This site is now officially dead.
Visit my new home page at http://www.oocities.org/lacialacia/.
Please update your bookmarks.

Leuce's website! A wide variety of topics such as working holidays, internet terminology, web design, life in the "new" South Africa, etc. Come and see what Afrikaans looks like! Looking for links to everything to do with website design and implementation? Stop looking, for here it is.

skakels oor  werfpublikasie

home: Wellesley 5897
ordinateur@websurfer.co.za

winnie-deurtrekkertjie

Leuce se webwerf... nie sommer enige ou webwerf nie! My naam is Samuel Murray, ek's 25 jaar oud (dis hel oud), praat gewoonlik Afferkaans, en hierdie is my honderdste webwerf (wel byna). Al moeg gesoek vir skakels oor werfontwerp en -publikasie? Wel, hier kry jou soekery end.

Voorwaar voorwaar ek sê vir julle, hierdie is beslis nie die grootste en mees volledigste lys van skakels oor allerlei sake van werfontwerp nie, maar ek het probeer om so veel as moontlik sake rakende werfpublikasie hier aan te spreek. En om goeie raad te gee.

en hier gaan ons, of  wat ook al

Html leerdersgidse

www.xoom.com. Die html-skryf hulpbladsye van xoom.com is uitstekend vir beginners. Dit hardloop deur al die elementêre beginsels in 'n paar kort lesse. Ongelukkig moet 'n mens eers by xoom.com aansluit, en die lêers moet hoofstuk-vir-hoofstuk afgelaai word. Oppas vir Netscapeismes.

orathost.cfa.ilstu.edu/~guither/webtricks.html. Hierdie man se passie is eintlik fotografie, maar hy't 'n oulike afdeling oor basiese html leer, asook ook verskeie bysake soos byvoorbeeld die gebruik van kleur, en die skap van animasie.

werbach.com/barebones. Hierdie is eentlik 'n lys van 'n klomp html-merkers, vir mense wat al die basiese van html ken, maar meer wil weet van die verskillende soorte merkers sonder om in te veel detail in te gaan. Oppas vir die Netscapeismes. Werbach.com het baie hulpbronne oor werfpublikasie.

www.visdesigns.com/design. Tien goue maatreëls waarvoor nuwe html-gebruikers moet oppas. Ou gebruikers kan ook maar hier lees, want slegte gewoontes kruip mos maar maklik in.

www.hut.fi/u/jkopela. Leer html deur voorbeelde te volg, sê die opskrif, maar wees gewaarsku: hierdie html-aanleerdersgids is uiters volledig. Dit bevat baie min foute en is gebasseer op die presiese html 3.2 spesifikasie. 'n Moet vir alle intermediêre html-skrywers.

www.sandia.gov/sci_compute. Hierdie is 'n baie lang lys van omtrent al die html 3.2 merkers. 'n Mens kan dit dalk gebruik om te vergelyk met ander lyste merkers.

www.w3.org. Hierdie is 'n liggaam wat redelik amptelik te werk gaan om WWW te standaardiseer. Hulle is verantwoordelik vir baie van die amptelike (en gesaghebbende) dokumente oor html-spesifikasies. Besoek hulle gerus en kry veral die html 3.2 en html 4.0 spesifikasies, waarsonder geen behoorlike webskrywer kan doen nie, selfs al gebruik 'n mens dit slegs by hoë uitsondering, en dan ook net as naslaanbron.

www.hwg.org. Hierdie is die html-skrywersgilde. Hulle is 'n gilde wat hulle beywer vir allerlei html-skryf sake. Hulle klink baie prestigious, maar 'n mens moet seker nie alles wat hulle sê vir soetkoek opvreet nie. Hulle werf het ook baie skakels van hulpbronne.

Werfontwerp en -uitleg

www.sev.com.au. Hierdie is die Sevloid Guide. Dit is die eerste werf oor werfontwerp wat ek vir enige iemand sal aanbeveel. Baie van die beginsels is universeel, en Sevloid is geensins puristies óf holrugryend nie.

www.htmltips.com. Die tweede werf wat 'n mens moet besoek is hierdie een. Die werf bevat baie verskillende skakels oor werfontwerpsake, maar is uitstekend vir beginsels oor goeie werfontwerp.

www.avalon.net/~librarian/bones. Hierdie is die Beyond the Bones of Html gids. Dit is ook net wat dit sê: wat moet 'n mens weet nadat jy slegs html aangeleer het.

