Armoria civica
http://uk.oocities.com/muurkroon

DE AAR
Provinsie/staat: Noord-Kaap (vroer Kaapprovinsie/Kaap Colonie).
Afdeling: De Aar.
Toevoegings: Burgerville (1936).
Ingelyf: in Emthajeni Munisipaliteit, deel van die Distriksmunisipaliteit Karoo.

De Aar

Die wapen mag so geblasoeneer word:

Wapen: In blou, 地 silwer paal; op 地 rooi skildhoof 地 aansiende ramkop tussen twee spekige spoorwegwiele van goud.

Helmteken: Op 地 wrong van silwer en blou, 地 paar watersakke van blou waarbo 地 fontein.

Leuse: Semper progressus.

Oor die wapen:
Amper elke deel van hierdie wapen dui op die dorp se belangrikheid as spoorwegaansluiting, en na die water aldaar wat vir die werking van stoomspoorwe onontbeerlik was.

Die silwer paal is blykbaar 地 verwysing na beide die spoorlyn, wat Kaapstad en Gauteng koppel, en die beweerde ondergrondse rivier wat sy naam aan die dorp gegee het.

Die wiele is duidelik spoorwegwiele, tipies van di wat op beide passassiers- en goederewaens van die Cape Government Railways (Kaapse Regeringspoorwe) gebruik is.

Die ramkop is di van 地 merinoskaap, en verteenwoordig die wol- en skaapvleisproduksie wat die kern vorm van die distrik se boerdery tewens, dit is tipies van die meeste van die Groot Karoo. Kyk hier vir 地 bespreking hiervan.

Die watersakke (地 wapenfiguur wat afgelei is van die juk waarop twee leer-watersakke gedra is) en die fontein (地 koek belaai met golwende strepe van silwer en blou, die konvensionele simbool vir 地 waterbron) in die helmteken dui altwee op water. Die watersakke dui miskien op die water wat uit Burgerville verkry is, of op die noodsaaklikheid om water op treine te dra, beide vir stoomopwekking en om die dors van passasiers in die Karoo[1] te les.

Oor die dorp:
Die naam De Aar is gegee aan 地 eiendom wat aanvanklik in September 1837 opgemeet is, en wat in 1839 onderverdeel is. Die onderverdeling, wat deur Jan Gabril Vermeulen gekoop is, kry sy naam van 地 sterk standhoudende fontein aldaar.

Opmetings wat in 1881 uitgevoer is, het hierdie stuk grond gedentifiseer as gepas vir die prim靡e aansluiting vir binnelandse spoorwe in die sisteem van die Cape Government Railways.

Dit is aanvanklik Brounger Junction genoem, ter ere van William George Brounger, hoofingineur van die CGR en die hoofargitek van die sisteem se groei vanaf sy aankoms in Kaapstad op 31 Oktober 1857 tot sy aftrede.

Die trajek vanaf Beaufort-Wes, wat gemik is op 地 verbintenis tussen Kaapstad, Port Elizabeth en Oos-Londen met Kimberley, het in November 1883 De Aar bereik, en is slegs 地 maand later tot by die Oranjerivier deurgedruk. (Op die rivieroewer was daar 地 oponthoud totdat 地 brug gebou is.) Die spoorseksie tussen Beaufort-Wes en De Aar is 259 km lank.

Teenkanting aan die kant van Karooboere en politici was te sterk, en die naam Brounger Junction het nie lank geduur nie. Vir die meeste van die afgelope 120 jaar lees die naam op die stasieplatforms DE AAR.

Dit is jammer om te s dat die dorp geen monument het vir Brounger nie. Sy betrokkenheid by die kolonie se spoorwe het begin met die aanvanklike opmeting waarop die bou van die Kaapstad-Wellington spoorweg (werk in 1858 aangevang; spoorlyn 1861 geopen) gebaseer is.

