Armoria patri
http://www.oocities.com/haigariep

Colonie Kaap de Goede Hoop (gewoonlik Kaap Colonie genoem)

Cape of Good Hope Colony

helmteken Hoop / fleur-de-lis / leuse Spes Bona / Kaapse driehoeksel / sterte van skildhouers / Oostelike Provinsie / Groot Trek / British Kaffraria


Kaap Colonie

Wapen 29 Mei 1876 deur Koninklike Akte verleen, en 28 Junie daardie jaar deur Garter King of Arms aan die College of Arms aangeteken. Die volle teks en n illustrasie is in September 1876 in die kolonie se Government Gazette gepubliseer. Die blasoen lui (volgens my vertaling):

Wapen: In rooi, n klimmende leeu tussen drie ringe, alles van goud; op n silwer skildhoof drie koeke van blou met op elkeen n fleur-de-lis van goud, vir die Helmteken op n wrong van goud en rooi die figuur van Hoop in haar natuurlike kleure, blou geklee, wat haar regterhand op n rots rus en met die linkerhand n swart anker stut, die anker met n kabel in natuurlike kleure omwend, en vir Skildhouers aan die regterkant n swart wildebees en aan die linkerkant n gemsbok, altwee in hulle natuurlike kleure, tesame met die leuse SPES BONA.

Wapen verduidelik:
Die sentrale wapenfiguur van n leeu is om verskeie redes gepas. Ten eerste is die leeu (Leo leo) inheems in Suid-Afrika trouens, n subspesie, die Kaapse leeu (Leo leo capensis), was in die kolonie endemies totdat die laaste een in 1842 doodgeskiet is (die laaste leeu in die Kaapkolonie, wat naby Colesberg geskiet is).

Leeus verskyn ook in die wapens van Engeland en Skotland (kyk Groot-Brittanje), die Prinsdom Wallis (kyk die wapen van prins Charles), die Koninkrijk der Nederlanden en verskeie van die Nederlandse provinsies.[1] Hierdie leeu staan soos die leeus van beide Skotland en Nederland, en het die kleuring van die leeus van Engeland. Setlaars aan die Kaap was uit al hierdie lande afkomstig.

Die ringe is ontleen aan die familiewapen (in rooi, drie ringe van goud, 2 en 1) van Jan van Riebeeck, stigter van die Nederlandse nedersetting van 1652 wat gegroei het om die Kaapkolonie te word. Die ringe word ook in die wapen van Kaapstad gevind.

Die fleurs-de-lis[2] (di word ook lelies genoem) kom uit die wapen van die konings van Frankryk, en simboliseer die Franse Hugenoot-vlugtelinge wat hulle aan die Kaap gevestig het, veral di wat deur n gesubsidieerde nedersettingskema vanaf 1688 aangekom het. Die heraldiese rel wat kleur langs kleur verbied het (volgens die 19de-eeuse heroute) dit onrelmatig gemaak dat die gehele skildhoof die blou kleur van die Franse koningswapen kon h (aangesien die veld rooi is), dus is die koeke aangewend sodat die goue fleurs-de-lis n blou agtergrond kon h.

Toe die Kanadese provinsie Quebec in 1868 n wapen in gebruik geneem het, het n soortgelyke probleem opgeduik omdat die (twee) fleurs-de-lis in die skildhoof reg bokant n rooi dwarsbalk gel het waarop n Engelse leeu gestap het. Die oplossing wat die heroute van die College of Arms gevind het, was om die kleure van Frankryk om te keer, sodat die fleurs-de-lis blou was op n goue veld (die skildvoet was ook van goud). Die Quebecois het egter teen hierdie kleuring beswaar gemaak en het in 1938 die heroute omgepraat om die skildhoof blou te laat wees (met drie goue fleurs-de-lis) langs die rooi dwarsbalk. Daardeur is die wapen verander van n rooi dwarsbalk op n goue skildveld tot n veld wat in drie deursny is, sodat die veldkleure (van bo na onder) dan blou, rooi en goud was. Hierdie oplossing is egter ng deur die Kaapkolonie ng deur sy opvolger, die Kaapprovinsie, gesoek nie.
sel van die Groote Kerk

