Temas – Van Riebeeck
Om meer te leer oor die wapens wat hier verskyn, kliek op die beelde.
DIE wapen van die familie Van Riebeeck – In rooi, drie ringe van goud – verskyn keer op keer in Suid-Afrikaanse wapens, dikwels slegs om aan te dui dat die wapen aan ons land behoort. Dit word dikwels volgehou dat dit die wapen is van Jan van Riebeeck, wat die verversingstasie in Tafelbaai gestig het wat die begin was van Europese nedersetting in Suid-Afrika. Maar dit wil voorkom of Jan dit nie vertoon het nie, alhoewel die familie se gebruik van die devies na die Middeleeue teruggaan. Sy seun Abraham het wel die wapen gevoer.
Van Riebeeck se drie ringe verskyn in verskeie wapens. Kaapstad is die eenvoudige rooi skild verleen met ’n anker as skildhouer, maar het later ’n goue skild bygevoeg. Die Kaapkolonie (en die Kaapprovinsie daarna) het die ringe in dieselfde veld geplaas waar ’n leeu geklim het.
Grahamstad het die agtergrondskleur na blou verander, en het ook die onderste ring groter gemaak. Grahamstad se twee openbare skole, wat huidiglik Graeme College en Victoria Girls’ High School heet, het hierdie verandering voortgesit. Die dorp het egter in 1912 ’n verlening verkry waarin die ringe op ’n rooi omgekeerde punt verskyn. Heelwat later is St Andrew’s College (’n skool wat deur die kolonel se nageslag bygewoon is) ook ’n wapen verleen wat ringe insluit (hierdie maal slegs twee).
Wynberg, waar Jan van Riebeeck sy plaas gehad het, het die Van Riebeeck-wapen in sy eerste kwartier gevoer. Stellenbosch het (in sy 1952-wapen) slegs twee ringe gevat en dit weerskante van ’n pou geplaas. En Pinelands High School (wat die voorbeeld volg van die Munisipaliteit Pinelands) het drie goue ringe op ’n rooi keper.
Port Elizabeth se helmteken plaas Van Riebeeck se drie ringe op ’n rooi muurkroon. En die kroon wat in die wapen van die Provinsie Wes-Kaap in die plek van ’n helmteken dien, toon ook die ringe.
Terug na bo
Terug na temas-indeks
Terug na Armoria-indeks
Opmerkings, navrae: Mike Oettle