Kontak Grapjas

Limericks/ Limerieke

Grappies

Jokes

Mopjes

Cartoons

Snaaksighede/ /Funstuff

Hoofblad/Main

Dol definisies

 
Wat is die definisie van 'n optimis?

Iemand wat die moterwerktuigkundige glo as hy se die herstelwerk aan sy kar sal nie baie kos nie.

 
Wat is die definisie van 'n pessimis?
'n Optimis met ondervinding.
 
Wat is die definisie van ' voetganger?
'n Man met twee seuns en een motor.
 
Wat is die definisie van 'n tiener?

Iemand wat alles weet vasn goed waaroor jy nie eksamen hjoef te skryf nie. of iemand wat 'n stoel nader sleep as die telefoon lui.

Wat is die definisie van 'n idioot? 
Iemand wat die diepte van water met altwee sy voete toets.
 
Wat is die definisie van 'n onderwyseres?
Iemand wat vroeer gedink het sy hou van kinders.
 
Wat is die definisie van 'n vis?
'n Dier wat dieselfde tyd as die meeste vissermanne gaan vakansie hou.
 
Wat is die definisie van 'n pou?
'n Hoenderhaan wat blom.
 
Wat is die definisie van 'n sebra?
'n Perd van 'n ander kleur.
 
Wat is die definisie van 'n wurm?
'n Insek waarvan die agterpote die voorpote gedurig inhaal.
 
Wat is die definisie van 'n eend?
'n Voel wat loop sopos iemand wat heeldag perd gery het.
 
Wat is die feinisie van etenstyd?
Die enigste tyd wanneer 'n kind nie eet nie.
 
Wat is die fefinisie van 'n plattelandse dorpie?
'n Plek waar ;n man met 'n blou-oog nie hoef te verduidelik hoe hy daaraan gekom het nie,  almal weet!
 
Wat is die definisie van 'n tuiste? 
'n Plek waar jy kan krap as dit jeuk - dit maak nie saak waar nie!
 
Wat is die definisie van teenspoed?
Wanneer 'n cool meisie met 'n bikini aan op die sgtrand verbystap  ............... en die wind waai sand in jou oe.
 
Wat is die definisie van 'n telefoon?
'n Instrument wat toelaat dat ouens en meisies uitgaan sonder om handjies vas te hou.

>>>>> volgende