100
JARIGE FAMILIE HERDENKINGFEES IN SUIDE VAN NAMIBIë
ERKENTLIKHEID
EN VERSOENING.
Enige
reisiger deur die Suide van Namibië sal verskoon word, sou hy 'n oppervlakkige
indruk van hierdie pragtige landstreek vorm - droog, bar, woes en vêr geleë.
Delf
en speur so 'n bietjie en daar ontvou egter 'n boeiende menslike geskiedenis wat
in die suide van die oorspronklike Groot Namaqualand/Duitswes-Afrika
afgespeel het in die jare 1800 tot
1910.
Dit
is nie maklik om die geskiedenis in 'n paar sinne te vertel nie, maar baie
kortliks het dit so gebeur.
Van
die vroegste tye het die Khoisan vrylik daar rondbeweeg en
gelewe van die veld.
Daarna het van die ander Bantoestamme soos die Herero's en die Ovambo's
vanaf die sentrale dele van Afrika suid getrek en gevestig. Dan was daar
Namastamme wat vanaf die Kaap en ander dele van Suider-Afrika noord beweeg het.
Die heel eerste blankes wat in die grootliks onbewoonde, onherbergsame
land voet aan wal gesit het was Diego Cam in 1484 en daarna Bartholomeus Diaz
wat kruise aan die kus geplant het in hul soektog na 'n seeroete na
Indië.
Daarna
was dit vir eeue die blyplek van die Inboorlingstamme wat onder mekaar geplunder
het. Veral
die Herero's het kwaai deurgeloop onder die Namastamme wat toe ook inbeweeg het.
Die
heel eerste blanke wat oor die Oranjerivier gegaan het was die jagter
Jacobus Coetzee van Piketberg in die jaar 1760 en daarna het Ryk Tulbagh
vir Hendrik Hop gestuur op 'n verkenningstog.
Na hom het verskeie ekspedisies
die land
besoek.
In
1792 is die boere Pieter Brand, Gideon Visagie en Barend Fonteyn al aangetref by
Warmbad en Swartmodder (Keetmanshoop).
Ook het verskeie smouse die land ingekom om handel te dryf met die
inboorlingstamme.
In
die jare 1800 het die eerste sendelinge onder die inboorlingstamme kom werk.
So algaande het meer omtrent die land bekend geword en het mense begin
intrek.
As
gevolg van die mobiliteitsbeweging van die Afrikaners wat al hoe verder getrek
het vanaf die eerste nedersettings in die Kaap, omdat hulle na beter weivelde
gesoek het, het daar vanaf 1870 ook Afrikaanse Trekkers oor die Grootrivier
gekom en hulle in die suide van die land kom vestig.
In
1881 het 'n Duitser, Adolf Luderitz by Angra Pequena geland en was dit die begin
van die Duitse
invloed in die land.
Op 24 April 1884 word dit bekend as Duits-Suidwes-Afrika (Deutsche Südwestafrika)
en kom onder Duitse beskerming en word die eerste
Duitse Goewerneur aangestel.
Daar
was nie georganiseerde
Afrikaanse Trekke
nie, behalwe die trek van Hendrik Smit wat vanaf Piketberg
op 6 Oktober 1890
met 30 gesinne getrek het.
Na hom het daar nog verskeie trekke gekom.
Die meeste het nog steeds in die Suide by Warmbad en Keetmanshoop
omgewing gebly, maar algaande al hoe verder Noord getrek totdat hulle in die
omgewing van Kub, Gibeon en Stampriet vergader het.
Die plekke was meestal geleë aan die Visrivier wat water gehad het.
Hulle het plase van die Nama's gehuur en later gekoop.
So het Hendrik Smit die plaas Swartmodder van Hendrik Witbooi gekoop wat
teen die tyd ook al oor die Grootrivier gekom het vanaf Pella in ongeveer
1864.
Die
boere het nie kerke of skole gehad nie en is bedien deur die Rynse Sendelinge.
Later sou die N.G. Kerk van Kaapland predikante stuur om die mense te kom
besoek.
Die Duitsers was die Trekkers goedgesind, maar ook besorg oor die
Trekkers se gehegtheid aan hul taal, godsdiens en tradisies en wou die boere
dwing om van die Rynse Sendelinge gebruik te maak en
nadat die eerste skool gestig is moes hulle in Duits onderrig word.
Die Trekkers het nie probleme met die Duitsers of die Nama's gehad nie en
het met hul eie probleme om te oorleef
geworstel.
