Hoofstuk EEN

 

Die klanke van die diep polsende Funky House bruis deur sy ligaam terwyl hy deur sy musiek soek vir die volgende snit om te speel. Vandat die klankmenger terug gekom het van ‘n diens, is dit weer ‘n fees om so alleen hier bo te staan en musiek maak. Coke & Brandy en elekronika speel nie saam nie. Hy kry die volgende plaat reg en stel ingedagte die spoed om in te val by die spelende snit. Met een gehoorstuk van die oorfoon teen sy oor, luister hy na die mengsel en op die regte oomblik stoot hy dit deur. Die dansers op die vloer hoor die verskil en dis asof n mens die energievlak kan voel verander wanneer die eerste note herkenbaar word. Andrew glimlag as hy die genot by sy gehoor opmerk. Dit raak tyd om iets rustiger te speel, vermaan hy homself. As die klub eienaar nou weer hier kom en lang arm vra, gaan hy ontplof. Die man het eenvoudig nie die kennis om sommer so die musiek na sy smaak te verander nie. As die verandering nog in tred met die heersende musiek was, ja, maar dis gewoontlik so drasties, dat Andrew die hele dansvloer verloor en dan van voor af moet begin opbou. Hy verander die musiek en bring dit op punt waar die verliefdes om die baan te betree. Aha! Vanaand gaan ek julle n ding wys! Hierdie gerondskuifel op n baan gemaak vir spoed is verregaande. Hy kry n hermenging van n stadige liefdeslied en sit dit op. “Bridge over Troubled waters”. Die paartjies is duidelik in ekstase. Tussen die mense op die vloer merk hy vir John “prumpusher” op met n nuwe nommertjie in die arms. Kan jy nou meer! Ou prampusher vat ook al die nuwe lyfies in die stad. Maar hy is nie oulik nie!

John het weliswaar 'n nuwe inwoner by hom, en hy lyk baie selfvondaan met sy vangs. Ongeveer een en twintig, met n sterk jong lyf, pragtige oë en effens stillerig, lyk die jong man of hy nou net van n Kaapse Mode agentskap onstsnap het. Hy kyk op na die DJ box en glimlag vir Andrew. Hy lyk half lomp en ongemaklik met John wat hom vashou. Andrew vergeet skoon van musiek speel toe hy die ou raaksien.

“Jene maar jy is pragtig,” prewel hy hardloop en bekyk die twee op die dansbaan. Die jong ou kyk weer op en sien dat Andrew vir hom kyk,… kyk dan dadelik weg. Nog n prissy queen. Die klub is vol van hulle, dink Andrew wrang. Maar iets in hom is anders. Vir hom wil ek ten minste beter leer ken, neem hy homself voor. .

Andrew is ook maar nog jonk op die scene. Sowat ‘n jaar lank. Polisieman deur die dag, en joller deur die nag. Sedert hy uitgekom het, hy geweldig baie probeer doen en ervaar wat hy al die jare verloor het. Dis soos wat hy is. Niks word half gedoen nie. Eers moet hy die hele polisiediens en sy familie oortuig dat hy ‘straight’ is, en trou toe. Na die geboorte van hulle dogter, het die huwelik gaandeweg verswak en het die uiteraard in ‘n skeisaak geeindig. Nooit sou hy ontrou wees aan sy vrou en dogter nie, maar die huwelikslewe was nie vir hom nie. Die aand nadat hy finaal en wettig geskei is, het hy by sy gereelde restaurant musiek gespeel. ‘n Ou vriend was ook daar en na die tyd het hulle bietjie te veel gedrink. Teen oppak tyd, was Andrew nie moeg nie, en hy stel voor dat hulle strand toe gaan. Op pad het die gesprek seksuele ondertone gekry, met Michael wat hard probeer het om Andrew in sy maag te kry. Andrew het die situasie dadelik opgesom en besluit dat hy tog n homoseksuele ervaring wil deurmaak. Maar hy het dit vir Micheal moeilik gemaak, en niks het gebeur nie. Nie totdat Michael hom teen half vyf die oggend by sy huis afgelaai het nie. Andrew het hom binnegenooi en vir hulle koffie gemaak.

“Michael…jy het my heel jags met jou seks praatjies vanaand…..jy kan my n blowjob gee as jy wil….”

Michael kyk heel onkant na Andrew en kan nie glo dat hy reg gehoor het nie.


“Is jy seker Andrew? Of is jy dronk? Ek sal dit met graagte doen en nog meer ook, maar more is ons nie meer vriende nie.”

