NAAK en haarloos wat die enigste behoorlike manier in Antieke Griekeland en Rome.
Dit wil sê, die dra van klere was die norm in die stede van hierdie twee beskawings, maar daar was dikwels geleenthede waar dit paslik geag is om naak te wees, en in daardie omstandighede moes ’n mens nie alleenlik vry wees van klere nie, maar ook vry van hare laer as die nek – en, vir die mans, oor die algemeen ook baardloos.
Die woord gimnasium kom in ons woordeskat uit ’n Latynse woord wat “skool” beteken, en voor dit van die Griekse gymnasion (gumnasion), wat op sy beurt ontleen is aan gumnazein (gumnazein), wat “om naak te oefen” beteken, anders gestel om gimnastiek te doen, van gumnoV (gumnos), “naak”.
Oor die algemeen is die geslagte in sulke plekke geskei. Dit was hoofsaaklik mans wat gimnastiek gedoen het, en wanneer vroue dit beoefen het, het hulle dit apart gedoen.
Die gimnasium was nie die enigste plek waar naaktheid as reg beskou is nie. Atletiek was nog so ’n sfeer.
Weereens was dit ’n oefening waar die geslagte apart was. Die doel van die atletiek was basies om soldate op te lei, en in die meeste Griekse stad-state was hulle alleenlik mans.
Maar Sparta het ook vroue toegelaat om aan atletiek deel te neem, en in oorlog te veg, en Spartaanse vroue het ook hierdie oefeninge naak gedoen.
Vroue het egter van tyd tot tyd in sentra weg van Sparta in die atletiek uitgeblink – veral naellope – soos die klassieke mites ons vertel.
Die derde plek waar naaktheid in die Grieks-Romeinse samelewing normaal was, was die openbare baddens, wat nie volgens geslag gesegregeer is nie. Mans en vroue het vryelik saam die baddens gebruik.
In al hierdie aktiwiteite is dit van die beskaafde deelemers verwag dat hulle haarloos was. Lyfhare, en veral skaam- en onderarmhare, is geskeer of uitgepluk om ’n gladde voorkoms te gee, en enigiemand wat hierdie behandeling nie ondergaan het nie, is ’n barbaar genoem.
Ons het bewys van hierdie soort haarlose naaktheid in die vorm van klassieke standbeelde, wat op ideale mensefigure gemodelleer is. Sonder uitsondering is hulle naak en haarloos uitgebeeld (maar met hare op die kop), al was dit dikwels die bedoeling dat die standbeelde, soos regte mense, met klere aangetrek sou word. (Standbeelde is ook geverf sodat hulle realistiese velkleur [of so naby as kon kom] gehad het.)
Ons het daaraan gewoond geword om hierdie standbeelde in blote klip te sien – gewoonlik wit marmer – omdat gedurende die Donker Tyd die geld wat ryk burgers tradisioneel gewillig het vir die verf van standbeelde en ander openbare werke, nie meer daar was nie.
Gewone verwering het daarvoor gesorg dat alle oorblyfsel van die verf verdwyn het teen die tyd van die Renaissance en Klassieke kuns weereens ernstig opgeneem is.
Die gevolg was dat Renaissance-beeldhouers soos Michelangelo in ongeverfde marmer gewerk het, en ’n norm neergelê het wat tot vandag toe staan.
Selfs toe die samelewing van Christelike Europa (beide Katoliek en Protestant) op sy repressiefste was, en dit verwag is dat klerasie die liggaam te alle tye van nek tot enkel sou toemaak, is dit vir jong mense, veral meisies, toegelaat dat hulle miniature van Klassieke standbeelde aanhou, dikwels met ’n naakte vrou as onderwerp – solank daardie vrou as haarloos uitgebeeld is.
Hierdie opsig van die klassieke tradisie was nie juis in gedagte nie toe mense in die laat 19de eeu die gedagte laat herleef het van naakte ontspanning, veral in die vorm van die Freikörperkultur[1] van Duitsland.