Intussen
het die Duitsers die plundertogte probeer stopsit en moes die beeste gebrand en
gemerk word.
Al die wette het die Nama's nie gepas nie, want hulle het gou uitgevind
dat hulle gesag, ondergeskikte gesag geword het en dat die Duitse Regering nou
die wette toepas.
Hulle was ook ongelukkig oor die plase wat verkoop word aan die Trekkers
en het al hoe meer in opstand gekom.
Eerste
het die Duitsers en die Herero's in gevegte betrokke geraak en nadat die
Herero's verslaan is het die Nama's in opstand gekom.
Nadat
Hendrik Witbooi in 1894 tot oorgawe gedwing is deur die Duitse magte het daar
vir tien jaar vrede geheers en het die land vooruitgegaan.
Die
boere het huise begin bou en putte gegrawe en al hoe meer mense het die land
ingetrek.
In
1904 kom die vrede van Hendrik Witbooi tot 'n einde en verklaar hy oorlog teen
die Duitse Regering.
Hy ontvang van Baäl Stuurman, sy
profeet, 'n heilige opdrag
om al die blanke mans en seuns te vermoor.
So
begin die Nama Opstande wat geduur het van 1904 tot 1908.
Afrikaanse
en Duitse gesinne
is op plase aangeval en die mans en seuns
vermoor.
Die Trekkers het inderhaas na vlugtelingkampe soos Kub, Gibeon, Aris en
Gochas gevlug vir beskerming. Boodskappe is na al die plase gestuur, maar van
die boere
wat op afgeleë plase gewoon het en nie bereik kon word
nie is uitgemoor.
So het die beleg van Kub begin.
Die
getalle van die Trekkers wat op Kub bymekaar gekom het was nie veel nie,
maar later het daar Duitse versterkings onder aanvoering van Von Brandt
gekom wat later deur Kaptein Engelhard vervang is.
Die dorpie is egter steeds
aangeval.
Hulle het hul verdedig so goed as hulle kon en sou deur die oorweldigende
magte van Hendrik Witbooi en Simon Koper oorval gewees het as daar nie betyds 'n
groter Duitse mag vanaf Waterberg, waar hulle net klaar die Herero's verslaan
het, gekom het
om die mense van Kub te red
nie.
Die Boere het aan die Duitse kant geveg om die Witbooi's te verslaan.
Na
die oorlog verby was, het die lys van burgelike ongevalle 290 getel.
Omtrent die hele kerkraad van die nuwe Gemeente Gibeon is vermoor en die
geld, Bybel en kerkdokumente is gesteel.
Die plase is geplunder en baie van
die vee is gesteel.
Die boere moes weer
van vooraf
begin.
Nageslagte
van hierdie Pionier Voortrekkers glo daar is 'n ondersteunende positiewe bydrae
te lewer tot versoening en nasiebou deur
die Augustus 2004 Herdenkingsfees.
Ons
gaan vanaf die 25ste Augustus tot die 29ste Augustus op Stampriet bymekaarkom en
die verlede onthou met deernis en dankbaarheid.
Ons verwag talle nasate van die Voortrekkers om aan die Herdenkingsfees
deel te neem. Ons
beplan om plekke soos Swartmodder,
die ou plaas
Marienthal en Kub te besoek.
Pastoor Hendrik Witbooi, wat tans in die Namibiese Regering dien, gaan
vir ons die fees open. Ons hoop dat dit as 'n gebaar van versoening gesien sal
word. Op
Kub gaan ons 'n gedenksteen oprig sodat die nageslagte kan sien dat ons in die
jaar 2004 die
Voortrekkers gehuldig het.
Die Sondag gaan ons 'n Gedenkdiens hou en daarmee afsluit.
Die fees word gereël deur Nicolaas Gysbert Jacobus O'Kennedy, 'n
kleinseun van Nicolaas Gysbert Jacobus Maritz wat met sy ses seuns en twee
dogters in die jaar 1897 soontoe getrek het.
Kub
is waar die eerste Afrikaanse Skool in Namibië gestig is, en waar die Slag van
Kub plaasgevind het.
Die naam Kub kom van die Namawoord !!Khub wat doring beteken en verwys na
die doringbome wat langs die Visrivier groei.
Hendrik Witbooi het die plaas !!Khub aan 'n Duitser met die naam Wecke
verkoop.
Vandag kan nog net die vervalle skoolgeboue, Duitse Militêre geboue, wat
later 'n winkel en hotel geword het, die eerste ou kerkgeboutjie van die
Gemeente Gibeon en twee begraafplase gesien word.
