Wat gaan hier aan?


Waarskuwing: As enige iemand geoffendeer gaan word deur kru taal, vrye gedagtes of sommer net dink dis 'n swak blad, moet hulle maar liewers hier omdraai - ons sal nie kyk nie.


OK, nou dat niemand my kan sue nie - hier gaan ons. Op bogenoemde vraag is die antwoord: Nie veel op die oomblik nie. Daar's niks prente nie, niks smart graphics, niks wat op en af of heen en weer beweeg nie. Die kleure is zef, maar dis al wat ek omtrent kan verander - ek's nie 'n computer boffin nie.

Eerstens, dis 'n Afrikaanse blad, want hoewel die hele net Engels is glo ons dat daar tog Suid-Afrikaners daarbuite is wat iets cools in hulle eie taal soek - ek weet ek het al baie. As 'n mens wel iets in Afrikaans raakloop is dit 10 teen 1 'n klomp stront waarmee 'm mens anyway nie kan relate nie.

Ons glo ook dat computers kief tools is om gedagtes en idees oor te dra en uit te ruil. 'n Wyse man het eenkeer gesê : "The only way to change society is to do it one man at a time." Ons wil maybe nie society verander nie, maar ons gaan daarop comment. Of dit nou deur gedigte, stories of wat ookal is. Partykeer sal ons dit sommer net reguit sê.

Maar moet nou nie afgeskrik word deur al die goed nie, dis nie so erg nie - Afrikaners is plesierig. Ons gaan ook sports hê. Goed wat net vir enjoyment is.

Ek wil ook almal wat iets het om te sê vra om dit te sê. E-mail my - maybe publish ons dit. As jy scheme dis cool of dis 'n klomp bullshit - laat weet maar. Hatemail is beter as geen mail.

Hier's 'n section van 'n Koos Kombuis song ter afsluiting:

daar's 'n ketel wat nog kook
daar is junkies wat nog rook
iewers in my klink die stem
van Antjie Krog en Breyten ook
elke voorvader 'n pionier
maar ek weet ek hoort ook hier
al sit ek laat in kroeë rond
en ken ek skaars die reuk van grond

Koos Kombuis vanaf  Elke Boemelaar se Droom

o

o

Huistoe!