Heiliges en Jaargetye
http://www.oocities.org/saintsnseasons

Maria: Moeder van God of Moeder van Christus?

deur Mike Oettle

DIE kollig val 2 Februarie weereens op die Here Jesus en op sy moeder. Daardie datum is die fees van die Voorstelling in die Tempel – of, as jy die ouere benaming verkies, die Maria-Ligmis.

Dit is miskien ’n gepaste tyd om die ou kwessie weer oop te maak: behoort Maria Moeder van God genoem word, of Moeder van Christus. As jy die Griekse woorde eerder wil gebruik, is sy Theotokos of Christotokos.[1]

Dit voer ons terug na die 5de eeu nC, toe Nestorius, ’n beroemde prediker op Antiochië, heelwat tyd daaraan gewy het om die leerstellinge van die Monofisiete te weerlê. Hierdie groep het gesê Christus het ’n enkele, goddelike aard gehad, en het vir Nestorius beskuldig dat hy ontken het dat Jesus God is.

Nestorius (in die laat 4de eeu in Syria Euphratensis[2] gebore, van Persiese ouers) het gesê dat Jesus in werklikheid God is, maar hy het ook klem daarop gelê dat Hy op ’n werklike wyse ook mens was, en het iets van ’n morele “konjunksie” of samevoeging van wilskrag, eerder as ’n essensiële “unie”. Om Maria die moeder van God te noem, het hy gesê, “het daarop neergekom dat ’n mens verklaar dat die goddelike natuur vanuit ’n vrou gebore kon word, of dat God drie dae oud kon wees”.[3] Hy het egter ’n probleem gehad met die presiese definisie van die “konjunksie” waarvan hy gepraat het.

In 428 is Nestorius deur die keiser Theodosius II aangestel as biskop van Konstantinopel. Ook in daardie jaar is Nestorius ook deur Cyrillus, patriarg van Alexandrië, wat politieke motivering gehad agter sy misnoeë teen hom, aangeval. Cyrillus het beweer dat Nestorius ’n Adop­sion­is was (hierdie mense het geleer dat Jesus geheel mense gebore is, maar dat hy deur God aangeneem is). Sy geleentheid het tydens die Konsilie van Efese in 431 gekom, toe Nestorius se Siriese ondersteuners (onder leiding van Johannes, biskop van Antiochië, laat was, en Cyrillus vir Nestorius laat afsit het. Pogings deur die Siriërs om vir Cyrillus en biskop Memnon van Efese te veroordeel is deur afgevaardigdes uit Rome verwerp.

Die gevolg was dat alhoewel die leer dat Maria Moeder van God is, in beide die Oostelike en die Westelike Kerk amptelik geword het, die saak nooit finaal bepaal is nie omdat dit deur ’n kleinlike politieke twis beslis is. Die leerstelling is nie slegs ten tye van die Hervorming deur die meeste Protestante gerepudieer nie, maar in sy eie tyd het Nestorius se Siriese ondersteuners sy ekskommunikasie nie aanvaar het nie ’n Schismatiese Nes­tor­i­ese Kerk het in Sirië en Persië ontstaan, en alhoewel dit onder keiserlike druk uit Sirië verban is, is dit toe in Persië en Armenië gevestig en het selfs teen 625 vir Sjina (langs die weg van Sentraal-Asië bereik. Onder Moesliem-heersers is digt vervolg, maar dit kan tot vandag toe in Iraq, die Sentraal-Asiese state, Iran, Indië, Armenië en die Amerikas gevind word.

Die pendulum het egter effens teruggeswaai. Eutyches, wat op Efese een van Nestorius se hoof-teenstanders was, is in 451 met kettery aangekla, omdat hy geleer het dat Christus slegs goddelik van aard was, en is op die Konsilie van Chalcedon verdoem.

Hierdie twiste het ook deel uitgemaak van die proses waardeur die Kerk ’n redelike en gebalanseerde leer van die aard van die Here Jesus bereik het, asook sy rol binne die Drieëenheid, maar die debat sou etlike jare steeds duur.

En wat moet ons oor Maria glo? Aangesien die 39 Geloofsartikels oor haar niks te sê het nie, is Anglikane vry om te kies – maar ek stem vir ou Nestorius.



[1] In Grieks, CristokoV of QeotokoV. Tokos (TokoV) beteken “draer”.

[2] Dit wil sê die oostelike deel van Sirië waar die boloop van die Eufraatrivier lê.

[3] Aanhaling uit The History of Christianity, ’n Lion-Handboek (my vertaling).


Counter

Terug na bo

For English, click here

  • Hierdie artikel is Februariemaand 1990 in Western Light, maandblad van die parogie van Alle Heiliges, Kabegapark, Port Elizabeth gepubliseer, en is deur die skrywer vertaal.

  • Terug na indeks van heiliges

    Terug na chronologiese indeks

    Terug na Heiliges & Jaargetye-indek


    Opmerkings, navrae: Mike Oettle