Andrew sê niks, maar begin sy hemp stadig oopknoop. In sy broek begin sy manlikheid, reeds geprikkel, beur teen die styfhied van sy onderklere. Michael kan nie anders as om die beweeging in sy broek raak te sien nie. Hy kom staan teen Andrew en probeer bewend om sy denim se knoop los te wikkel. Met die ritssluiter af, sien hy die harde bol onder die onderbroek met fyn haartjies wat oploop tot by Andrew se naeltjie. Verder is die borskas glad, behalwe vir n paar verdwaalde borshare om sy tepels. Hy kan hom self nie verder keer nie en met een behendige beweging, stroop hy Andrew se onderlyf met oorstollige klerasie. Hy is verruk deur die gesig wat hy sien. Sonder enige teken van inspanning wieg Andrew se manlikheid regop voor hom. Daar is klaar die tekens van die soet heuningdruppels wat Michael gewoontlik prikkel. Met bewende hande neem hy Andrew se eiers in sy palm en met sy tong begin hy die druppels lek. Andrew is heel in vervoering, maar vir 'n oomblik kan Michael sien dat hy in totale beheer van die situasie is. Hy weet skielik dat die hele aand vooraf beplan is en dat hy maar net moet saamspeel en doen wat van hom verwag word. Die gedagte aan onderdanigheid, dryf Michael verder, en hy druk die aanloklike stuk vlees voor sy gesig met mening in sy mond. So diep as wat hy kan. Met n tong wat van ervaring getuig, begin hy Andrew te streel en te dryf tot op nuwe hoogtes.

Hy beweeg sy kop vorentoe en agter toe met ritmiese passie en hy kan aan die verdikking in sy keel voel Andrew baie naby is. Dit spoor hom net verder aan en hy begin Andrew se tepels tussen sy vingers rol. Andrew uiter n kreet van oorgawe en meteens word Michael se mond gevul met die dik vloeistof van manlikheid. Vir amper 'n minuut hou dit aan, tesame met die elektrisiteit wat tussen hulle deur beweeg in die laaste spastiese stuiptrekkings van genot. Andrew val uitgeput, maar tevrede, agtertoe op die bed en bly net so lê. Sy manlikheid net so effens verslap maar reg vir nog n sarsie. Michael hou ligaam fyn dop en bewonder elke spier en ligaamsdeel. Hy kan nie glo dat hy nou net dit reg gekry om so n verruklike man tot oorgawe te dwing nie….. of het hy?….

Michael staan stadig op en kyk na Andrew wat op die bed lê met ‘n salige uitdrukking op sy gesig. Andrew is nog steeds reg vir meer! Hy klim op die bed en gaan sit voor Andrew. Met behendige hande neem hy Andrew se manlikheid in sy hand en bring dit in kontak met sy liefdes opening. Andrew se oë flikker oop en hy kyk met volgehoue afwagting na Michael. Terwyl hy stadig afsak, buig hy vooroor en soen Andrew met oorgawe. Hy voel hoe Andrew binne in hom begin beweeg. Eers stadig met n magiese ritme wat Michael tot duiselwekkende hoogtes meevoer met elke sentimeter van Andrew wat dieper in hom wegsak, en dan al hoe vinniger, hoe meer Andrew se gevoeligheid geprikkel word met die nuwe ondervinding. Buite kom die son al op en veraf is die groep van mossies skaars hoorbaar, maar steed kom die einde nie. Michael is uitasem en elke spiervesel en senuwee punt tintel van opwinding.

“Ag Here! Dis vokken wonderlik!! Pomp my….pomp my fokken hard” Michael voel of hy die woorde kan uitgil. Die volgende oomblik is dit daar vir hul albei. Die omblik is amper te groot om dit te beskryf. Met totale oorgawe kom hul albei terselfdertyd. Andew wil lag en huil terselfdertyd. Nooit het hy so volkome vervuld gevoel nie.

 

 

 

“Hoekom droom jy so!!”

