|
||
AL WAT n potplant nodig het, is . . . wel . . . potjiekos en liefde.
Met potjiekos
word natuurlik nie daardie gewilde boere-bredie bedoel
nie! Ook nie net die porsies kunsmis wat jy af en toe vir
jou binnenshuise sierplante moet voer nie.
Potplante het ook ander soorte ''kos
nodig, soos die regte lekseltjie water op sy tyd. En
genoeg lig, lugsirkulasie en warmte, afhangende van die
bepaalde soorte wat jy moet vertroetel.
Vertroetel is eintlik nie die regte woord nie. Dit klink
te veel na n onverkwiklike oppiepery van die plante
wat daagliks ure van jou kosbare tyd in beslag neem. Die
waarheid is dat potplante juis nie verskriklik baie sorg
nodig het nie. Hier knip-knip, daar n bietjie
natmaak en, woerts, dis alles verby tot anderdag!
Aan die ander kant sal besoekers gou agterkom as jy jou
huisplante verwaarloos. n Verpotte potplant met
vergeelde blare is altyd verdoemende getuienis teen sy
besitter.
Daarom is dit so noodsaaklik om presies te weet hoe om
jou plante geil en gesond te hou. Met n klompie
basiese riglyne sal jy egter gou-gou in n
groenvinger-fundi ontpop.
Heel eerste moet n mens besef dat plante net soos
diere dramaties van mekaar kan verskil. Net soos jy nie
gras vir n luiperd kan voer en vleis vir n
bok nie, so kan jy mos ook nie vlieë vir jou varings gee
soos vir ou Venus jou vlieëvanger nie.
Maar daar is ook subtieler verskille tussen plante, wat
baie te doen het met die verskillende klimate waarin
hulle eintlik aard. Plantkundiges beveel dus aan dat jy
n sewestuks vrae aan jou kweker moet stel elke keer
wanneer jy n plant koop:
Omdat elke
soort plant dus n ander vlak van versorging nodig
het, kan dit jou ook loon om n planteboek te
raadpleeg en te kyk watter soort plante vir jou die
geskikste sal wees. Die volgende breë kennerswenke oor
potplante is nietemin uit verskillende bronne versamel: DIE GROOTTE VAN DIE POT DIT KLINK bloot na n kwessie
van gesonde verstand om die regte grootte pot vir n
bepaalde plant te kies. Tog kan n leek hier maklik
die pot mis sit! As jy enigsins twyfel, raadpleeg gerus
jou kweker om reg in die begin seker te maak dat jy nie
dalk n reus in n eierkelkie sal probeer
grootmaak of n dwerg in n Ali Baba-pot nie.
Alle potplante moet die een of ander tyd in groter potte
oorgeplant word. Jy sal agterkom wanneer dit nodig raak:
die plant sal begin kwyn en van sy wortels kan selfs by
die ou pot se dreineringsgate begin uitgroei. Die deursnee van die nuwe pot behoort in die reël nie meer as 2,5 cm groter as dié van die ou pot te wees nie. En moenie die wortels met die oorplanting te veel versteur nie. Die meeste plante kan maklik uit hul ou houers verwyder word deur dit onderstebo te hou en die rand van die pot teen iets solieds te kap. Hou jou een hand oor die grond in die pot met die plant tussen jou voor- en middelvinger soos op die illustrasie hieronder:
DIE GROND IN DIE POT ALLE
PLANTE het grond met genoeg
voedingstowwe nodig wat vry van siektes en peste is. Maar
dit spreek vanself dat verskillende plante nie almal
dieselfde soort grond vereis nie. Party verkies dit suur,
ander wil dit min of meer neutraal hê en nog ander
floreer die beste in n alkaliese medium. So het
eksotiese blomme partykeer n spesiale tipe grond
nodig wat Usambara-viooltjie-grond (``African violet soil)
genoem word. Kaktusse en vetplante sal weer gewoonlik in
n sanderiger grondmengsel gedy. Die meeste
plante sal egter heel goed vaar in gewone sogenaamde
potplant-grond. Sulke vooraf vermengde grondsoorte is
vrylik te kry by kwekerye en ander verkopers van plante.
Gaan soos volg te werk wanneer jy n plant vanuit sy
swart plastiekhouer of sy ou pot na n nuwe een
oorplant: Pak klein klippies onder in die pot bo-oor die
dreineringsgate. Op die klippies gooi jy n laag
growwe riviersand, waarna jy die pot verder deels met
potplant-grond vul.
Los n holte in die middel en plaas die plant se
wortelgedeelte, met sy oorspronklike grond daar om, in
die holte. Vul nou die pot verder met potplant-grond op
tot by die plant se oorspronklike grondlyn, wat sowat 2,5
cm onderkant die pot se rand behoort te wees.
