Heiliges en Jaargetye
http://www.oocities.org/saintsnseasons

Martelaar van Masjonaland (Deel 2)

deur Mike Oettle

OM in die 19de-eeuse Masjonaland biskop te wees was geen grap nie. Nog die eerste biskop van Masjonaland, George Knight-Bruce,[1] nog Wil­liam Thomas Gaul, sy opvolger, sou lank in die land aanbly nie, want altwee was alte gou uitgeput deur harde werk en tropiese siekte, en altwee het sy aftrede met swak gesondheid uitgeleef voordat hy jonk graf toe is.

Aangesien Bernard Mizeki gebore is in ’n streek wat nie te ver lę van die land van die vaShona, was hy blykbaar immuun teenoor die siektes wat sulke skade onder die blanke geestelikes gerokken het. Maar hy was nietemin ’n lojale werker en het altwee biskoppe getrou gedien.

Soos in die vorige artikel aangedui, was hy onder die eerste wat gerespondeer het toe biskop Bishop Knight-Bruce Januariemaand 1891 in Kaapstad aangekom het, op soek vir vrywilligers vir pionier-sendingwerk. In Mei daardie selfde jaar het hy saam met die biskop sie reisgeselskap op Beira geland. Na ’n paar maande toe hy as biskop Knight-Bruce se persoonlike assistent en tolk gereis het, is hy in die Marandellas-distrik (tans Marondero-distrik) geplaas aan die kraal van Mungati, kaptein van die vaNhowe, wat aan sy titel bekend gestaan het, die Mangwendwe. Terwyl Bernard dikwels (te voet) na Salisbury (tans Harare) gereis het en selfs verder om hand by te gee, veral in die werk van die vertaal van die Skrif en die liturgie in seShona, sou dit sy tuiste wees.

Hier het hy op grond wat aan hom deur die kaptein toegewys is, vir hom ’n paar hutte gebou, en later het hy na ’n ander nabye perseel verskuif. Eers het hy vir hom meubels gemaak, maar later het hy dit verbrand en het doelbewus eenvoudig geleef nes die vaShona, om sodoende met die volk te identifiseer. Binnekort is hy deur die meeste van hulle gerespekteer – behalwe die toordokters, vir wie se bestaan hy ’n dreigement was, en vir opruiers soos Ma­ngwe­ndwe se seun Mchemwa. Hy het ook die geëerde vriend geword van twee blanke mans: die Staatsamptenaar Llewellyn Meredith en die leek-sendeling Douglas Pelly (wat in 1895 as diaken ingeseën is, en later tot priester). Albei het van Bernard geskryf as ’n man vir wie hulle liefgehad en gerespekteer het.

Seuns en jong mans, en later ook hul vroue, het met Bernard kom saamwoon en om van die evangelie te leer. Alhoewel die London Mis­sion­ary Society reeds 30 jaar lank in Masjonaland gearbei het, was die eerste Shona-bekeerling wat gedoop is, een van Bernard se jong mans, John Kapuya, wat 18 Julie 1896 gedoop is, presies ’n maand na Bernard se dood.

Bernard is toegelaat om te trou, maar het aanvanklik gekies om dit nie te doen nie, maar laat in 1895 is hy verloof aan ’n Nhowe-bekeerling, Mutwa, kleindogter van Mangwendwe, wie toe sy na Bernard se dood gedoop is, die naam Lily geneem het. Hulle is in Maart 1896 getroud, en na sy dood is aan hom ’n dogter gebore, vir wie sy Masiwa (vaderlose) genoem het, maar wie as Bernadina gedoop is.

In Junie 1896, tydens die Masjonalandse Rebellie, is al die sendingwerkers beveel om op Salisbury veiligheid te soek. Bernard, wat die opdragte van die afwesige biskop Gaul se gehad het om op sy pos te bly en om vir sy jong mans en swanger vrou te sorg, het verkies om langs Mangwendwe se opstal te bly, alhoewel hy van sy volgelinge na veilige plekke weggestuur het.