Toe die spoor-stormloop na Kimberley in 1871 die eerste maal voorgestel is, is Brounger in beheer geplaas van die trajekte vanaf die drie hawestede (van hierdie oomblik af Cape Western, Cape Midlands en Cape Eastern genoem),[2] hul omskepping vanaf die bre maat van 4vt 8スdm tot die standaard (sedertdien) van 3vt 6dm (1 065 mm, wat voortaan die 鼎ape gauge genoem is), en hulle uitbreiding na die binneland.

Die Cape Midlands-trajek wat Port Elizabeth met Alicedale,[3] Cookhouse, Cradock, Middelburgweg en Colesberg gekoppel het, is in 1883 voltooi, en in dieselfde jaar is daar begin met 地 trajek tussen Naauwpoort(tans Noupoort), 60km suid van Colesberg, na De Aar; dit was 31 Maart 1884 vir openbare verkeer geopen.

Kort voor lank is Oos-Londen ook met De Aar verbind deur middel van 地 trajek wat die Cape Eastern en Cape Midlands-sisteme verbind het, tussen Stormberg, noord van Queenstown, en Middelburgweg (wat later Rosmead genoem is).

In 1880 is Brounger in bevel geplaas van die Cape Western-sisteem, toe 地 algemene bestuurder vir die drie sisteme aangestel is.

De Aar is 806 km (501 myl) van Kaapstad af en 801 km (498 myl) van Pretoria. Dit is nie net die sentrale punt vir die spoorlyne vanaf die drie Kaapse hawestede nie, maar is n die Eerste W靡eldoorlog ook met Suidwes-Afrika gekoppel.

In 1902 het die broers Isaac en Wolf Friedlander, wat 地 winkel en 地 hotel aan die stasie besit het, die plaas De Aar vir 」11 000 gekoop en dit laat onderverdeel. Hulle het grond vir kerke, 地 stadsaal en sportvelde voorsien. Residensile en kommersile erwe is Desembermaand daardie jaar opgeveil, en 20 Mei 1904 is die dorp tot munisipaliteit verklaar.

Die skrywer Olive Schreiner het tussen 1907 en 13 op De Aar gebly toe haar man, Samuel Cron Cronwright-Schreiner, stadsklerk en markmeester was.

Ten spyte van die standhoudende fontein wat die dorp sy naam gegee het, het De Aar tot in 1936 地 onvoldoende watervoorraad gehad. In daardie jaar het die munisipaliteit die dorpie Burgerville, 34 km weg, gekoop. D矣r was voldoende ondergrondse water.

Vier fonteine en 10 boorgate op Burgerville voorsien 63 megaliter per maand, terwyl 地 verdere 72 Ml per maand uit sewe boorgate op aangrensende plase verkry word.

In die 1970s is 地 watervoorraad verkry wat meer as genoegsaam was met die koms van die Oranjerivier-projek.

Die dorp is die setel van 地 Rooms-Katolieke biskop.

地 Tweetalige weekblad, die De Aar Echo, is in 1918 gestig.

Behalwe skaapboerdery, veral stoetteling, staan die distrik De Aar ook bekend vir die teel van saalperde.

Die plaas Damfontein, wat in die distrik gele is, is bekend vir sy Boesmanskilderye.



[1] Die woord Karoo, wat uit die Khoikhoi-taal afkomstig is, beteken 電roog. Die Groot Karoo dek 地 groot deel van die binneland van die eermalige Kaapprovinsie/Kaapkolonie, veral die meer oostelike dele van Noord-Kaap wat suid l van die Oranjerivier.

[2] N Uniewording is die Afrikaanse benamings Wes-Kaap, Kaapse Middellande en Oos-Kaap vir hierdie spoorwegsisteme gebruik, maar in die koloniale tyd is slegs Engels gebruik.

[3] Die aansluiting vir Grahamstad.


Counter

Terug na bo

For English, click here

  • Bronne: Illustrasie van wapen met vergunning van International Civic Arms. Aaantekeninge geskryf uit Early Railways at the Cape, deur Jose Burman (Human & Rousseau) en die Standard Encyclop訶ia of Southern Africa (Nasou).


    Terug na indeks van munisipaliteite voor 2000

    Terug na Armoria civica-indeks

    Terug na Armoria-indeks


    Opmerkings, navrae: Mike Oettle

  • 1