Eiffel
Les Invalides
Louvre
Notre Dame
Notre Dame
Louvre Tuin
Triomfboog

Parys


In Parys, al die goed wat toeriste moet sien en doen: die Eiffel, die Arc de Triomphe, die Les Invalides, die Louvre, die Notre Dame, die Sacre Coeur, die Les Invalides, die Seine ...

Parys se groot probleem is dat daar soveel goed is om te sien, elke koning of biskop wou 'n groter paleis of monument of kerk as sy voorganger of mededinger bou. Ons het dae spandeer en nie die helfte te siene gekry nie.

Parys se ander probleem is die verkeersknope. Die enigste manier om effektief van een plek na 'n ander te kom, is met die moltrein. Jy ry onder Parys rond, klim uit om die wat-ook-al te sien, klim weer onder die grond in om na die volgende ding toe te ry. Baie donker en oninteressant. Die mooiste goed het ons gesien terwyl ons opsoek was na 'n gebou of monument of stasie, mooi geboue en torings en koffiewinkels wat nie in toeristegidse genoem word nie.

Voor jy in die Louvre ingaan, moet jy weet wat jy wil gaan kyk ... dit alleen kan jou 'n week besig hou.

Miskien sal ek volgende keer 'n dag afknyp om EuroDisney te gaan sien, 'n dag gaan bergfietsry by Fonteauneblue, en gaan kyk hoe Versailes lyk.

Ek wil nie gaan kyk na die katakombes nie, ons het genoeg van die ondergrondse Parys gesien in die moltreine. Die kere wat die moltrein onder die grond uitgekom het om bo die stad rond te ry, was asemrowend.

Die kinders speel op Sondagmiddae in die Louvre se klipdammetjies met bootjies terwyl die ma's en pa's teedrink en kuier.

As ek weer gaan, sal ek dalk 'n paar uur in 'n winkelsentrum spandeer, net om te kyk na al die Franse modes, en te kyk of hoe mense lyk wat 1000 euro's betaal vir skoene.

As ek weer gaan, sal ek meer tyd in die stad self deurbring, deur sy parke gaan loop en koffie drink in die Louvre se tuin en kyk hoe die kinders speel.

En nie met die moltrein ry nie.

Sacre Couer
Dak
Seine
Eiffeltuin
Eiffel
Notre Dame
?
carine@ananzi.co.za



Terug na Fietstoer-indeks


Created with notepad by carine on 5 February 2003