Sę Jou Sę KLIK
HIER
| |
BOEKE EN GESKENKE KLIK
HIER
BOEKE
Wat
is nou die regte storie? Hoekom is Peter Marais uit?
Dit lyk vir my nes Kaapstad 'n nuwe burgermeester kry dan begin die
"magte"teen hom werk. Wie die magte is weet ek nie. Eers
was dit die rekenaar in die kantoor van die vorige burgermeester, wat outomaties
sy screensaver by die gemoed van Sy Agbare aangepas het. Sy Agbare se
gemoed was soms pornografies van aard. Na 'n waarskuwing deur die primier
om vir hom 'n ander screensaver op sy rekenaar te sit, het sy Windows98
weer porno gaan download.
Nou kry Peter Marais dieselfde opdrag "ONTRUIM JOU KANTOOR" 'n
addendum is blykbaar nou aangeheg by die pligstaat van Kaapstadse
burgermeesters, met die opskrif "Vinnige en doeltreffende
kantoorontruiming."
Alles
het begin met 'n briljante idee van Peter Marais om twee van Kaapstad se
bekendste strate Adderley en Waalstraat te hernoem na oudpress. F.W. de Klerk en
Nelson Mandela.
Hierdie geskiedkundige gebeurtenis sou op 16 Junie plaasvind. Mandela en
de Klerk het ook ingestem om daar te wees. Die gebeurtenis sou plaasvind op die
hoek van die twee strate, en die sjampanje was klaar gekoop. Toe sę die
ANC dat die publiek nie die hernoeming van die strate steun nie, en dat die
proses uitgestel moet word. Marais het die hernoeming uitgestel, maar gesę
dis "uit eie oortuiging" Hy het ook ontken dat die meerderheid
nie die hernoeming steun nie.
'n Klein oorloggie bars toe los op Vrydag 18 Mei oor 'n verkeers dagvaarding
waarop die naam NELSON MANDELA tussen hakies na Adderleystraat verskyn.
Die publiek kon nog tot Maandag 21Mei hul mening oor die saak gee, maar duidelik
was die besluit klaar geneem, of nie?
Mnr. Cameron Dugmore van die ANC in die Wes-Kaap het ondermeer ook toe gesę dat
Marais tot 'n skokkende vlak gedaal het, en dat hulle probeer om 'n dooie
perd te verkoop.
Die verkeershoof van Kaapstad het ook ontken dat hulle opdrag gekry het om
Nelson Mandela op dagvaardings te gebruik.
Tony Leon, leier van die DA, was blykbaar van die begin af gekant teen die ding.
Sy rede was dat dit nie die gevoel van die meerderheid is nie, en dat hy
moontlik steun kan verloor, terwyl Gerald Morkel, premier van die Wes-Kaap gesę
het "die publiek moet besluit".
Intussen het die provinsiale sekretaris van die UDM Grand Twigg, tot die
hernoemingsdebakel toegetree, en die ANC jeugliga van die Wes-Kaap beskuldig van
openlike minagting van Mandela. Die ANC jeugliga in die Wes-Kaap het
Mandela versoek om sy goedkeuring vir die hernoeming te onttrek.
Op 24 Mei spreek Marais die Kaapstadse Persklub toe, en sę dat "Ons moet
waak daarteen om applousverslaafdes te word, politici wat alles net vir applous
doen." Wat hy seker hiermee bedoel is dat die publiek
nie altyd 'n politieke besluit moet steun nie?
Alle hel het losgebreek na sy uitlatings by dié vingerete, een van vele wat nog
vir hom voorgelę het vir die dag. Sekere DA lede het die uitlatings bestempel
as 'n klap na Leon en Morkel. Hulle twee was nou baie ontevrede oor die
hele kwessie.
Wat Marais as 'n bleik van versoening wou doen, het nou verdeeldheid gebring, en
toe kom die vervalsing.
Handtekeninge is blykbaar vervals op versoekskrifte om Marais se voorstel te
steun,en die eenparige besluit van die stadsbestuur om die strate te hernoem.
Terwyl Marais in Durban was het die DA in sy afwesigheid 'n vergadering gehou,
en besluit om 'n kommissie aan te stel sodat die bewerings ondersoek kan word.
Hiermme was die ANC nie tevrede nie en het vervolging geeis. Op 'n uitnodiging
van adv. Joe van der Westhuizen, wat die saak ondersoek het, het niemand op 23
Julie opgedaag om te getuig nie. Volgens die adv. lyk dit vir hom of die
dokumente wel vervals is. Intussen kry adv. Willem Heath ook opdrag om die
saak te ondersoek, en is almal in afwagting oor sy bevinding. Ebrahim Rasool
noem nou die debakel "politiek gemotiveerde misdaad."
Soos met Hansie word die geestelike leiers toe betrek, en prys die amptelike
burgermeestersleraar van die unistad Kaapstad, pastoor Theo Noble, vir Marais en
sy woordvoerder Johan Smit, wie se amptelike woordvoerderskap ook aan 'n lyntjie
hang. Noble word toe ook betrek by die kullery storie, maar dit verwerp hy
ook, en verdwyn dan van die toneel..
Tydens die Heath ondersoek daag daar toe 'n ene Mev. Marion Samuels van
Manenberg op, en sę dat sy namens 'n paar de Klerk bewonderaars geteken
het.
Was
sy die laaste blokkie van die legkaart?
Die Heath verslag wat reeds op 14 Augustus gereed moes wees was toe
op 30 Augustus deur die DA ontvang en op grond van die bevinding van
Heath is Marais versoek om sy
kantoor te ontruim.
Is dit die einde van Peter Marais? Ek wonder.
Sę jou sę hieroor KLIK
HIER
|