DIS
werklik iets om oor ''parra-noïes'' te raak, sê n
wetenskaplike nou die dag wrang. Hy het geen grap gemaak
nie. Al kon sekere van sy kollegas dalk sy koddige
woordspeling as n ligsinnige geskerts oor n
baie belangrike saak beskou het. Maar hy
wou bloot benadruk dat iets kommerwekkends verkeerd is met
die padda-populasies van die aarde. Die padda-bevolkings
is immers dikwels n aanduiding van ons planeet se
ekosisteme as n geheel.
Eintlik
is dit n tweeledige probleem en geleerdes soek nog
oral antwoorde. Aan die een kant vrek die paddas op
n streep in baie wêrelddele. Niemand weet verseker
waarom nie. Aan die ander kant is n gruwelike
indringer besig om Europa hand oor hand in te neem: die
Amerikaanse brulpadda.
In
die jare sestig is ses ('n ander bron sê dit was tien)
van die brulpaddas onwettig uit die VSA ingevoer deur
n avonturier wat hulle in Gironde, Suidwes-Frankryk,
in sy private tuinpoel geplaas het. Hulle het
vermenigvuldig en vermenigvuldig om vandag in hul
derduisende die Europese waterstrome, vleie en mere te
beset.
Inheemse
visse en ander paddaspesies word verdring en sterf uit.
In Frankryk het plaaslike owerhede al die brulpaddas
probeer doodskok en selfs met 22-gewere gejag, maar dit
lyk nie of dit die langtermyn-antwoord kan wees nie. "Daars net een oplossing: totale uitwissing, of
ons word deur die brulpaddas oorstroom,'' reken sekere
mense nou.
Dit
staan in regstreekse teenstelling met die onrusbarende
afname wat wetenskaplikes reeds sedert 1980 in die
bevolkings van sekere paddaspesies rondom die wêreld
waargeneem het.
Party
afnames kan die gevolg van natuurlike wisselings in die
klimaat wees. Maar wetenskaplikes glo dat baie
paddaspesies gevaar loop om uit te sterf weens
veranderings wat deur mense aan hul hougebiede aangebring
is.
Tog
is paddas ook besig om uit betreklik onrepte habitats te
verdwyn. Die goue landpadda van Costa Rica het
byvoorbeeld onlangs uitgesterf, hoewel sy woonplek in die
wildernis nie eintlik wesenlik bedreig is nie.
Nou
is daar geleerdes wat vrees dat n vreemde siekte,
iets soos n swam wat die paddas se velle beskadig,
vir sekere van die onlangse baie vrektes verantwoordelik
kon gewees het.
Hulle
vrees ook dat wêreldwye veranderings in die omgewing,
wat aan suurreën, die verwarming van ons planeet en die
verdunning van die osoonlaag gewyt kan word, n
bedreiging vir paddas kan wees, selfs in gebiede ver van
menslike woelinge.
Padda-feite en -eienaardighede
DIE PADDA is n amfibiese dier. Die naam amfibie is
afgelei van n Griekse woord wat ``dubbele lewe''
beteken, want die meeste amfibieë bring die vroeë deel
van hul lewe in die water deur en die laaste deel op die
land.
Die
enigste amfibieë wat ons in Suid-Afrika kry, is die
verskillende soorte paddas en skurwepaddas (``toads'' in
Engels). In ander dele van die wêreld is daar egter
ander interessante amfibieë, die sogenaamde molge en
salamanders. Party salamanders is maar net so n
sentimeter of twee lank, maar een soort byna twee meter.
LINKS: Langstert-salamander, Noord-Amerika.
Geleerdes
het al meer as 4 000 paddaspesies geïdentifiseer en nuwe
spesies word steeds in tropiese reënwoude en ander
afgeleë wêrelddele ontdek. n Mens vind paddas
inderdaad op alle landmassas buiten op Antartika en
sekere eilande.
Die
kleinste padda, sover bekend, is n spesie van
Brasilië wat n skamele agt, nege millimeter lank
is (die pote uitgesluit) en minder as dertig gram weeg.
Die grootste is die goliat-padda van Wes-Afrika, met
n lengte van dertig sentimenter en n massa
van meer as drie kilogram.

REGS: Goliat van die Kameroen.
Die
vel van n padda is in die reël natterig en
betreklik dun, sonder skubbe of hare. Kliere in die vel
skei n slym af wat dit vogtig help hou. Baie paddas
het n grys, groen, bruin of geel vel wat hulle help
kamoefleer in die omgewing waarin hulle hulle bevind.