Andrew kyk met 'n ruk op en vas in die oë van Wayne, sy mede DJ wat hom om middernag kom aflos.
“Ag nee dis sommer niks nie man! Moenie vergeet om daai song van Faithless weer te speel nie, die mense is gek daarna… en ook die nuwe Bump CD.”
“Oukei skatlam, ek sal dit spesiaal vir jou speel, my ou priscillatjie!…”
“Gmf!! Ek is nie jou priscillatjie nie! Jou lover fok jou op as hy jou so hoor praat!!”
“Hmmm ….en ek sal dit nie geniet nie!”
“Wayne, ek moet waai. Sê my gou , wie’s daai nuwe nommertjie saam met prampusher??”
“Ek weet nie jong, maar hy is nice nè?! Kom glo iewers van n plaas af. Maar jy ken mos ou prampusher,…. Hou sy kaarte styf teen sy bors. Hulle was nou net daar by die deur. Die outjie wil huis toe gaan. Jy beter gou maak as as jy van nader af wil kyk, hulle gesels nog met ou Marsha by die deur.”
“Ag nee wat, ek vra sommer….” En met die is Andrew by die DJ box uit.

Hy loop egter na die deur en is liggies teleurgesteld toe hy net vir Marsha by die deur sien sit.

“Hi lover … bring jy vir my 'n dora of kom kuier jy..?”
“Hi Marsha, nee ek kom skep net bietjie vars lug. Hoe is dinge by die deur vanaand?”
“Dit kan altyd beter Angel, maar ou Edwina sal seker darem ons almal kan betaal en nog rentboys vir die week ook bekostig!”

Andrew glimlag as hy aan die club eienaar dink. Potsierlike mannetjie, wat almal besig hou en rondhardloop. Maar as die klub toe is, hou hy van sy rent pieces. “Hulle moet net kom, en dan moet hulle gaan darling!” is een van sy bekende gesegdes. Ten spyte van sy vroulike geaardheid, regeer hy die klub se werknemers met ‘n yster hand.

Met n sjarmante houding swig al wat leef en beef voor hom en word hul oenskynlik bekoor deur sy gevatte sê- goed. Met die kom Edwin ook by die deur aan.

“Andrew!! Darling!! Ons moet praat!! Het jy daai lyf saam met prampucher gesien?! Stunning!! En so cultivated!! Hy kom iewers van die plaas af in die Suid Kaap, maar bly nou hier saam met familie, besig om 'n werk te soek. Ek kan hom altyd iets aanbied, maar hy lyk my te prissy vir woorde!!! Ek sê netnou vir die bar manne dat die outjie netsowel in n boek of iets kon gewees het, en nou kom besoek hy Edwina se Klub!! Wys ten minste hy het smaak! En ek sien so onderlangs….he’s got what it takes!!”
Andrew kry amper nie n woord in soos Edwin voort babbel nie. Hy kry dit egter reg om nie belangsteling te toon nie. In hierdie plek is dit egter beter om so te reageer, anders is jy nou deel van bakleiery of modder gooiery. Daarvoor sien hy nie kans nie, en bo en behalwe dit, wil hy nie enige toekomstige planne wat hy het met die vreemdeling het beduiwel nie. Marsha het egter intussen belangstellend nader gekom.
”Marsha darling! Don’t you even think of touching him!! The club owner always has first option. Anyway, ek dink nie hy sal vir n drag queen gaan nie, skat!!”
“Fuck you Edwina!”
“No thank you dear, I’m too busy and upper class for you, and besides, didn’t you cut your dick off!!”

Met die woorde giggel Edwin en is hy weer uit by die deur voor Marsha iets kon sê.
“Jy weet, daai donerse Edwin!! Ek’s nie een van sy rentpieces nie!”

Andrew lag net en stap weer terug in die klub in. Liewer nie nou n ding begin wat kon gebly het nie. Hy het al gesien hoe Marsha met ‘n hoë hak skoen, ‘n ou takel laat jy net bloed sien spat. Hy sal maar ‘n drankie drink en daar is darem nog tyd om die mense uit te kyk voor hy moet huis toe gaan.

Hy gaan sit by die kroeg en bestel n whiskey met limonade. Terwyl hy dit stadig drink, kyk hy na die mense op die dansvloer. Dit tref hom hoe doelloos almal iets najaag wat mens nie kan plaas nie. Weliswaar gaan dit uiteindelik seker oor geluk, maar wat hy voor hom sien, is n klompie mense wat optree soos muise in ‘n doolhoof, voortdurend op soek na antwoorde in seks en dwelms en pervesiteit. Perversiteit! Iets waarvan hy ook kan getuig. Hoe sit hy dan hier en oordeel, en dit terwyl hy die helfte van die mans voor hom gehad het! Nee wat dis tyd om huis toe te gaan. As sy gedagtes eers so met hom op loop gaan, moet hy pen en papier kry.

Na Hoofstuk 2....