Die helmteken is ontleen aan die sel (nie altyd n heraldiese devies nie) van Groote Kerk in Kaapstad, die oudste gemeente in die land van die Nederduitsche Gereformeerde Kerk in die vroe jare van die die Kaapkolonie, die enigste kerk van enige aard. Daar is verskeie voorbeelde van hierdie sel die een hier aangetoon dateer uit die 17de eeu. Almal toon die allegoriese figuur van Hoop, as maagd voorgestel, en sy hou n anker vas. In hierdie weergawe (waar sy binne n skild verskyn) het sy ook n vredesduif op haar hand en die bewoording De Hoop en beschaamt niet. In latere (onheraldiese) voorbeelde staan sy op die wal van Tafelbaai n parallel met die amptelike sel van die kolonie tussen 1827 en 76, wat n beeld is van Tafelberg met skepe in die baai. Hierdie tema het behoue gebly in die sinodale sel van die Nederduitse Gereformeerde Kerk van Kaapprovinsie.
J C Lotter se silwer-merk (18de eeu)

Die Nederlanders het die naam van hul nedersetting by die Portugese oorgeneem (alhoewel die Portugese nooit aan die Kaap enige nedersetting gehad het nie, en vir Tafelbaai Bahia de Saldanha genoem het). Die Nederlandse naam vir die nedersetting was lank Cabo of Caab (kyk onder vir die naamgewing van die Kaap die Goeie Hoop), maar het tot die simboliek bygevoeg deur die gebruik van die allegoriese maagd, een van die drie susters wat in Renaissance-kuns gewild was en die tradisionele deugde van geloof, hoop en liefde voorgestel het. Die maagd het altyd n anker vasgehou, as simbool vir geloof. Die simbool is nie net deur die Groote Kerk gebruik nie, maar is algemeen beskou as die simbool van die kolonie. n Maagd met n anker is gebruik as waarmerk vir Kaapse silwer. As maagd, is sy ook maklik verwar met die Maagd, Maria, moeder van Christus.
Kaapse Driehoeksel

Hierdie maagdelike figuur was die inspirasie vir die kunswerk van Charles Davidson Bell, Landmeter-Generaal van die Kaap, toe hy die kolonie se eerste possel, die bekende Kaapse Driehoek, wat 1 September 1853 die eerste maal uitgegee is. Dit was die wreld se heel eerste driehoeksel, en die eerste posseluitgifte deur enige land op die vasteland van Afrika. Bell se kunsvaardigheid in die gebruik van die driehoekige ruimte het daarop uitgedraai dat Hoop op n rots gesit het, en hierna was die rots n onafskeidbare deel van die beeld. Sels van hierdie ontwerp was 11 jaar lank in gebruik, waarna dit vervang is met ander ontwerpe wat ook die figuur van Hoop getoon het. Die een hier aangetoon is amper dieselfde as di van 1864, maar is in 71 uitgegee. Variasies op hierdie tema het tot in 1902 voortgegaan, toe die kop van Koning Edward VII die figuur van Hoop vervang het.
possel met Hoop staande possel met Hoop sittend

Die helmteken behou die rots, maar toon n staande Hoop. n Godsdienstige aspek word egter behou (ofskoon in verborge vorm), aangesien die rots en die anker in religieuse simboliek altwee Christus voorstel. (Dit is interessant om daarop te let, tog geheel en al sonder verbintenis met die NG Kerk, dat die Rooms-Katolieke Kerk die Maagd Maria tot beskermheilige van Suid-Afrika verklaar het.)

Die regter skildhouer is n swartwildebees (Connochtes gnou). Hierdie diersoort was eers volop in die Kaapkolonie, maar het in die 20ste eeu na aan uitwissing gekom en is sedertdien deur die optrede van Suid-Afrikaanse bewaringsgesindes hervestig. Hierdie dier verskyn ook in die wapen van Natal.

