|
Skaam vir sy pa se beroep
Dis die eerste dag van die skooljaar en die nuwe
Graad Eentjies se traantjies is afgedroog en almal sit in 'n kring om juffrou.
Om die kleintjies heeltemal op hulle gemak te stel besluit Juffrou Suzette om
'n speletjie te speel: 'Wat is jou naam en watse werk doen jou pappa?'
Klein Eileen se van is Arends, so sy is eerste aan
die beurt.
'My naam is Eileen Arends en my pappa is 'n
Posmeester.'
'Dankie Eileen. Jannie, jy is volgende.'
'My naam is Jannie Botha en my pa is 'n mekeniek.'
Dankie Jannie, maar onthou, die regte Afrikaanse
woord is motorwerktuigkundige.'
Volgende aan die beurt is klein Naas.
'My naam is Naas Junior en my pa is 'n .. is 'n
.... Hy dans vir ander omies en trek sy klere uit!' Woeps, gaan sit Naas
Junior, ogies op die mat voor hom.
Juffrou Suzette is amper uit haar Foschini rok uit
geskok en as sy nie 'n wonderbra gedra het nie, was sy dalk meer geskok. Sy
begin toe sommer by die agterkant van die alfabet en vra vir Klein Koos Van
der Merwe om te sê wat sy pa doen, maar dit is 'n storie vir 'n ander dag.
Na skool sien sy klein Naas by die hek staan en
wag en gaan buk by hom. 'Naas, is dit regtig waar dat jou pappa ontklee danse
doen vir ander mans?'
Klein Naas kyk op die grond, na die motors
wat ander Graad Eentjies kom haal, na die ou wat oorkant die straat gras sny,
orals, maar net nie na Juffrou nie.
'Wel Naas, dans jou pappa regtig in 'n gay
........ dans jou pappa regtig?'
Naas lig sy traangevulde ogies om na Juffrou te kyk. 'Juffrou, ek was te skaam
om te sê my pa was 'n Springbok, die ander outjies sal mos nooit met my speel
nie!'
Apologie aan alle voormalige
Springbokke met die naam Naas, stuur gerus die laggie aan en vervang Naas Junior
se naam. Grapjas het geen kopiereg op die laggie nie, ek het dit maar net
uit Engels vertaal. Dankie aan Wim wat die Engelse weergawe aangestuur het.
>>> Volgende |