orathost.cfa.ilstu.edu/~guither/webtricks.html. Benewens die man se basiese inleiding tot html, het hy 'n paar riglyne oor die gebruik van kleur en animasie, ens.

www.dsiegel.com. Hierdie man is 'n bladsyuitlegkundige. Hy is baie puristies, maar gelukkig besef hy dat html baie tekortkominge het, en i.p.v. om hierdie tekortkominge te ignoreer probeer hy eerder om rondom dit te werk. Pasop vir hierdie man, maar leer by hom.

geocities SiliconValley/Heights/1288. Hierdie is Brandy LeRoy se werfontwerpbladsy. Daar is ook subbladsye oor grafika en ander sake.

www.uwo.ca/IP/guides. Nog 'n groterige werf wat oor allerlei werfontwerpsake handel.

mypage.direct.ca/r/rhomer. 'n Kort maar tog volledige beskouing oor werfontwerp. Daar is ook verkeie skakels na verwante onderwerpe soos tellers, snuffermasjiene en validators.

Teller, gasteboeke en baniere, asook allerlei

www.markwelch.com/bannerad. Blykbaar 'n redelike groot bron van skakels oor tellers, gasteboeke en dies meer.

werbach.com/web. Hierdie is sowaar die grootste skakelslys wat ek nog ooit gesien het. As jy nie hier vind wat jy soek nie, dan weet ek sowaar nie. Behalwe skakels oor html in die algemeen, is daar skakels na java-skripte, cgi-skripte, tellers, statistiese tellers, gasteboeke, gratis werfhuisvesting, en vele meer.

www.21cr.com/webstuff. Hierdie bladsy bevat 'n paar spelfoute, maar dis werklik al probleem wat 'n mens moontlik daarmee kan hê. By hierdie bladsy is daar ook verskeie skakels oor verskillende werfontwerpsake.

geocities EnchantedForest/1004. Hierdie is die Enchanted Forest subgidsgroep se voorblad, en bevat verskeie skakels wat dom mense of jong mense met werfskryf nodig mag hê.

Grafika ens.

www.xoom.com. Die xoom.com werfhuisvesbediener bevat 'n yslike versameling animasie gif-grafika, benewens hul versameling gewone gifs (bv. agtergrondte, horisontale stawe, knopies, ens).

www.angelfire.com. Daar is 'n groot aantal werfgrafika ook by die angelfire.com werfbediener beskikbaar. Ek dink 'n mens moet eers aansluit.

kumo.swcp.com/sioned. Hierdie is 'n gothbabe se tuisblad, waar sy verskeie agtergrondte en horisontale stawe hou. Trouens, by baie van gothic.net se werwe kry 'n mens 'n verskeidenheid grafika.

geocities SoHo/Square/7005. Hier is 'n hele aantal agtergrondstelle kompleet met ikone, horisontale stawe en welkom-blokkies. Al wat die kunstenaar verlang is 'n skakel terug na haar eie webwerf. Voorwaar 'n juweel van 'n werf.

geocities Paris/Arc/6894/fonts.html. Hier is 'n hele paar rare gothic-styl lettertipes vir aflaai beskikbaar. Hoe algemeen deurblaaiers egter hierdie lettertipes kan lees, sal ek nie weet nie. Die meisie se werf bevat ook 'n paar stawe.

tripod ~singothic/intro.html. Hierdie werf laai baie stadig. Dis eintlik die voorblad van 'n goth meisie se persoonlike werf, maar daar is skakels na stawe, agtergronde en animasie, asook prentjies.

www.windyweb.com. Windy se werfstelle is uitstekend, en daar is 'n wye verskeidenheid. Wanner 'n mens haar materiaal gebruik, verlang sy bloot dat jy na haar werf skakel met 'n standaard skakelikoontjie.