Die linker skildhouer is n gemsbok (Oryx gazella gazella). Hierdie woestynbok is n ras of subspesie van die dier wat ook as Arabiese oryx (Oryx gazella leucoryx), kromswaard-horing oryx (Oryx gazella dammah) of beisa (Oryx gazella beisa) bekend staan. Die gemsbok is die Suider-Afrikaanse soort, en word steeds in die noordwestelike en noordelike dele van die eermalige Kaapkolonie gevind.

Altwee bokke is met hulle sterte in die afwaartse of lafhartige posisie aangetoon. In werklikheid is dit nie soos Kaapse prokureur Charles Aken Fairbridge die wapen oorspronklik ontwerp het nie. Volgens heraldiese tradisie het hy die sterte na bo geteken.

P R Coates skryf (my vertaling): Die publiek aan die Kaap was egter goed bewus dat sulke diere slegs hulle sterte in sekere spesifieke omstandighede boontoe gekrul het. Koloniale sedes het in die gedrang gekom, en n variant van die wapen met sterte was kuis afhang is stilletjies in gebruik geneem.

Hy gaan voort: Dit is verbasend dat altwee hierdie weergawes van die Kaap se wapen voorts gebruik is, blykbaar afhangend van die barometer van openbare gevoel van tyd tot tyd. Die begrotings vanaf 1894 tot 1903 het die sterte afgehad, maar van 1904 tot 1907 was die sterte op; die Statute van die Kaap de Goede Hoop was vir volumes 1 en 2 stert-af, stert-op vir volume 3, die Provinsiale Ordonnansies 1945 tot 1951 was stert-af, maar 1963 tot 1986 stert-op; die Amptelike Koerant was vanaf 1928 stert-af, maar vanaf 1952 totdat dit 26 Augustus 1994 die laaste maal verskyn het, stert-op.

Die verandering in die tweede helfte van die 20ste eeu was grotendeels te danke aan die vars tekening wat vir die Kaapprovinsie voorberei is.

Coates let daarop dat die skildhouers in die wapen van die Provinsie Wes-Kaap altwee die sterte omhoog het.

Die Latynse leuse, Spes Bona, herinner aan die eerste naamgewing van die Kaap die Goeie Hoop in 1488 (kyk Wes-Kaap vir besonderhede van die afleiding).

Agtergrond van wapen:
C A Fairbridge is versoek om n devies te ontwerp wat paslik sou wees vir gebruik tydens die hoeksteenlegging van die kolonie se nuwe Parlementshuis (in n deel van die VOC se Tuin in Kaapstad) wat 12 Mei 1875 sou plaasvind.

Die doel was dat die wapen aan die wapperkant van die (Britse) Blou Vaandel geplaas sou word, om as die vlag van die kolonie te dien, eerder as Britse vlag. Hierdie doel was volgens die Britse Parlement se Merchant Shipping (Colours) Act van 1864 en die Colonial Defence Act van 1865, wat daarvoor voorsiening gemaak het dat koloniale skepe kenmerkende weergawes van die Rooi of die Blou Vaandel kon hys, met die sel of wapen van die Kolonie aan die wapperkant (my vertaling). n Vlag van hierdie soort was reeds sedert 1868 in Kanada in gebruik.

Die Goewerneur van die Kaap, sir Henry Barkly, was egter onwillig om wysigings aan die Union Jack en sy verwante vlae toe te laat. Hy het sy leiding geneem vanuit n omsendbrief gedateer 23 Februarie 1875 vanaf die Sekretaris vir die Kolonies, lord Carnarvon, wat daarop gewys het dat variasies aan die Union Jack met koloniale wapens in die middel alleenlik vir die gebruik van koloniale goewerneurs was, en dan slegs wanneer hulle aan boord van n skip was. Hy was ongewillig om sy toestemming te gee vir die gebruik van die vlag f die Union Jack f die Blou Vaandel vir enige ander doel.

