Versprei hierdie
boodskap, stuur dit aan 'n vriend ! >>
TRANSVAALSE SEPARATISTE
( Klik op Staatssimbool vir vergroting )
(Byvoeging: Hierdie dokument was in 1983 opgestel deur
lede van die Boervolk en is toe in sy duisende by
die Boere Monument te Pretoria en op
honderde politieke vergaderings, regs sowel as links,
vir jare daarna versprei, die resultaat was 'n totale verwerping
deur veral die regses, HNP, KP, hul bedmaatjies, en ook
deur meeste regse groepe, dit het gewys op die totale
verwerping van die Boervolk !!!,
nie deur die Boere self, maar deur
daardie leiers wat die Boervolk wil gebruik.
Net die NP het die TS gesien as 'n werklikheid en suiwer
ideaal wat die Boervolk weer bymekaar sou kon kry, dus vir die
NP en sy bedmaatjies was die TS ook 'n gevaar.
Maar hulle het die Union Republiek uitmekaar sien spat
en is die TS vir daardie rede deur hul staatsveiligehids hoof
in 1989 as gevaarliker dan die AWB beskryf en teen die TS gewaarsku.
Hulle het geweet dat daar net drie persone by die Transvaalse
Separatiste betrokke was en dus was
dit nie oor die getalle of lede, maar wel oor die
ideologie van die TS. Hulle het nie regtig teen die
TS gewaarsku maar teen die Boervolk self. Hulle het dus die
Boervolk se
identiteit verwerp.
Die Boervolk is 'n gevaar vir alle politici, links of regs.
Dit verskyn nou hier met effense veranderings wat na 1994 aangebring
is.
Die oorspronklike dokument (1983) kan
hier gesien word.)
............................................
Transvaalse Separatiste Dokument
ONS STRYD
- TRANSVAAL BEHOORT AAN DIE
BOERVOLK
- ONS STRYD IS VRYHEID
- GROND IS VRYHEID
- DIE PRYS VAN VRYHEID IS JOU ERFPAG
AAN DIE OPKOMENDE GESLAG
- VRYHEID BETEKEN SELFWERKSAAMHEID
- 'n VOLK IS NIE 'n SOSIOLOGIESE,
HUMANISTIESE OF VERGEESTELIKE BEGRIP NIE
- 'n VOLK IS 'n ETNIESE GROEPERING
- EENHEID IS VERVLEG MET VRYHEID
- VERDEELDHEID LE IN POLITIEKE
PARTYE
- HULLE WIE SE SWEET DIE GROND BENAT,
BESIT DIE GROND
DIE NUWE VRYHEIDSTRYD
Die nuwe Vryheidstryd begin waar die
oue opgehou het, in 1902
(Anglo-Boereoorlog), nie
in 1910, 1961 of 1994
nie. Dit is die werklikheid van die Boervolk se
stryd om Vryheid.
Daar was nog nooit na 1902 'n vrye Boervolk gewees nie, dit was
als net 'n skuinheilige vryheid onder die
dekmantel van die
party-politici.
Teweeggebring deurmiddel van breinspoelling in skole, politiek en kerk.
Net maar om die Union te
herdoop as 'n Republiek.
Dit gee aan ons (die Boervolk) die onbetwisbare reg op die Boere
Republiek van Transvaal (en Vryheid).
Grondgebied, Boervolk, Afrikaans as enigste amptelike taal en 'n volkstaat
vorm van regering, vorm die hoekstene van die nuwe Vryheidstryd
. Die enigste oplossing vir die
Boervolk se probleme is 'n eie grondgebied
, bestuur volgens sy aard en wese.
Die party-politieke stelsel is 'n erfenis
van die Britsimperialistiese stelsel en 'n onding
wat primer verantwoordelik is vir die kunsmatige bymekaar hou van
die Afrikaner nasie en die verdeling
van die Boervolk binne partye, op beginsels wat
persoonlike moraliteite behels (verlig - verkramp, progressief - behoudend)
, dus oppervlakkig en verwyderd van die realiteite is.
Diegene wat hierteen kapsie het, speel speletjies met die begrip
volk, wat etnies van aard is, en nie 'n
sosiologies, humanistiese of vergeestelike begrip kan wees nie. Soortgelyke ideale en strewes tussen
verskeie etniese groepe maak hulle nie een volk nie. 'n Volk sal as
alle kondisioneringswyses geelimineer word, 'n gemeenskaplike ondertoon he.
Hierdie basiese strewe van 'n Volk is sy
grondgebied en genepoel.
Die Boervolk se enkel grootste
uitdaging in hierdie tyd is om die valsheid,
naamlik die kondisionerings propaganda
van die party-politici oor die afgelope 84 jaar (1910 tot
1994) van hom af te skud.
Die propaganda is die sogenaamde
groter wordende nasie begrip (nl.
Afrikanerskap) wat aan die politici die
demokratiese mag gee om oor etniese lyne
heen te regeer en sodoende nie 'n enkele etniese groep volledig te kan
bevredig t.o.v. sy basiese behoeftes nie.