Snuffelmasjiene

www.ananzi.co.za. Die "beste" Suid-Afrikaanse snuffelmasjien. Nie baie akuraat nie.

www.infoseek.com. Hierdie is seker die beste snuffelmasjien op die Net. Wanneer 'n mens woorde een-vir-een laat snuffel, concurrently, is die akuraatheid soveel te beter. In 'n klas van sy eie, maar kan gerus gekombineer word met die Groot Drie:

www.yahoo.com. Hierdie snuffelmasjien is makliker om 'n nuwe werf op by te voeg, en is lekkerder as 'n mens per onderwerp wil surf i.p.v. soek vir iets spesifieks. Nietemin is dit ook 'n akurate snuffelmasjien vir spesifieke soektogte. Saam met webcrawler en altavista.digital vorm hulle die Groot (...groterige) Drie snuffelmasjiene.

www.altavista.digital.com. Kan goed wees vir Afrikaanse of Suid-Afrikaanse soektogte, omdat die snuffelmasjien 'n Nederlandse verbindenis het, ook in tale soek, en Afrikaans vir Nederlands aansien. Dis egter 'n lomp snuffelmasjien.

www.webcrawler.com. Een van die oorspronklike snuffelmasjiene. Dit is nie baie gesofistikeerd nie, maar is nuttig om 'n groot aantal snuffels vir 'n onderwerp vinnig te kry, om sodoende 'n breë beeld te kan vorm.

Webwerf promosie (en snuffelmasjienbotte)

businessweb.com.au/webpromotion. Hierdie is die beste bekenstellingsbot wat ek nog teëgekom het. Hy stel jou werf bekend aan omtrent 20 werwe. Die bediener het ook inligting oor algemene werfontwerp en -publikasie in sy ander subgidse.

www.submit-it.com. Hierdie is die bekendstelbot waaroor almal so gaande is. Hy stel jou werf bekend aan 'n verskeidendheid snuffelmasjiene, en is maar basies dieselfde as bg.

www.webcom.com/html/publicize.shtml. Hierdie is 'n bot wat jou werf aan verskeie snuffelmasjiene bekendstel. Ek weet nie hoe goed dit is nie... ek gebruik dit nie.

geocities main/info/news/tenways.html. Die naam sê dit alles: tien maniere om jou webwerf bekend te stel aan die wêreld. Hier is 'n paar hints en tips, maar dis eentlik maar net die gewone.

studentcenter.informall.org/homepages. Hierdie is 'n baie klein bot wat 'n mens se werf bekendstel aan 'n enkele snuffelmasjien, wat glo deur studente in Amerika gebruik word.

Gratis werfhuisvesting

www.afrikaner.co.za . Hierdie is 'n local bediener, wat plaaslike laaispoed baie verhoog. Aan die begin was die bediener soms af, maar die eienaar het blykbaar nou probleme uitgestryk. Dis egter 'n gebruikersonvriendelike bediener ('n mens moet met 'n ftp-program kan werk om jou werf aan te werk. Tans is spasie onbeperk. Die eienaar het geen beperkinge nie (persoonlike én kommersiële blaaie is welkom), behalwe dat die hoofblad afrikaans moet wees. [www.afrikaner.co.za/~kennaam/default.htm]

www.oocities.org . Hierdie bediener is seker die bekendste van almal. Dit is die gebruiksvriendelikste ook. Daar is nie veel in die lyn van grafika en tellers en dinge nie, maar die gebruiksvriendelikheid maak daarvoor deur-en-deur op. Onlangs is spasie vergroot tot 11 Mb per gebruiker. Ongelukkig is jou url baie lomp, en bevat hoofletters, wat 'n kopseer is. Dit sluit 'n e-posadres in. [www.oocities.org/Subgidsnaam/AnderSubgidsnaam/9999/index.html]

www.fortunecity.com. Hierdie bediener gee (ek dink) slegs 5 Mb spasie, maar verskaf baie van die grafika self (indien 'n mens dit wil gebruik). Dis minder gebruiksvriendelik as oocities.com, en die url is nogsteeds maar lomp, maar gelukkig is daar nie hoofletters in nie. Dit sluit 'n e-posadres in. Die bediener is soms af. [www.fortunecity.com/subgidsnaam/andergids/999/index.htm]

www.angelfire.com. 'n Bediener wat ook maar min gebruiksvriendelik is. 'n Mens kry 11 Mb spasie. Die url is 'n kombinasie tussen jou kennaam en 'n Amerikaanse staat se afkorting. 'n Bediener met baie potensiaal, maar tans nog 'n bietjie onderontwikkeld. [www.angelfire.com/yt/kennaam/index.htm]

www.tripod.com. Hierdie is 'n baie gewilde bediener, naas oocities.com, maar dit kan nogal verwarrend vir 'n beginner wees. Ek dink hulle gee ook in die 11 Mb omgewing vry spasie, maar wat hier lekker is is die kort url. [www.tripod.com/~kennaam/index.htm] of [members.tripod.com/~kennaam/index.htm]