Hou die grond om jou potplant altyd los, om n
goeie lugvloei na die wortels te verseker en om die grond
se voghou-vermoë te verbeter. WATER, HUMIDITEIT, TEMPERATUUR EN LUGSIRKULASIE ONERVARE potplant-eienaars maak
dikwels die fout om hul plante te versuip. Hulle gee dit
soveel water dat die wortels begin verrot en die blare se
punte bruin word. Die plant is droog, dink hulle dan—en gee nog meer water. Op die ou end beland die dooie
plant in die astrom.
Dis n jammerlike waarheid: meer potplante vrek van
te veel water as van enigiets anders. |
As n versuipte plant egter nog nie te ver heen is
nie, kan jy wel Operasie Reddingspoging beproef, vertel
n kenner. Plant dit dadelik oor in n nuwe pot
nadat jy die ou grond van sy wortels afgewas het. Vervang
dus al die grond. Gee die plant nou heelwat minder water
in sy nuwe omgewing. Kenners
beveel ook aan dat ons altyd water teen die
kamertemperatuur moet gebruik en nooit warm of koue water
nie, want dit kan die fyn, sensitiewe wortelhare beskadig
en die plante laat doodgaan. En as dit enigsins moontlik
is—vir baie van ons is dit ongelukkig nie—vermy kraanwater. Die minerale en chemikalieë daarin (bv.
chloor) kan erg skadelik vir jou plante wees. In die
winter is minder water vir potplante nodig as in die
somer. Onthou nietemin dat n verwarmer n
vertrek se lug so kan uitdor dat die water sommer gou-gou
uit n pot verdamp. Dit kan uiters nadelig vir
n plant wees om te naby aan verwarmingstoestelle en
lugversorgers te staan. Die
kamertemperatuur in n huis is ook nie oral
dieselfde nie. Lesings met n termometer sal gou-gou
toon watter kamers kouer as die ander is. Neem dit in ag
en plaas liefs plante in ``mini-klimate
wat die naaste is aan die klimate in hul natuurlike
groeigebiede. Potplant-eienaars
word boonop deur kenners aangeraai om nie hul plante
saans nat te gooi wanneer die temperatuur besig is om te
daal nie. n
Nuttige wenk wat vir die meeste plante geld, is dat die
grond effens sponserig moet voel nadat jy water toegedien
het. Maak ook altyd seker dat die water behoorlik deur
jou pot dreineer; die grondvog moet egalig versprei wees.
Desnoods kan jy die klippies onder in die pot deur
ietwat groter klippies vervang.
Jy kan eweneens letterlik met jou vingers voel of jou
plant ``dors is. Wanneer die grond hard en
droog voel, is dit lankal tyd om water te gee. Indien dit
klam voel en donker lyk, wag n dag of selfs n
paar dae voordat jy weer natmaak.
Plante se waterbehoeftes verskil immers so dat n
mens hoegenaamd geen reël kan neerlê oor hoeveel hulle
daarvan moet kry nie. Ons kan darem sê dat plante met
growwe wortels wat in swaarder, kleierige grondsoorte
groei, gewoonlik toegelaat moet word om taamlik uit te
droog voordat die pot weer behoorlik deurweek word. Maar
veselrige wortelknolle in humusryke grondmengsels moet
egaliger nat gehou word. Usambra-viooltjies
en orgideë is onder die soorte wat boonop n hoë
humiteit wil hê—en daarby baat vind as hul blare
daagliks met n fyn sproei bespuit word.
Die meeste plante hou van n goeie lugsirkulasie
sonder direkte trekke. In n warm, bedompige
kamer sal hulle maklik kwyn en deur plae en siektes
geteister word.
LIG SOOS
DIE REGTE hoeveelheid water is
die regte kwota lig baie belangrik vir n plant.
Keith Kirsten, die bekende Suid-Afrikaanse
tuinkenner, het al gesê dat dit net plastiekblomme is
wat werklik in die donker kan staan!
Maar terwyl byvoorbeeld n kleurryke kalanchoe in sy
element sal wees by n venster met direkte sonlig,
sal dieffenbachias (stomriete) en calathea (pouplante)
veel voorspoediger in gefiltreerde lig wees. En ficus-variëteite
verkies weer medium- tot helder lig sonder direkte son.
Ook die huispalm is maar lekker sku vir die son en sy
blare sal skroei as hy naby n venster met baie lig
staan.
Ons moet nooit plante se liggevoeligheid onderskat nie.
n Mens durf nie eens n plant uit n
effense skemerte skielik verskuif na n plek met
n skerp lig nie. As jy reken jou plant het meer lig
nodig, verskuif hom geleidelik na die helderder plek.
Dis ook belangrik om nooit water op blomme of blare te
spat terwyl hulle reg in die son staan nie. Die
druppeltjies werk soos n tros brandglase wat elkeen
die sonstrale saamtrek en dit kan baie nadelig vir die
plante wees. BEMESTING HIERDIE
KLOMPIE kennerswenke oor die
voed van potplante is baie nuttig:
|
|