Gedigte en Gedagtes


HOEZIT & CO BOEREKOOPERASIE

NOOI DIE NOOINTJIES VAN RIVIERSONDEREND UIT

NA DIE MAKIETIE VAN DIE JAAR!!!

BY BUFFELSJAG SAL ONS DIE DIK KALWERS SLAG

TUSSEN HEIDELBERG EN SWELLENDAM DRINK ONS COKE EN RUM

EN OP DIE N2 LANGS DIE STRAND SAL DAAI FIRESTONES BRAND

MAAR IN DIE BELLY VAN DIE BERG GEE DIE GANGSTERS HULLE PIECES WEG

EK SE HOEZIT HIER PARTIE ONS NOG EN MOEVIT!

THANK YOU VERY MUCH, MAAR DIE KAAP IS NOG DUTCH

.

ANNA PATAT

01/11/96

.

--oo0oo--

.

moenie dat die wereld jou onder kry nie

moenie bang wees vir die bliksems nie

'n droom vat net een nag

.


.

Miskien het ek en jy,

dalk telkemale in die grou mis bymekaar verbygegly,

ek, half dom, onwetend voor die vasteland verby...

.

En sou ons dalk een grou oggend bots,

hoe sou ek kon weet dat jy 'n vasteland is, 'n rots?

of sou ek, gedagte aan 'n flikkerende ligglans

half verskonend links verbytrek.

.

Johann Carstens

.


o

Ek weet nie van jou nie, maar ek kom uit 'n goeie Afrikaner huis (my pa is 'n boer en my ma 'n huisvrou) en ek is 2 keer elke Sondag NG kerkdienste toe gesleep. Nou kyk voor almal kruise in die lig maak en "Antichris!" skreeu, ek het niks teen godsdiens nie en almal het 'n behoefte om in iets groter as onsself te glo, maar ek het dit vreeslik teen die reëls en rituele van meeste "organised religions". Maar een goeie ding het uit hierdie gedwonge getroue kerkbywoning gekom en dit is dat ek die bybel baie goed leer ken het en sê wat jy wil, die bybel is 'n goeie stukkie literatuur (baie interessant stories en amazing poetry). So hier is 2 poems met soort van 'n bybelse agtergrond:

o

Erfsonde

Daar was 'n slang in die gras
reeds van die heel eerste dag
eden was 'n droom
wat geval het uit 'n boom

Wie gaan die skuld dan dra
vir die dinge wat pla
iemand sal die blaam moet kry
want jy moet my bevry
van my verlede
in hierdie hede

Daar was 'n vlieg in die salf
en jou beker was half
en jy moes leer om te veg
krummels gooi langs jou weg

So word jy gestraf tot in die 3de geslag
en evolusie bly die kondisie
in die stryd

Wie gaan die skuld dan dra
vir die dinge wat pla
iemand sal die blaam moet kry
want jy moet my bevry
van my verlede
in hierdie hede

o

***************************************************

o

Hoe lank dan nog?

Kyk,
in die vlak poele van die lewe
is plastiek klippe volgens range uitgepak
wat dobber en bots
en plastiek klanke klots
hoe lank dan nog?

Op die breë lewens paaie is daar vele afrdraaie
na wie weet waar
en by elke stop
stamp ek harder my kop
Hoe lank dan nog?

Die wysheid roep hardop daarbuite
sy verhef haar stem op die pleine
hoe lank dan nog
sal die eenvoudiges
die eenvoudigheid liefhê
en spotters bly spot

Hoe lank dan nog kan jy dit als ignoreer
die dae net om jouself sentreer
en niemand anders toelaat
Hoe lank dan nog?

o

***************************************************

o

Bostaande deur Anna S

o


o

Enige toevoegings/kommentaar tot Gedigte en Gedagtes is meer as welkom!

o

o

Huistoe!