www.conk.com. Hierdie bediener is nogal baie fitterig met wat hulle toelaat en wat nie, en hulle gee 'n ongelooflike 1 Mb spasie (jy't reg gelees, net een Mb). Hulle skakelgrafika is ook nogal groot. Daar's egter twee (nee, drie) voordele. Jy mag wel die bediener as 'n spingpunt vir 'n ander werf (bv. geocities ea.) gebruik, solank die springwerf aan al hulle vereistes voldoen. Jy't 'n baie kort url, wat selfs korter gemaak kan word deur 'n sekere prosedure te volg. Ongelukkig werk slegs Internet Explorer 4.0 en Netscape 3.0 en groter. [conk.com/kennaam/index.html]

www.spree.com. Hierdie blyk 'n nuwe webhuisvestingsprogram te wees. Hierdie lyk ook baie na 'n maatskappy wat kommersiële belange op die hart het, so ek is onseker hoe lank hulle nog gratis huisvesting gaan gee... maar op die oomblik is daar niks om aan te dui dat dit nie vir altyd wel gratis sal wees nie. Hulle beloof onbeperkte webruimte, solank die bediener net vir lêer verwant aan die webwerf gebruik word. Hulle blyk redelik gebruiksvriendelik te wees. [members.spree.com/kennaam/default.htm]

www.xoom.com. Die beste vir laaste. Xoom.com gee ook 11 Mb spasie, en is baie gebruiksvriendelik, en het verskeie hulpwerwe. Daar's ook verskeie banke met grafika. Hulle html-leerdersgids is uitstekend. En die url is kort. [www.xoom.com/~kennaam/index.html] of [members.xoom.com/kennaam/index.html]

Webgebaseerde e-pos

www.hotmail.com. Hierdie diens is baie gewild om gou-gou 'n ekstra e-posadres te kry. Baie werfhuisvesbedieners benodig 'n e-posadres om mee te begin. Nadat jy toegang tot die huisvesbediener gekry het kan jy jou hotmail.com adres maar los (as jy sou wou). Om aan te sluit is baie maklik en vinnig, maar om te gebruik is moeiliker en langdradiger, en dis moeilik om bv. e-pos-aanstuur (forwarding) te aktiveer.

www.usa.net. Hierdie diens is minder gewild, maar ewe effektief as hotmail.com. Dit vat effens langer om aan te sluit, en die inboekprosedure is ook langerig soos hotmail.com s'n, maar gebruik is baie makliker, en konfigurasieverstelling is baie maklik.

Hulpprogramme

Internet Explorer 4.0 'n deurblaaier wat baie van die Netscape html-uitbreidings nie kan hanteer nie. Hy het sy voor- en sy nadele.

Netscape Navigator 4.05 'n deurblaaier wat baie mense verkies. Die stryd tussen Explorer en Netscape ondersteuners is effens buite proporsie, maar Netscape ondersteun tog wel verskeie html-merkers wat Explorer nie herken nie. Netscape lees egter sommige Microsoft-ontwerpte werwe effens verkeerd. Die gedugte werfontwerper wil beide Explorer en Netscape hê, om sodoende geduring te kan check of die ontwerpte werf nog goed lyk op albei.

Arachnophilia 3.4 'n html-redigeerder wat baie handig is. Dit ontwerp nie webwerwe nie, maar is bedoel vir mense wat klaar html ken. Dit help egter baie om die html-kodes beter te kan sien, en het verskeie outomatiese funksies.

ThumbsPlus 3.21 is 'n grafika hulpprogram, wat veral help om groot hoeveelhede grafika in id-foto-grootte formaat te omskep. Dit help ook om bmp-grafika na jpg- en gif-grafika om te skakel.

Eindwoord

By no means is hierdie die einde van die lys nie. Ek sal egter eers my werfontwerp bladsye klaarmaak voor ek verder aandag gee aan allerlei skakels. Enige skakels wat iemand wil byvoeg is welkom... stuur my 'n e-pos.


rsaci-geëvalueer

geocities

htmlskrywersgilde
ingeskrewe lid

(c) Samuel Murray, 1998
ordinateur@websurfer.co.za

http://www.oocities.org/Wellesley/5897/ontw05.html

werf geskep: 1998-06-28
werf hersien: 1998-10-20
werf bygewerk: 1999-11-22

webtracker teken seblief my gasteboek op die nuwe weergawe die knoop