Heiliges en Jaargetye
http://www.oocities.org/saintsnseasons

Hierdie lys dek alle persoonlikhede – of hulle amptelik tot heiliges verklaar is aldan nie – wat in Heiliges en Jaargetye genoem word. ’n Inskrywing in vetdruk dui op ’n artikel (of meer as een) wat hoofsaaklik aan daardie persoon toegewy is, terwyl ’n inskrywing in dun letters op ’n verwysing in ’n ander artikel. Om alfabaetisering te vergemaklik, word die woorde Heilige en Sint of St uitgelaat.

 

Albanus (eerste Christelike martelaar in Brittanje).

Andreas (Apostel en martelaar).

Anselmus (kontroversiële aartsbiskop van Kantelberg, vader van die Skolastiek).

Augustinus (eerste aartsbiskop van Kantelburg).

Becket, Thomas (Aartsbiskop van Kantelburg en martelaar).

Benedictus van Nursia (vader van die Westelike monastisisme, beskermheilige van Europa, stigter van Monte Cassino).

Bonhöffer, Dietrich (getuie teen Hitler, tereggestel).

Bonifatius (Apostel aan Duitsland en martelaar).

Caterina van Siena (akeet, beskermheilige van Italië).

Chacour, Elias: Christus se landgenoot”, “Die Berg van Lig”, “Staan op, gaan voort, doen iets”.

Cranmer, Thomas (Aartsbiskop van Kantelburg en martelaar).

Cyrillus (Apostel aan die Slawiese volkere, Bybelvertaler).

Elisabet (moeder van Johannes die Doper): hier en hier.

Franciscus van Assisi (askeet, stigter van die Franciskaanse Orde, sendeling en beskermheilige van Italië).

Gray, Robert (eerste Anglikaanse biskop van Kaapstad): Die poskar-biskop”, “Die Pous van Kaapstad”.

Gray, Sophy (gebore Wharton Myddleton, vrou van Robert Gray).

Gregorius die Grote (Pous).

Helena (moeder van die keiser Konstantyn).

Ignatius (biskop, skrywer van briewe aan 2de-eeuse kerke, martelaar in die Kolosseum).

Isherwood, Cecile (bekend as moeder Cecile, stigter van die Orde van die Opstanding van Ons Heer, baanbreker in opvoeding).

Johannes die Doper: (“Die Messias se voorganger”, Deel 1 en Deel 2).

Johannes die Evangelis.

Joris (martelaar en beskermheilige).

Josef (eggenoot van Maria, moeder van Jesus): hier en hier.

Judas Makkabeus (leier van Joodse opstand, 1ste eeu vC).

van der Kemp, Johannes: Missionary among the Caffres and Hottentots”, “Vader van Bethelsdorp”.

Kennedy, Geoffrey Studdert (Woodbine Willie) (Anglikaanse vikaris, kapelaan en populêre evangelis).

Khanyile, Maqhamusela (Zoeloe-bekeerling en martelaar).

Kolbe, Maximilian (gewyde en martelaar te Auschwitz).

Latimer, Hugh (Kerkhervormer en biskop, martelaar onder Mary Tudor).

Llull, Ramon (sendeling aan die More en martelaar).

Lukas (Apostel en Evangelis, die “geliefde geneesheer”).

Maria (moeder van Jesus): ook hier, hier, hier en hier.

Markus (Apostel en Evangelis).

Martinus van Tours (pasifis in die Romeinse leër en baanbreker-sendelingbiskop): hier and hier.

Masemola, Manche (bekeerling en martelaar in Sekhoekhoeniland).

McNutt, Francis (priester met genesende bediening).

Metodius (Apostel aan die Slawiese volkere, Bybelvertaler, uitvinder van die Cirilliese alfabet).

Michiel (hoof-aartsengel).

Mizeki, Bernard (martelaar in Masjonaland): hier” and “hier”.

Monica (moeder van Augustinus van Hippo).

More, Thomas (martelaar onder Henry VIII).

Nestorius (kontroversiële prediker, Biskop van Konstantinopel, weens sy leerstellinge uit die Kerk gedruk).

Nikolaas van Myra (biskop met reputasie as wonderwerker, die oorspronklike Sinterklaas).

Ntsikana (profeet onder die amaXhosa).

Polykarpos (biskop van Smirne en martelaar).

Read, James: (amptenaar van die London Missionary Society aan die oosgrens van Kaapkolonie) hier en hier.

Ridley, Nicholas (Kerkhervormer en biskop, martelaar onder Mary Tudor).

Sagaria (vader van Johannes die Doper): hier en hier.

Savonarola, Girolamo (profetiese prediker in Florence tydens die Renaissance, vals skuldig bevind aan kettery, aan die stapel verbrand).

Stefanus (die eerste Christen-martelaar).

Stein, Edith (martelares van Auschwitz).

Stockdale, Henrietta (non en baanbreker in verpleging in Suid-Afrika).

Tyndale, William (Bybelvertaler en martelaar).

Valentinus (biskop en martelaar).

Wentzel (heerser en beskermheilige van Boheme, martelaar).

Wesley, John en Charles (Anglikaanse evangeliste; stigters van die Metodistekerk).

Wilberforce, William (parlementariër en sedelike hervormer, kampvegter vir die slawe).

Willibrord (Apostel van Nederland).

Xavier, Franciscus (sendeling in die Ooste en beskermheilige van sendingwerk).


South Africa South Africa

Mag God Suid-Afrika seën


Counter

Terug na bo

For English, click here

Terug na Heiliges en Jaargetye -indeks