Kom ons kyk na drie van hierdie
veranderende begrippe wat met die tyd ingevoer en
stilweg deur die verskeie etniese groepe as korrek aanvaar is
!.
1. Die begrip Afrikaner
Hierdie woord (Afrikaner) ontken die
fisiese skeiding tussen die kolonialiste
(Cape-Dutch) en die Boervolk,
wat in 1836 met die Groot Trek tot stand gekom het, en
wil 'n vergeestelike samehorigheid
die bindende element van etnisiteit
maak. As die lawwe politieke
argumente voortgesit word dan eindig ons met 'n afhanklikheid
sindroom t.o.v. die stamlande en stuur ons af op 'n
Babelse strewe. Nerens !!
word daar gepraat van die Anglo-Afrikaner
oorlog nie, net maar van die
Anglo-Boereoorlog.
(Die vraag bly dus, waar was die
Afrikaners ???)( - mens hoef ook nie te vra waar was die
Afrikaner tydens die grens geskille van
17?? tot 18??, wat nog gepraat van die Groot
Trek -- waar was hulle tydens die eerste
Boere oorlog van 18?? - en dan die
tweede Boere oorlog van 1899 tot 1902 --
!en daarna ! met die
anti-kolonialistiese/Unie- Boere rebellie van 1914 - die
1919 deputasie en die
40er jare van die OB, om nie eens van 1994 te praat nie.
Waar ??) Die antwoord is
eenvoudig. Hulle (die Afrikaners)
is maar eers in 1910 deur die politici
geskep om die Boere se identiteit
te vervang met 'n nuwe konsep, naamlik dieAfrikaner
wat 'n nuwe
Hoe kan dit dan moontlik wees dat
net een deel van 'n volk (die Boervolk en nie die
Afrikaner) vir 'n aparte grondgebied (vir Boeregrond
en nie vir kolonialistiese grond)
kon stry om hierdie sogenaamde (Afrikaner)-
"faksie" (nl. die Boervolk) se
vryheid ???. Eenvoudig !!, die Boervolk
en Afrikaner(koloniale Cape-Dutch) is verskillende etniese
volke en die Boervolk was nie
'n
2. Die Landsvlag
Die huidige landsvlag (1924 tot 1994 Unie / RSA
vlag) is 'n kompromie vlag van 'n groter wordende (
politieke) nasie, nie
van die Boervolk nie.
Daar word maklik gepraat van die 27,000 offers
van die Afrikanernasie in sy?
stryd? oor 300 jaar. Dit is !! vals
en verleidend !! .
Die offers van die Anglo-Boereoorlog
is in die Vierkleur begrawe. Hulle het nie
hierdie kompromie kleed van die 1910
debakel geken nie.
3. Die Volkslied (Kolonialistiese Stem)
Wie se lied.
Uit basis van ons stryd (Boervolk) is dit dus duidelik dat geen
party-politikus, in die RSA-raamwerk, die ideaal van
die Boervolk sal kan verwesenlik nie, solank as wat ons geestelik
verkneg bly aan hierdie volksvernietigende
parasiete wat ons steun gebruik
vir die verkryging van 'n magsbasis in die RSA parlement en ons nie
ons ware volksbasis besef en dit in
perspektief stel tot die Milner sisteem waarin ons vasgevang
is, sal ons (Boervolk) nooit die steriliteit
van die Brits-imperialistiese stelsel kan afskud nie en hervat
waar die 1910 debakel ons laat vergeet het van die
ware stryd en volksbou wat ons in die
gesig staar maar nie wil aanvaar nie.
Ons betoog vir die Transvaal en Vryheid sluit
in, 'n solidariteits gevoel met die Vrystaat wat
dieselfde paadjie as ons sal moet loop om ook hulle verowerde staat
vrygestel te kry uit die RSA miernes van state. Op grond van Blamke
etnisiteit kan ons nie hulle saak beveg of hulle ons sin nie, maar soos in
die Anglo-Boereoorlog kan ons gesamentlik die owerhede beveg om die poliieke
moeras te be-eindig deur 'n Vryheidstryd.
Partisie is 'n onaanvaarbare politieke credo wat die reels van die spel
verander maar nie die spel self nie. Die spel bly onwerkbare apartheid in
die grote Suid-Afrika met die witvolk as Vader Kersfees en 'n gevisualiseerde
oorblywende witland (restant). Hierdie witland sal bewoon word deur alle
etniese groepe (wit en gekleurd) en stadig sal die getalle geweld weer teen
hom opbou.
'n Volk kan net floreer en veilig wees as hy die enigste bewoner van sy
grondgebied is en sy eie volkshuishouding bestuur en bedryf en op sy eie
arbeid toegese is. Laat niemand die huidige RSA ekonomie afskaal na die
vrye Republiek van Transvaal en sy twee miljoen Boere en dan die stelling
maak dat dit ekonomies onwerkbaar is nie. Hierdie tipe ekonomiese argumente
is net so leeg soos alle ekonomiese voorspellings. Die ware en hele
ekonomiese realiteit is dat enige ekonomiese blok lewensvatbaar is en kan
floreer as sy arbeidsuitset groter is as sy verorberingsdrang (lewensstandaard
volgens ekonome).