Gelukkig vir die organiseerders van die hoeksteenlegging het sir Henry n toegewing gemaak nadat verto aan hom gerig is, en hy het wel die gebruik van vlae n Union Jack sowel as n Blou Vaandel waarop die koloniale wapen verskyn het, toegelaat, n volle jaar voordat die wapen amptelik verleen sou word.

Een variasie op hierdie wapen is tydens die leeftyd van die Kaapkolonie na vore gebring. Dit was in die Groot Sel van koning Edward VII (op die troon 1901-1910), waarin die helmteken vervang is met n Keiserlike Staatskroon met sonstraaltjies. Die verandering kan verduidelik word na aanleiding van die gebruik wat soms op die Britse koningswapen toegepas word, wat in verkorte vorm met n kroon in plaas van n helmteken mag verskyn. Hierdie weergawe het na die koning se oorlye op 6 Mei 1910 verdwyn, en het geen verdere rol in die geskiedenis van die wapen gespeel nie.

Taalgebruik:
Bo aan hierdie bladsy verskyn die kolonie se naam in beide Nederlands en Engels. Dit is nie omdat die twee tale gelyke status gehad het nie, want tydens die jare van Britse heerskappy, en veral nadat die Kongres van Wenen in 1814 (met die instemming van die pas gestigte Koninkrijk der Nederlanden) besluit het dat die Britse besitting van die Kaap permanent sou wees, was Engels die enigste taal van die geregshowe en die administrasie.

Waar Nederlands egter gebruik is, het dit n vorm van amptelike status behou. Dit was die hooftaal van die NG Kerk (waar Afrikaans nie gebruik is nie, maar Engels by tye wel gehoor is), wat saam met die Anglikaanse kerk tot in 1875 die status van Staatskerk gedeel het, en dit is in privaat onderwys gebruik, maar nie openbare onderwys nie.

Van meer belang was dat Nederlandies-sprekende koloniste in die Kaapse Parlement aanspraak gemaak het op die reg om Nederlands te praat nadat verantwoordelike regering in 1872 verleen is. In 1882 het Onze Jan Hofmeyr die reg verkry vir die gebruik van Nederlands in die Parlement. In 1883 het kennis van Nederlands vir n sekere klas staatsamptenaar verpligtend geword, in 84 is dit in die hor howe toegelaat. In 1887 het dit it n verpligte vak geword vir voornemende staatsamptenare maar terwyl Nederlands toegelaat is, is dit not enforced with any degree of conviction.[3]

Koloniale geskiedenis:
Die kolonie aan die Kaap die Goeie Hoop is deur die Vereenigde Oostindische Compagnie gestig. Dit het in 1651 skeepsdokter Johan van Riebeeck as Kommandeur gestuur van wat bedoel is om niks meer as n verversingstasie te wees nie. Sy geselskap het 5 April 1652 in Tafelbaai (kyk Kaapstad) aangekom en het die volgende dag geland.

Vroe bedoelings om die grootte van die nedersetting aan bande te l is deur verskeie faktore verydel, en toe Groot-Brittanje in 1795 n ekspedisie gestuur het om die kolonie namens Willem V, prins van Oranje, in te neem om te verhoed dat die strategiese besit deur rewolusionre Frankryk ingepalm kon word het dit reeds vanaf die Kaapse Skiereiland gestrek tot n omstrede grens oos van Algoabaai (wat na enkele skermutselings op die Visrivier vasgestel is) en noordwaarts tot die (normaalweg dro) Buffelsrivier, net suid van die Koperberge van Namakwaland.

Vir n kort drie-jaar tydperk vanaf 1803 was die Kaap weer Hollands, onder die regering van die Bataafse Republiek, as gevolg van die Vrede van Amiens. Brittanje het in 1806 die kolonie teruggevat.

In 1814, met die toestemming van Willem VI, prins van Oranje (hy is die daaropvolgende jaar tot koning van Nederland verhef), het die Kongres van Wene vir Brittanje toegelaat om die Kaap permanent te behou.

Die oostelike dele van Kaapkolonie het twee periodes van relatiewe skeiding van die res van die kolonie geniet, altwee onder dieselfde man, Andries Stockenstrm.

