wees van die omgewing waarin hy woon nie.
o Etiket is klein goedjies wat ’n mens nie graag wil doen nie.
o Skryf alles wat jy weet van Nero. Hoe minder ’n mens van Nero skryf, hoe beter.

 
 
In die handel en wandel . . .
* Ek weier om aan enige klub te behoort wat my as lid sal aanvaar.
* Rondloper: Ek het ’n vreeslike griep opgedoen toe ek in iemand se agterplaas geslaap en vergeet het om die hek toe te maak.
* Blondine was tevergeefs probeer om haar huis met haar sigaret oop te sluit en dan haar fout besef: Ag nee, genade, dan het ek mos netnou my sleutel gerook!

 
e
Yslik onmoontlik
  

’n Man wat by die Noordpool ysbere jag, word deur ’n verwoede ysbeermannetjie is ’n ysspleet vasgekeer.
Omdat hy iewers langs die pad sy geweer se patrone verloor het, kan hy homself nie verdedig nie.
Doodbenoud bars hy in trane uit. Maar dis so koud dat die trane langs sy wange verys.
Gelukkig dink hy daaraan om een van die ystrane as ’n patroon te gebruik; hy laai toe sy geweer en skiet.
Ongelukkig smelt die ystraan binne-in die geweer en slegs ' n straaltjie water spuit by die loop uit.
Gelukkig is dit so koud dat die straaltjie toe onmiddellik
 
eweer verys en die spiesvormige stukkie ys sekuur in die rigting van die ysbeer voortsnel.
eOngelukkig smelt die ys toe dit die kop van die ysbeer binnedring . . .
eGelukkig vrek die ysbeer toe van water op die brein.

                     
 
Die kinders moes op skool ’n opstel skryf oor "die snaaksste ding wat ek nog ooit gesien het".
Die klas se dromer het die hele periode sy tyd sit en verspeel -- totdat toe die klok lui en hy sy boek moet inlewer.
Bitter haastig krap hy toe die volgende sin in sy boek:
"Die snaaksste ding wat ek nog ooit gesien het, was te snaaks vir woorde!"


                     
     

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad