Oupa-en-Ouma-
Sit-Op-die-Stoep-Blad


DIE LęWETRIE-HUMOR
WAARVOOR ONS OU
VOLKIE SO LIEF IS

NNuwe verse uit dieselfde dampkring as die bekende ou volksrympie—almal met dieselfde
wanluidende tema

(1)
Ouma en Oupa sit op die veranda
en hoor jy die magtige dreuning?
Ouma is besorg oor haar windmaker-panda
wat bieg: "Dis my peptiese kreuning."

— G.J. van B.

*******

(2)
Ouma en Oupa die zijn gesete
Op het stoepje daar neffens het huis.
Oupa had zeer te veel te ete
En verkondigd 't met een gedruis.
Ouma die zeg: "Ag mijn arme man,
Wat skeel tog dan nu met je boep?"
Oupa zeg: "Dis jouw zouwsboontjes, vrouw,
dat geven mijn rektum de kroep!"

— G.J. van B.

*******

(3)
Oupa en Ouma het nie gestaan nie,
Ook nie gelę nie en ook nie gegaan nie.
Oupa en Ouma 't gesit op die bank
Toe hoor jy die knal wat die honde laat tjank.
Ouma het alles heel stemmig aanvaar
en Oupa toe maar die verleentheid gespaar
deur saggies te vra: "Ag, ou man, wat makeer?"
— toe slaat sy net daar soos van chloroform neer.

— G.J. van B.

*******

(4)
O, pa van my vaar
en ma van my moer
wat sit-sit-so staar
wyl die aandwindjie roer . . .
Wat brul hy van onder?
sit Ouma en wonder,
verswelg deur die dampe
en gesteur deur die donder.

— M.S. van K.

*******

(5)
In die dampkring van die plaasstoep
is 'n krakie in die lug
soos 'n onweerswolk wat swalkend
al wat leef en beef laat vlug.
Maar, kyk, Ouma sit gelate,
vra net sedig: "Wat makeer?"
Pleks dat sy met paregorie
haar ou stinkbesie beheer.

— M.S. van K.

*******

(6)
Ouma en Oupa sit op die stoep,
Oupa gee 'n harde roep.
Ouma sę: "Sjarrap, dat's goor,
selfs je p**p is veel beter op mijn oor!"

— Jan van B.

*******

(7)
O, ek sing van die wind wat te keer gaan,
ja, ek sing van die knal wat daar val.
Ek sing van die vaal ou bejaarde,
op die stoep en so half oor die wal.
Ek sing van sy sorgsame gade
en die stanke wat draal oor die veld.
Ek sing van die maag en die kwade ...
En dan sing ek veel eerder van geld.

— Jan van B.

(8)
twee moeë bejaardes
oumoeder en -vader
rus op die varandah
van oggend tot later

en skielik 'n dreuning
uit oupa se broekspyp
hy gryp na die leuning
dit laat ouma wydkyk

geseënd is diegene
wat sonder ontploffing
kan eet sonder ophou
en sagkens kan lofbring

— Neels Booyse

*******

(9)

Oupa en Ouma sit op die stoep
Oupa gee 'n harde roep:
"Waar is die lęwetrie, my mens!
Hier is 'n gedonder in my pens!"
Maar voordat hy kon keer,
Het die allervreeslikste ding gebeur
'n Knal so hard soos 'n geweer
Het sy broek middeldeur geskeur.

Nou sit Oupa en Ouma nog steeds op die stoep
Maar met die vreeslikste gebare
Maak ouma die knal se skade reg
Met naald en gare!

Marinda Beukes


*******

Ons ken almal van kleins af die rympie wat hier
op nege verskillende maniere geparafraseer is.
Kan jy nog sulke verwerkings van Ouma en
Oupa se stoepsittery maak? Indien jy e-pos-geriewe het,
pos gerus jou pogings aan die Mieliestronk-webwerf:
dugeot BY mieliestronk PUNT com

SLOTGEDAGTE: As jy glimlag, glimlag die węreld saam met jou. As jy terneergedruk is, sal mense om jou saamdring en jou bemoedig. Maar as jy p**p, is jy alleen, omdat niemand by jou sal wil staan nie.

***********************************************
Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad
***********************************************