Stockenstrm, wat etlike jare as landdros van Graaff-Reinet gedien het (en die seun was van die Sweedse immigrant Anders Stockenstrm, in sy tyd ook landdros van Graaff-Reinet) is in 1828 aangestel, n die afskaffing die vorige jaar van die amp van landdros, as Kommissaris-Generaal van die Oostelike Distrikte (Eastern Districts). Hierdie titel het hom bemagtig om met inheemse heersers anderkant die kolonie se grense te onderhandel.

Hy het in 1833 bedank, en het die die kolonie vir Europa verlaat. Maar in Februarie 1836 is hy Luitenant-Goewerneur van die Oostelike Provinsie (Eastern Province) van Kaapkolonie aangestel (n gebied wat dieselfde distrikte gedek het waaroor hy voorheen gesag gehad het).

(Een ander man is werklik aangestel as luitenant-goewerneur van die Oostelike Provinsie: dit was generaal-majoor Richard Bourke, wie in 1826 in die kolonie aangekom het. Hy het egter nie in die oostelike distrikte gaan woon nie; die vertrek van goewerneur lord Charles Somerset slegs n maand na Bourke se aankoms het beteken dat hy beheer moes oorneem van die hele kolonie en het in Kaapstad aangebly.)

Tien jaar na sy afdanking in Augustus 1839 is hy met n baronetskap vir sy dienste beloon.

Terwyl die sogenaamde Oostelike Provinsie nie weer van die westelike deel van die kolonie geskei is nie, was sy kort termyn van skeiding die inspirasie van n separatiste-beweging in die oostelike distrikte wat etlike dekades lank geduur het maar uiteindelik geen vrug opgelewer het nie. Die streek is vandag die westelike helfte van die Provinsie Oos-Kaap.

Die name Oostelike Provinsie en Westelike Provinsie het tog in die volksmond gewild gebly, veral in die name van die sportverenigings wat respektiewelik in Port Elizabeth en Kaapstad gebaseer is, asook die militre kommandemente in daardie stede.

In 1835 en 36 het wrywinge tussen die Boer-bevolking aan die oosgrens en die Britse owerhede tot op n punt gekom, en duisende Boere het die kolonie verlaat om deel te neem aan wat sedertdien die Groot Trek genoem is. Aanvanklik het hulle almal na Thaba Nchu, in wat die Oranje Vrij Staat sou word, gereis. Etlikes onder hulle het die Drakensberge oorgesteek tot waar die Republiek Natalia tot stand gekom het, voordat Brittanje daardie staat in 1842 as die Colony of Natal geannekseer het. Ander het verder noord getrek na wat die Zuid Afrikaansche Republiek sou word. Geen globale syfer word vir die emigrante gegee nie, maar dit word geskat dat daar teen die vroe 1850s 15 000 Boer-inwoners was in die Oranje Vrij Staat en 20 000 in die ZAR.

In 1830 het die kolonie met die aankondiging van die distrik Colesberg tot aan die Oranjerivier (Garieprivier) gestrek, en tydelik is die grens ook na die Keirivier uitgebrei. In 1847 het die (noordoewer van die) Oranjerivier tot aan die see die grens geword, en in 48 het die aparte kolonie British Kaffraria (tussen die Vis- en Keirivier en sover as die Amatola- [Amathole]-berge noord van Stutterheim tot stand gekom. Hierdie kolonie is in 1866 tot die Kaapkolonie geannekseer. Verdere distrikte (die Transkeise gebied uitgesluit) is langs die bo-Oranje (Albert [Burgersdorp] was die eerste in 1848) en die Drakensberg bygevoeg tot in 1881.

Die Kaapkolonie 30 Junie 1853 sy eie Parlement gekry. Verantwoordelike regering het in Desember 1872 gevolg, toe John Molteno die kolonie se eerste Eerste Minister geword het.

In 1867 het die ontdekking van diamante langs die Oranjerivier gelei tot n stormloop sonder presedent van spekulators na n gebied noord van die rivier waarop verskeie instansies aanspraak gemaak het. Arbitrasie deur die Luitenant-Goewerneur van Natal, R W Keate, het die betwiste grond aan Griekwa-leier Nikolaas Waterboer toegeken. Hy het dadelik homself onder Britse beskerming geplaas. Sy gebied het in 1871 die kolonie Griekwaland-Wes geword, wat in 1880 tot die Kaapkolonie geannekseer is. (Vir meer oor die grondtwis, kyk hierdie bladsy.)

In 1878 is die Walvisbaai-gebied (1 124 km2) deur Brittanje geannekseer en in 1884 het dit deel van die Kaapkolonie geword. Dit het in 1892 n eiland in Duits-Suidwes-Afrika geword, maar het deel van Kaapland gebly.

In 1879 is Fingoland (waaronder die nedersettings van Butterworth en Idutywa) aan die Kaap geannekseer. Ook geannekseer was die gebied bekend as Griekwaland-Oos, wat die tuiste geword het van Griekwa onder Adam Kok III wat oor die Drakensberg vanuit die suidelike Oranje Vrij Staat getrek het.

In 1882 het Boer-vrybuiters die kortstondige republieke Stellaland en Goshen benoorde Griekwaland-Wes gestig, in stryd met die konvensies van Pretoria en Londen waardeur die Zuid Afrikaansche Republiek sy onafhanklikheid teruggekry het. n Britse ekspedisie onder sir Charles Warren het die volgende jaar die twee republieke beindig en al die gebied wes van Griekwaland-Wes en die ZAR, suid van die Molopo- en Nossobrivier en noord van die Oranjerivier as die kroonkolonie van British Bechuanaland geannekseer. Dit het in 1895 deel geword van die Kaapkolonie. (Kyk Provinsie Noord-Wes.)

Ook in 1884 het die Kaapkolonie en Natal gelyktydig die riviermonding van Port St Johns (Mzimvubu-rivier) geannekseer; Natal het later dit aan die Kaap toegegee. Ander Transkeise gebiede is in die daaropvolgende dekade geannekseer: Tembuland, Bomvanaland en Galekaland (tuistes van die abaThembu, amaBomvana en amaGcaleka, almal wes van die Mthatharivier) in 85, die Mount Ayliff-distrik in 86 en Pondoland (tuiste van die amaMpondo en die verwante amaMpondomise) in 94.

Gedurende 1909 het die Kaapkolonie deelgeneem aan wat die Nasionale Konvensie genoem is gesprekke met Natal, Transvaal en die Orange River Colony (met sitting van waarnemers vanuit Rhodesi) met die doel om f n federasie f n unie te vorm. Die gesprekke het uitgedraai op die passasie in die Britse Parlement van die South Africa Act (1909), wat die weg gebaan het vir die Unie van Zuid Afrika se totstandkoming op 31 Mei 1910. Die Kaapkolonie het nou die Kaapprovinsie geword.


[1] Vir nadere besonderhede oor die Britse koningswapen, kyk hierdie webbladsy.

[2] Vir die mees waarskynlike herleiding van die fleur-de-lis/lelie (in werklikheid die iris of flap), kyk hierdie webbladsy.

[3] Aangehaal uit The Afrikaners: Biography of a People, deur Hermann Giliomee (Tafelberg).


Counter

Terug na bo

For English, click here

  • Heraldiese bronne: National and Provincial Symbols of South Africa, deur F G Brownell (Chris van Rensburg Publikasies) en Lions and Virgins, deur Cor Pama (Human & Rousseau), asook aantekeninge van P R Coates uit die Kwartaallikse Bulletin (Quarterly Bulletin) van NLSA.

  • Skanderings van wapen en possels met vergunning van East Cape Weekend; skandering van Groote Kerk-sel deur Howard Lancaster.


    Terug na kolonies- en republieke-indeks

    Terug na Armoria patri-indeks

    Terug na Armoria-indeks


    Opmerkings, navrae: Mike Oettle

  • 1