WP Nuus Netwerk Radio

 

 

TUISBLAD 

 

BELLVILLE
PAROW
GOODWOOD
KUILSRIVIER
BRACKENFELL
DURBANVILLE
MITCHELLS PL.
WESKUS
 

Sê Jou Sê KLIK HIER

 

 

 

 

BELLVILLE HOOFNUUS

Is parkering in Bellville dan so 'n kopseer?

WPNN het gaan ondersoek instel na parkering in Bellville, en dit blyk uit wat mense sê nie so 'n groot probleem nie.  'n Veel groter probleem is die informele of is hulle nou amptelike staanplek aanwysers.  WPNN het op 5 verkillende plekke in Bellville gaan parkeer, en sonder uitsondering was ons elke keer genader deur 'n persoon met 'n kaartjie van 3cm X 5cm, wat jou versoek om 'n donnasie te gee, die kaartjie sê selfs dat hierdie donnasie nie verpligtend is nie.

In die eerste plek wil ek graag weet wat hierdie aanwyser gaan doen as iemand  my motor wil steel.  Alle simpatie met hierdie mense, en ek glo hulle verdien só 'n broodnodige inkomste, maar who's foolen who. Hulle pas nie regtig jou motor op terwyl jy jou inkopies doen nie!


Die privatisering van sekere parkeerterreine maak nou opslae, en die Tygerbergse kamer van handel en nywerheid is nou ontevrede oor die toekenning van die parkeerterreine aan tenders. Die rede wat gegee word is dat dit planne vir stadsverbeteringsdistrikte sal kelder.

Een van die plekke is die parkeerterrein agter die Boston hotel, toevallig een van die plekke wat WPNN besoek het. dit is uiters onsmaaklik om uit jou motor te klim, en toegesak te word deur drie of vier nie amptelike informele motor-oppasers.  Sal dit nie beter wees as hierdie parkeering deur iemand “amptelik” beheer word nie?

Oorkant die hotelparkeering is dit nie veel beter by die biblioteek nie, en word jy ook toegesak.

Lewer gerus kommentaar.