Alhoewel die mode (soos ons dit nou ook in die Klassieke samelewing kan insien) ’n neiging het om met die liggaam se natuurlike harigheid te peuter, is mense wat gewoonlik van die nek af geklee is, heel normaal harig, dus het hierdie eksponente van die kultuur van die vrye liggaam harig gebly toe hulle uitgetrek het.
Naturiste-tydskrifte het, veral rondom die middel-20ste eeu, sonder uitsondering naakte mense uitgebeeld met sigbare skaamhare (oftewel lieshare)[2] en onderarmhare.
Maar teen die einde van die 20ste eeu het ’n nuwe mode homself laat wys, met die geloof dat hare lelik is, en dat beide mans en vroue moet skeer – hulle verwyder of gedeeltelik of geheel-en-al die hare van die lies, en ook van ander liggaamsdele – voordat hulle naak voor die wêreld verskyn.
Dit is geenins ’n universele neiging nie, en baie naturistiese fotogalerye toon dat die huidiglik modieuse skeer van onderarmhare (veral deur vroue in die Engelssprekende wêreld, maar ook onder Afrikaners) deur ’n goeie proporsie van naturiste geïgnoreer word.
Aan die ander hand is die bevordering van “smoothie”-naturisme in die 21ste eeu vir baie naturiste op die Europese Vasteland ’n besigheid. Webwerwe promoveer die “nuwe, skoon voorkoms” van die “smoothie” en adverteer selfs handige elektriese skeermessies vir die verwydering van “onooglike” hare.
Eienaardig genoeg is die Hollanders blykbaar vuur en vlam vir hierdie mode, en gebruik hulle (in Nederlands) die Engelse benaming “smoothie nudist”.
Baie “smoothies” het die neiging om vir hul haarloosheid te kompenseer deur om die liggaam met tatoeëring te versier, soms van heel aantreklike voorkoms.
En as ’n mens op die Klassieke tradisie terugkyk, lyk dit alles onaanvegbaar. Maar ek wonder hoeveel van die Klassieke tradisie goed genoeg begryp word.
’n Aspek van Klassieke Griekse kultuur wat dikwels in die doofpot gestop is, is sy vreemde konsep van seksuele optrede.
Ensiklopedies het jare lank die kwessie heeltemal verswyg, alhoewel daar by tye aantygings was dat die drie groot filosowe, Sokrates, Plato en Aristoteles, besig was om die jeug te verlei. Maar selfs dit is verdoesel met verduidelikings dat die woord verlei in ’n nie-letterlike sin bedoel is.
Die Encyclopædia Britannica het egter in die 1990s die kwessie blootgelê in ’n nuwe artikel oor Klassieke kultuur (my vertaling):
“In die Klassieke tyd was sterk homoseksuele verhoudinge nog ’n manier waarop waardes ingeprent is, deur die ouer man (die erastes) aan die jongere eromenos, of geliefde, oorgedra. Die gimnasium was die plek waar sulke verhoudinge tipies ontwikkel het. Soos met die simposium was daar ’n amper rituële element daaraan; sekere geskenke – soos, by voorbeeld, die geskenk van ’n haas – is veral paslik gedink.”[3]
Dit wil nou nie sê dat mans uitsluitlik homoseksueel opgetree het nie. Die huwelik is as ’n heilige plig beskou – heilig aan die moedergodin – en seksuele verhoudinge tussen man en vrou het onder verpligting teenoor die godin plaasgevind.
Maar dit blyk of die erotiese aanloklikhede van die gimnasium meer geag is as dié van die huweliksbed.
Dit is duidelik homoseksualiteit van ’n heel ander aard as dit wat huidiglik deur die sogenaamde Gay and Lesbian Liberation Front gepreek word.[4]
Voordat “gay liberasioniste” my aanval, moet ek eers sê dat ek etlike vriende het wat hierdie lewenstyl volg. Ek respekteer hulle privaatheid.
Maar as Christen is ek ook verplig om te volhou dat dit ’n ongewenste leefwyse is, veral wanneer dit aan jong mense voorgestel word as ’n ideaal, as “onskuldige pret” of as ’n “alternatiewe keuse”.
