BRUIDEGOM
Ek (naam) aanvaar jou (naam) as ‘n kosbare gawe van God. Ek sal jou liefhê en een met jou wees soos Jesus en die Vader een is, sodat die eenheid van ons huwelik God mag verheerlik en ander na Hom toe trek. Ek aanvaar die verantwoordelikheid as hoof van ons huis, net soos Christus die Hoof is van die gemeente en Homself daarvoor gegee het. Ek sal my altyd beywer vir vrede in ons huwelik. Ek sal simpatiek, beleefd en teer teenoor jou wees en aan jou getrou bly. Ek sal jou seën en vir jou bid en die blydskap van die Here bewaar en nooit kwaad met kwaad vergeld nie. Ek sal sorg dat die son nooit oor ons toorn ondergaan nie. Ek sal altyd in waarheid en met liefde met jou praat. Ek sal aan jou getrou bly en jou nooit verlaat nie, solank as wat ons leef. Volgens God se Woord sal ons Goddelike gesondheid, vrede en voorspoed geniet en in harmonie met mekaar saamleef.
EK GEE JOU HIERMEE MY WOORD VAN TROU EN NEEM JOU AS MY WETTIGE VROU.
BRUID
Ek (naam) aanvaar jou (naam) as ‘n kosbare gawe van God. Ek sal jou liefhê en een met jou wees soos Jesus en die Vader, sodat die eenheid van ons huwelik God mag verheerlik en ander na Hom toe trek. Ek sal aan jou onderdanig wees en myself aan jou gee. Ek sal jou altyd respekteer beskerm en eerbiedig. Ek sal jou liefhê en by jou staan. Ek sal sorg dat die son nooit oor ons toorn ondergaaan nie en sal my beywer vir ‘n verhouding van vrede met God en met jou. Ek kies vandag om jou te volg en jou te erken as hoof van ons huis. Ek sal altyd die waarheid teenoor jou spreek en aan jou getrou bly en jou nooit verlaat nie, solank ons leef. Volgens God se Woord sal ons Goddelike gesondheid, vrede en voorspoed geniet en in harmonie met mekaar saamleef.
EK GEE JOU HIERMEE MY WOORD VAN TROU EN NEEM JOU AS MY WETTIGE MAN.
Ek versoek die persone teenwoordig om te getuig dat ek (naam) jou (naam) neem as my my wettige man/vrou om te deel in ‘n verhouding van liefde, teerheid en geluk. Ek sal by jou staan deur al ons môres, jou respekteer as persoon, jou individualiteit, behoeftes en veranderings. Ek kies om aan jou getrou te bly en geen losmaking te soek nie, totdat die dood ons skei en jou liefde te geniet vir solank ons leef.