Algemene naturisme-webwerwe
Clothesfree.com (voorheen International Naturists Association)
Die mees alomvattende webwerf oor die onderwerp. Foto’s en nog foto’s, naakte nuus, en ’n menigte skakels.
The Naturist Society
“Body Acceptance is the Idea, Nude Recreation is the Way” – geen foto’s nie, maar baie inligting.
PureNudism
Ontsaglike argief foto’s, waarvan ’n groot aantal dekking gee aan naturisme, oud en nuut, op ’n hoogs fatsoenlike manier. Tussen die fatsoenlike beelde is daar egter etlike onfatsoenlikes, en is daar ook ’n “non-nudism”-afdeling wat hoogs onwelvoeglik is. ’n Mens moet betaal om te kyk.
Naturisme met digkuns
Happy Nature
Isabelle se webwerf waar sy gedigte met naturistefoto’s voorstel – meestal foto’s van haarself, maar ook van vriende wat inskryf.
Christen-naturisme
Naturist Christians
Allerhande bronne vir naturiste wat ook Christene is. Jy moet inteken om hierdie bronne te kan benut.
Reject Shame
David Blood se webwerf wat ’n Christelike motivering gee vir die verwerping van skaamte oor ons liggame.
Fig Leaf Forum
Die internet-tuiste van Christen-nudisme se grootste pos- en e-pos-tydskrif.
Gan Eden
Nederlandse webwerf vir Christen-naturisme – bevat skrifontledings van verskeie dele van die Ou Testament.
Naturisme in beeld
Photos of Freedom
Foto-galery van die International Naturists Association – enkele kostelose foto’s, en ’n ganse biblioteek daarby vir dié wat ledegeld betaal het.
Naturist Christians Photo Gallery
Naturistiese foto’s, baie daarvan met Skrifaanhalings of slagspreuke wat naaktheid met Christelike waardes voorstaan. Teken in om dit te sien.
Freikörperkultur
Foto’s uit Duitse en Skandinawiese naturismetydskrifte van die 1940s en ’50s (meestal swart-wit, met enkele foto’s ingekleur).
NaturistIsland
Sweedse webwerf met, op die bladsy waarna die koppeling lei, ’n goeie verskeidenheid foto’s. Die res van die werf het verder ’n paar foto’s (insluitend ’n klomp op ’n bladsy wat “smoothie”-naturisme propageer) en teks wat slegs ’n Skandinawiër kan lees, sowel as ’n lys kontakte.
Naturistiese filosofie
“NIFOC” Nude In Front of Computer
Gereelde rubriek oor aktuele sake in die naturisme deur Dennis Kirkpatrick (deel van die tydskrif Nude & Natural, op die Naturist Society-webwerf).
Being and Nakedness
Algemene naturisme-webwerf met verskeie afdelings, aspekte van naturiste-filosofie en antwoorde op nuwelinge se vrae ingesluit.
Persoonlike naturismewebwerwe
Sunny Day
Sunny Day is die skuilnaam van ’n 22-jarige Amerikaanse Christenvrou wat onlangs ’n kollege-graad behaal het, wat ’n paar jaar lank reeds van haar naturistiese belewenisse skryf. Haar stories gaan oor haar eie lewe, en mag behulpsaam wees vir mense, veral Christene, wat met die idee van naturisme probleme vind.
naked website
Word ook na verwys as die Naked Man-webwerf; ’n eenvoudige versameling van verskeie artikels oor naturisme (“naked words”). Het ook foto’s (“naked pictures”) en skakels (“naked links”).
Naturiste-humor
Loxie and Zoot
’n Naturiste-beeldstorie wat die storie vertel van naakte oord-eienaars Loxie en haar man Zoot en hulle bure, waaronder die skelm (en nudiste-hatende) burgemeester Tex Tyler.
Terug na bo
Terug na Strandloper se hoofbladsy
Skryf vir my:
Strandloper