Die plaas behoort nou aan
Lambrecht gesinne,
nasate van een van die Voortrekkers.
Die
monument ter ere van die gesneuweldes tydens die Slag van Kub is nog staande en
sal deur ons besoek word.
Sedert
die Onafhanklikheidsverkiesing in 1990 is daar in Namibië met stampe en stote
tog 'n
mate van vordering gemaak met mense- en volkeverhoudings deur kompromieë en
akkomodasie van onderskeie volksgroepe se redelike
verwagtinge.
Geen
groter gees van versoening, nasiebou wedersydse erkenning en onderneming tot
toekomstige samewerking
met ander volksgroepe in Namibië kan aangebied word as die uitgangspunt van
hierdie fees nie.
Vorige
konflikte en botsings hoe onaangenaam en onverdedigbaar ookal kan nie voor die
deur gelê word van huidige nageslagte van hierdie strydende partye nie.
Ons is tog nie vandag verantwoordbaar vir wat100 jaar gelede gebeur het
nie.
So
is Mnr. Hendrik Witbooi 'n naamgenoot afstammeling van die oorspronklike Hendrik
Witbooi genooi om ook 'n bydrae te kom lewer.
Sy bevolkingsgroep word hulle gereëlde feeste gegun waar hulle hul
kultuur, lewensfilosofie en verering van hul voorgeslagte kan uitleef soos wat
aan alle volksgroepe gegun word.
Ons
glo ook daar sal geleenthede voorkom waar sprekers van die nasate van die
Pionier Voortrekkers ook by 'n Witbooi-fees kan gaan gesels oor die toekoms en
die lesse wat ons saam uit die verlede kan leer.
Daar
is meer faktore wat Namibiers aan mekaar bind as wat daar is wat verdeel.
As
daar vasgehou word aan gesamentlike waardes en lewensfilosofieë, ruimte gegun
word vir individuele of volksgroepe se standpunte en ons aan dieselfde Skepper
en Lotsbeskikker getrou bly kan daar mos net 'n blink toekoms vir almal vorentoe
wink in Namibië.
My
naam is Susan Bredenkamp (gebore van der Merwe)
kleindogter van Dawid Johannes Maritz wat saam met sy vader Nicolaas
Gysbert Jacobus Maritz in 1897 vanaf Noordkaap daarheen getrek het.
My moeder Susanna Maritz en haar broers en susters
was van die vroegste
leerlinge op Kub en ek was ook op
laerskool daar.
My oupa Dawid Johannes Maritz en sy broers word genoem in die boek van Dr.
Gustav S. Preller en so het W.A. de Klerk ook 'n boek geskryf met die title
"Gésel van Namaland" wat handel oor die gebeure rondom Kub en die
twee hoofkarakters is geskep rondom my oupa se twee broers, Jan en Lodewyk wat
nog op skool by Meester Kooy was.
Dit
is baie moeilik om so 'n interessante geskiedenis so te verkort omdat elkeen van
my paragrawe eintlik 'n hele boek op sy eie is of ten minste 'n paar hoofstukke.
Daarom heg ek vir jou 'n chronologiese weergawe van die
gebeure tot ongeveer 1908 aan sodat jy 'n beeld kan vorm van wat gebeur
het.
Elkeen
beskou die geskiedenis natuurlik uit sy eie oogpunt en dit is selde dat hierdie
Afrikaanse Voortrekkers in Suidwes
se verhaal
vertel word.
Bronne:
Voortrekkers
van Suidwes
-
Dr. Gustav S. Preller
Martelaarsbloed
sal nooit verdroog
- Connie Zondagh
Herinneringe
van Suidwes-Voortrekkers
- P.G. Visser
Bakermat
van 'n Kerkverband
- Dr. M.M. Nieuwoudt
The
Ageless Land -
Olga Levinson
South
West -
Gerald Cubitt
and Johann Richter
South
West Pioneer
- Colin Earl Bell
Nuusbrief
S.W.A. Wetenskaplike Vereniging
Webwerf
van Dr. Klaus Dierks
Handgeskrewe
verhale deur Christoffel Coetzee
Windhoek Argief
Witbooi
Oorlog Verhaal van Joseph Jooste in Handskrif van C. Coetzee
Namib
- David Coulson
Kub
1903 - 1953
Feesblad
Susan
Bredenkamp
EROS MANOR No 12,
9000.