My dunk is die aanvaarding van die haarloosheid van die Klassieke Grieks-Romeinse samelewing ’n goedkeuring van die korrupte leefwyse wat in daardie samelewing aangemoedig is.
Ek sou verkies om die hare wat op my gesig en my liggaam groei, as ’n Godsgawe te behou, in die volle wete dat baie (selfs vandag) my miskien as barbaar sou veroordeel.
As nasaat van Germaanse en Keltiese stamlede wat die Romeinse Ryk ingeval het, of verowering daardeur teëgestaan het, is ek trots om as barbaar geïdentifiseer te word.
Dit wil nie sê dat jou gemiddelde “smoothie”-nudis korrup is nie. Sover ek kan vasstel is die meeste van hulle getroude heteroseksuele, getrou aan hulle gades.
Maar die uitkoms van hulle haarloosheid sit nie gemaklik by my nie. Na my mening lyk “smoothies” baie soos ontveerde hoenders, en ’n man sonder lieshare lyk asof hy ’n wors aan sy lyf vasgeheg het.
En die effek op vroue is meer as bloot belaglik.
Die vaginale lippe is ’n mooi liggaamsdeel, en behoort om met groot respek beskou te word. Maar dit is ’n baie delikate soort skoonheid wat beter is as dit toegemaak is agter lieshare, soos God dit bedoel het, en nie vir Jan Rap en sy maat blootgelê word nie – soos wat onafwendbaar die geval is wanneer ’n “smoothie”-vrou op ’n strand of langs ’n swembad neerlê om bietjie in die son te verbruin.
Om die waarheid te sê, kan ’n vrou met ’n behoorlike gordyn lieshare heel gemaklik en natuurlik sit met haar bene redelik wyd apart sonder om seksueel offensief te wees, terwyl ’n smoothie-vrou haar bene bymekaar behoort te hou – andersins sal sy alles blootlê.
– Strandloper
Vir nadere inligting oor naaktheid in die Klassieke tyd, kyk Nudity in Ancient Greece op die webwerf Being and Nakedness.
[1] Hierdie woord vertaal letterlik as “kultuur van die vrye liggaam”, en dek ’n wye verskeidenheid aktiwiteite wat naak uitgevoer word.
[2] Ek maak hier die punt dat die term “skaamhare” misleidend is, en dat dit eerder vervang moet word.
[3] Vertaal vanaf ’n aanhaling uit die Encyclopædia Britannica 1992 Annual, wat ’n nuwe Macropædia artikel voorgestel het onder die titel “Greek and Roman Civilizations” deur Simon Hornblower.
[4] Die terminologie “gay en lesbies” is toutologies, aangesien die woord “gay” – wanneer dit in die sin gebruik word van mense wat seksuele verhoudings voer buite die perke van die konvensionele samelewing – na òf manlike òf vroulike homoseksualiteit kan verwys, of selfs na gewone vroulike prostitusie.
Aan die ander hand verwys lesbies uitsluitlik na vroulike homoseksualiteit en is dit ontleen van die naam van die Griekse eiland Lesbos (LesboV), wat die tuiste was van die digteres Sappho (Yapfo), wat deur moderne lesbiane as ’n heldin beskou word weens die vele verwysings in haar werk na intieme verhoudings met vroue.
Die Encyclopædia Britannica stel dit egter so (weereens my vertaling): “Dit moet erken word dat haar digkuns aantoon dat sy emosies gevoel het wat sterker was as blote vriendskap teenoor ander vroue, maar in wat van haar werk oorbly is daar nie ’n enkele woord wat óf haar óf haar geselline verbind met homoseksuele praktyke en bitter min – maar dít beslissend genoeg – om aan te dui dat sy van die bestaan daarvan bewus was.”
Dit moet ook in gedagte gehou word dat in die uitdrukking “homoseksueel” die element “homo-” van ’n Griekse woord ontleen is wat “dieselfde” beteken, en dat dit etimologies geen verbintenis het met die Latynse woord homo, wat man of mens beteken.
For English, click here
Terug na Strandloper se hoofbladsy
Skryf vir my: Strandloper