Ander
paddas het turkooiskleurige, oranje, rooi, blou of ander
helder skakerings. Dié is baiemaal n waarskuwing
aan roofvyande: ``Ek is giftig. Bly weg!''
LINKS: Die
tamatiepadda (Madagaskar).
Maar
dis nie oral bekend dat alle paddas, nie slegs die
helderkleuriges, n melkerige gif uit kliere in hul
vel afskei om hulle aan roofvyande te help ontsnap nie.
Die gif van die meeste paddas veroorsaak egter niks meer
as n ligte vel-irritasie by mense nie. Daar steek
geen waarheid in die storie dat n mens vratte kry
as jy n padda hanteer nie.
Paddas verkondig hul teenwoordigheid en kommunikeer met
ander paddas deur middel van verskeie komplekse roepe,
soos kierie-kieries en kwake en ander geluide. Hierdie
geluide word baie soos die spraak van mense voortgebring,
deur lug uit die longe oor die stembande in die keel te
forseer.
Padda-geselsies is baie belangrik in die paartyd wanneer
die mannetjies roep om die wyfies se aandag te trek.
Lewensiklus van die padda
REGS: 1. n Massa padda-eiers. 2. n Padda-embrio soos
dit lyk voordat dit uit die eier kom. 3. Die pas uitgebroeide
embrio. 4. Die jong paddavis nadat dit reeds uitwendige kieue en n
herkenbare stertvin ontwikkel het. 5. 'n Veel ouer paddavis met
sy goed ontwikkelde stertvin en agterpote. 6. Soos ta
uiteindelik sal lyk wanneer die metamorfose finaal voltooi is --
weg is die stertvin en hy het ook voorpote ontwikkel. Wat meer
sê, sy kieue het plek gemaak vir longe sodat hy kan asemhaal en
ook op land pleks van net in
die water kan lewe.
|
PADDAS begin hul lewe as eiers. Dit word deur die
paddawyfie tussen waterplante gelê. Die eiers kom in
lang stringe voor, in groot groepe, in klein groepies of
enkeld. Dit word deur n jellie-agtige stof omring.
Die eiers word deur die son se hitte uitgebroei ná
omtrent tien dae.
Alle
soorte paddas lê egter nie ewe veel eiers nie. Die
sogenaamde mariene padda lê 35 000 in n jaar, word
vertel, maar die Kubaanse pylgif-padda slegs een in
dieselfde tyd.
Uit
die padda-eier kom n larwe, wat gewoonlik n
``paddavissie'' genoem word, hoewel hy bloedweinig gemeen
het met rasegte vissies. Die larwe gebruik egter sy stertvin
om mee te swem en haal wel soos n vis deur kieue
asem. Ná omtrent twee maande verskyn die agterpote waar
die stert aan die liggaam vas is.
Met
die gedaantewisseling (metamorfose) van die paddavis tot
n padda, verander hy sodat hy ook op land pleks van net in
die water kan lewe. Hy kry eers agterpote en dan voorpote.
Longe neem die plek van die kieue vir asemhaling in. Sy
stert word kleiner en sy mond word groter.
Hoewel
die meeste paddas in die wêreld kom soos hierbo beskryf,
is daar ook die uitsonderings.
Die
Surinaamse skurwepadda lê sowat sestig eiers. Die wyfie
dra hulle op haar rug waar hulle binne-in klein sakkies
ontwikkel. Hulle is ten volle ontwikkel wanneer hulle
uitbroei en het nie sterte of kieue nie. Die reënpaddas
van Costa Rica ontwikkel ook reeds binne-in hul eiers tot
paddatjies.
Paddas en die mens
DIE WÊRELD se paddas is van groot belang vir die mens.
Die meeste van hulle lewe van insekte, en in baie gebiede
help hulle om muskietbevolkings te beheer, asook insekte
wat voedselgewasse beskadig.
Boonop
is hulle n kosbron vir sekere mense -- die beentjies
van een soort padda word in baie dele van Europa as
n lekkerny beskou.
Wat
meer sê: paddas is baie belangrik in die onderwys en
wetenskaplike navorsing. Volwasse paddas word baiemaal
gebruik om leerders van die anatomie van gewerweldes (diere
met n ruggraat) te vertel. Daarby help padda-eiers
geleerdes om meer van die ontwikkeling van embrios
te wete te kom.
Sowaar
as padda manel dra -- dit kan n mens tereg sê -- die
mens is geweldig baie aan die padda verskuldig!
|