Die haatvolle Mchemwa het Bernard se dood beveel, en op die nag van 18 Junie is Bernard verraderlike van sy hut weggesleep, deurgesteek en vir ’n dooie gelos. Kort daarna het Mutwa hom daar naby gevind, gewond maar steeds lewendig, en hy het haar aangesę om te vlug. Sy het vir hom kos en komberse gaan haal – en toe sien sy ’n briljante wit lig, wat ander ook gesien het, wat dwarsoor die heuwel waar hy gelę het, geskyn het, en ’n geraas soos “soos vele vlerke van groot voëls”.

Sy het hom nooit weer gesien nie. Dit is baie jare later eers uitgevind dat Mchemwa vir hom finaal gedood het en sy lyk versteek. Hy het ook die vernietiging van die sending-nedersetting beveel, sodat al wat oorgebly het, ’n groep moddervloere was.

Alhoewel vir ’n tyd lank enige sendingwerk uitgewis het, is die Kerk kort daarna sterk in Masjonaland gevestig, en vandag is die toneel van Bernard se hut ’n pelgrimsoord. Elke jaar op Bern­ardsdag, 18 Junie, word ’n herdenkings-nagmaaldiens daar gehou, wat bygewoon word deur duisdende mense wat ’n paar dae lank in die omgewing kampeer. Aan die bopunt van die nabye heuwel, Mangwendwe’s Mount­ain, waar die kaptein sy kraal gehad het, staan ’n groot betonkruis.

Wat Bernard betref, sou hy geleef het, sou hy seker soos Douglas Pelly ’n priester geword het – maar die Here het ander planne gehad. Hy sou in elk geval nie die eerste swart priester in die bisdom gewees het nie: daardie eer het ’n Xhosa toegeval, eerwaarde Hezekiah Mtobi, wat in 1895 in Masjonaland aangekom het, nadat hy eers voordat hy Beira bereik het, skipbreuk gely het. John Kapuya is Natal toe gestuur vir opleiding en het baie jare lank in Masjonaland as kategis en onderwyser gewerk. Nog een van Bernard se jongelinge, Samuel Mu­nyavi, wat toe Bernard dood is slegs 12 jaar oud was, het op die lange duur die vader geword van ’n priester.

Naby die plek waar Bernard dood is, staan Bernard Mizeki College. Onder die oor die 20 gedenktekens aan hom in Suider-Afrika is kerke wat sy naam dra in Kwazakhele, Port Elizabeth; Mkumenge, Transkei; en Atteridgeville, Pretoria; ’n kapel in Bo­tswana en ’n skool in Swazi­land. Deel van ’n gekleurde glasvenster in die St Joris-katedraal in Kaapstad; ’n relikwaris in die nuwe Sint Philippuskerk, Kaapstad; en ’n altaar in die kerk van Sint Cyprianus, Langa, op die Kaapse Vlakte, staan ook daar om hom te herdenk. Die altaar dra die inskrywing: “Bernard Mizeki si tandaza.” (“Bern­ard Mizeki, bid vir ons.”)



[1] Biskop Knight-Bruce, wat as sieke teruggestuur is na Engeland, is 1896 in die ouderdom van 44 oorlede. Hy is in 1895 deur biskop Gaul (voorheen aartsdiaken van Kimberley) opgevolg, wie in 1907 ook weens swak gesondheid moes bedank.


Counter

Terug na bo

For English, click here

  • Hierdie artikel is Juliemaand 1990 in Western Light, maandblad van die parogie van Alle Heiliges, Kabegapark, Port Elizabeth, gepubliseer, en is deur die skrywer vertaal.

  • Terug na indeks van heiliges

    Terug na chronologiese indeks

    Terug na Heiliges & Jaargetye-indeks


    Skryf vir my: Mike Oettle