Sover dit die PWV gebied aangaan sal 'n finale begrensing op 'n demokratiese
stemming moet berus. Daardie dele wat dan kies om in die kosmopolitaanse
deel opgeneem te word sal op 'n huurpagstelsel van 50 jaar aan die sentrale
regering van die dag toegese word om hulle ekonomiese bedrywighede voort te
sit teen 'n billikke heffing wat aan die Transvaalse Republiek betaalbaar
sal wees.
Elke vreemdeling wat nie tot die Boervolk behoort sal hom self op eie koste,
of die van die RSA regering, moet verplaas na daar waar hy 'n etniese
aanklank vind en vry voel. Daardie mense elders in die RSA wat etniese
aanklank vind en vir die Boervolk aanvaarbaar is sal die nuwe Groot Trek
moet aanpak na Gelofteland (Transvaal) toe.
Weg met die administratiewe mededeelsame paternalistiese meerderwaardigheid
van 'n blanke nasie. Terug na die volksbegrip van arbeidsaamheid en spreekwoordelike
skoffel en pik in die hand, vry op die grond van u Vadere, as lid van die
Boervolk.
Manifes
Uitgereik deur lede van die Boervolk.
Hiermee verklaar ons:
- Dat ons staan vir die herstel van die geskonde vryheid van TRANSVAAL
en VRYHEID vir die Boervolk onder die Vierkleur met sy bekende volkslied.
Ken jy die Volk vol heldemoed En tog so lank
verkneg Hy het geoffer goed en bloed vir
Vryheid en vir reg Kom burgers! laat die vlae wapper Ons
lyding is verby Roem in die sege van onse dapp'res 'n Vrye volk
is ons 'n Vrye volk 'n Vrye volk 'n Vrye, Vrye volk is ons
Ken jy die land so min bekend En tog so heerlik skoon Waar die
natuur haar wonders skenk en kwistig stel ten toon
Transvalers! Laat ons feeslied galm waar vas ons volk moet
staan waar onse vreugdeskote ge'knalt Daar is ons vaderland
'n Heerlik land 'n Heerklik land Dit is; Dit is ons vaderland
Ken jy die staat, nog maar 'n kind in werelds statery maar tog
deur magtig Brits bewind weleer verklaar as vry Transvalers!
edel was ons strewe en pynlik onse smaad maar God wat uitkoms het
gegewe sy lof vir eie staat loof onse God! loof onse God!
loof onse God vir land en staat!
- Dat die RSA en sy voorloper, die Unie van SA, waarnemende regeringsvorme
is van die Brits-imperialistiese stelsel en dat volwaardige vryheid die
saamgevoegde volkere, onder sy jurisdiksie toekom.
- Dat Grondwet 84 'n tydelike grondwet is wat die weg moet baan vir die
ontbinding van die RSA in sy afsonderlike state vir die volkere wat dit
begeer.
- Dat die ondernemings gegee aan ons Vadere by oorgawe in 1902, en die
vorming van die uniale sisteem en weer in grondwet 83, skandelik verbreek
is en dus aan ons, hulle wettige erfgename, die reg gee om op staatregtelike
basis, die ontbinding van sodanige strukture wat daaruit voortgespruit het,
te kan opeis.
- Ons verwerp die beginsel dat 'n nasie beskikkingsreg het oor die lotgevalle
van volke in sy midde.
- Ons verwerp die begrip Afrikaner op grond van die feit dat dit -
sinteties is - na 'n nasie verwys - party-polities geinspireerd is.
- Ons verwerp die party politiekestelsel (vir die Boervolk) van
demokrasie aangesien dit lei tot 'n onpersoonlike entiteit (die party) wat
die volksiel beheer en manipuleer.
- Ons aanvaar die aristokratiese vorm van demokrasie wat 'n konkrete
realitiet in die midde van die volkshuishouding is en dus tot orde geroep
kan word.
- Alle terme, groeperings, name en konnotasies wat die begrip Afrikaner
behels word summier verwerp as volksvreemd en idelogies onsuiwer t.o.v.
die Boervolk.
- Die gelofte van Bloedrivier bind die Boervolk en hulle nasate sowel as
die daaropvolgende 'trekkers' wat hulle by die Boervolk-laer aangesluit
het, en nog sal, tot volksbou en nie tot arbitrere rituele nie.
- Dat die Boervolk willens en wetens die Gelofte verbreek het op 31 Mei
1910 en dat geen aanpassings behalwe die verkryging van die vryheid van
die Boervolk weer die Gelofte in ere sal herstel nie.
- Ons erken die Skepper van hemel en aarde en sy Goddelik geinspireerde
geskrifte, maar ingelyks is ons bewus van die menslike listigheid wat nie
die suiwer bewaring van Godswoord aan ons kan waarborg nie.
- Ons stel ons dit ten doel om ons grondgebied op
vreedsame wyse te herwin mits ons teenstanders dit vreedsaam
met ons wil besin en besleg.
Terug na hoofblad
|