GEBEDE D
GEBEDE 1
DANKGEBED
O God, ons dank U vir hierdie aarde, ons tuiste;
vir die wye hemelkoepel en die geseende son;
vir die sout van die see en vir lopende water;
vir die ewige heuwels en nimmerrustende winde;
vir bome en vir gewone gras onder ons voete.
Ons dank U vir ons sintuie
waardeur ons die lied van die voels kan hoor,
en die skoonheid van die somervelde kan sien;
die herfsvrugte kan proe;
ons kan verheug in die aanraking van sneeu
en die reuk van die lente kan beleef.
Gee aan ons harte wat wyd oop is vir al hierdie skoonheid.
Bewaar ons daarvan dat ons so blind sal wees
dat ons sal verbystap sonder om raak te sien
wanneer selfs die eenvoudige doringboom
vlammend van u heerlikheid getuig.
O God, ons aanbid U as ons Skepper
en U leef en regeer tot in alle ewigheid.
DANKGEBED VIR DIE LENTELEWE
Vir die voorreg en die gawe van lentelewe
in 'n wereld vol skoonheid, opwinding en verskeidenheid;
vir die vreugde van musiek en kinders,
van verryking deur ander mense se gedagtes;
vir boeke wat ek op reendae voor die kaggel kan lees;
vir die prag van die seisoene;
vir kerke wat eeue oud is
en konkrete gestalte gee aan ons drome;
vir die krag van die menslike intellek wat in die heelal
'n onuitputlike bron van kennis en belangstelling vind;
vir die glimlag op 'n moeder se gesig,
die aanraking van 'n vriend se hand,
die skaterlag van 'n kind,
die dankbare waai van 'n hond se stert
en die gevoel van sy nat neus teen jou wang;
vir al hierdie dinge - en so oneindig veel meer -
dank ek U, o God!
As jy dink jy het verloor, dan het jy;
as jy dink jy kan nie, dan kan jy nie;
as jy wens jy kan wen maar jy dink jy gaan verloor,
is dit feitlik 'n sekere saak dat jy sal.
As jy jouself sien as minderwaardig, dan is jy.
Om hoog te klim, moet jy hoog kan dink.
Jy moet selfvertroue he voordat jy kan presteer.
Sukses begin by 'n persoon se wil
en die krag van sy positiewe denke.
Die wedloop gaan nie altyd aan die vinnigste
en die sterkste nie.
Vroeer of later is die oorwinnaar
die mens wat se:"Ek kan!'
Wat agter ons le,
en wat om ons le,
is geringe sake in vergelyking met
wat binne - in ons le!
Die oggend is die poort tot die hele dag
en moet deur gebed bewaak word.
Dit is die een punt van die spandraad
waaraan die handelinge van die dag gebind word
en dit behoort stewig deur gebed vasgeknoop te word.
Hy wat die dag instorm sonder om te bid,
is net so dwaas soos 'n soldaat
wat sonder sy wapenrusting na die slagveld gaan. - George Muller Gebedsheld van Bristol
Moed is om onverskrokke te soek na die waarheid
en wanneer jy dit ontdek, dit na te volg
sonder bekommernis oor die gevolge.
Moed is om onder alle omstandighede
onkreukbaar eerlik en regverdig te wees.
Moed is die vermoe om,
wanneer omstandighede dit vereis,
beslis 'Nee!' te se.
Moed is om met jou probleme en moeilikhede
te worstel tot die oorwinning toe,
in plaas van om in selfbejammering
onder hulle te beswyk.
Moed is om 'n eerlike tugmeester oor jouself te wees
en selfdissipline uit te oefen oor jou intellek,
liggaam en gees.
Moed is om nooit agter jou tekortkominge
of gebreke te skuil,
of om hulle as 'n verskoning te gebruik
om jou naasbeste te lewer nie.
Moed is om jou christelike getuienis vreesloos te lewer,
of dit tot jou voordeel of nadeel is.
Robert Louis Stevenson het gese:
Moed is nie die afwesigheid van vrees nie,
moed is die oorwinning van vrees.
SOMER
Maak tyd om te groei...
dis die bron van innerlike krag.
Maak tyd om lief te he...
dis 'n Godgegewe voorreg
Maak tyd om te glimlag...
dis musiek vir die siel.
Maak tyd om te bid..
dis jou kragbron vir elke dag.
Maak tyd om te lees...
dis die oorsprong van wysheid.
Maak tyd om te werk...
dis 'n vereiste vir sukses.
Maak tyd om te speel...
dis die geheim van voortdurende jeug.
Maak tyd vir jou gesondheid..
dis kosbaarder as goud.
Maak tyd vir vriendskap...
dis jou pad na geluk.
Maak tyd vir Christus...
Hy is die weg, die waarheid en die lewe.
Elke dag elke uur, elke minuut moet jy om jouself stap en
jouself beskou en toesien dat jou beeld betaamlik is. Jy gaan
by 'n klein kindjie verby, vol wraakgedagtes, met lelike woorde,
met boosheid in jou hart. Jy het miskien nie die kind raakgesien
nie, maar hy het jou gesien en die beeld wat hy gesien het, onaantreklik
en onedel, kan dalk in sy weerlose gees bly voortleef.Jy weet dit
nie, maar jy het miskien 'n bose saadjie in hom gesaai en dit kan
groei- en dit net omdat jy nie versigtig was voor 'n kind nie omdat
jy nie in jouself 'n verantwoordelike, gulhartige gesindheid van
liefde gekweek het nie. Die liefde is 'n leermeester, maar 'n mens
moet weet hoe om dit te bekom want dit is moeilik om dit te bereik.
Dit word duur gekoop, dit word stadig verwerf deur langdurige
inspanning. Want ons moenie net somtyds liefhe nie, nie net vir 'n
vlietende oommblik nie, maar vir altyd! - Dostojeweski Die broers
Karamazov
Vergifnis is ons diepste nood
en ons heerlikste prestasie!
Om hierdie prestasie te verwesenlik
moet jy Jesus Christus ken, liefhe en gehoorsaam.
Jou vergifnis van ander
vloei noodwendig uit die vergifnis
wat jy van Hom ontvang.
Soos Hy jou vergewe het,
leer jy om hulle te vergewe
wat jou pyn en littekens veroorsaak het
Dit is 'n bevrydende ontdekking
van die Heilige Gees
se helende liefde en genade
wat in ons gees en denke gebore word
Hy wat weier om ander te vergewe,
vernietig die brug
waaroor hy self moet stap.
O God, ons dank U vir hierdie aarde, ons tuiste;
vir die wye hemelkoepel en die geseende son;
vir die sout van die see en vir lopende water;
vir die ewige heuwels en nimmerrustende winde;
vir bome en vir gewone gras onder ons voete.
Ons dank U vir ons sintuie
waardeur ons die lied van die voels kan hoor,
en die skoonheid van die somervelde kan sien;
die herfsvrugte kan proe;
ons kan verheug in die aanraking van sneeu
en die reuk van die lente kan beleef.
Gee aan ons harte wat wyd oop is vir al hierdie skoonheid.
Bewaar ons daarvan dat ons so blind sal wees
dat ons sal verbystap sonder om raak te sien
wanneer selfs die eenvoudige doringboom
vlammend van u heerlikheid getuig.
O God, ons aanbid U as ons Skepper
en U leef en regeer tot in alle ewigheid.