Elwe en Feë

Halloween

deur Ælf

GRUWELFILMS het vir baie mense ’n vrees gegee vir Halloween – of, soos dit eintlik in Afrikaans genoem word, Alleheiligeaand. Sulke rolprente het ook buite Noord-Amerika verskeie aktiwiteite bekend (miskien selfs gewild) gemaak wat mense in die Verenigde State beskou as gepas by daardie dag.

Tog staan sy bekendste simbool, die jack-o’-lantern (’n uitgekerfde pampoen met ’n kers binne) met sy grynslag, vir die goeie, nie die bose nie.

In die Verenigde State egter is Halloween ’n tyd wanneer kinders blootgestel word aan die gevare wat betrokke is by die na-aap van hekse en gedrogte[1] en die werklike gevaar dat hulle vergiftig mag word, of doodgeskiet, terwyl hulle van deur tot deur gaan om lekkers te vra – “trick-or-treating”, soos dit genoem word.

Dit sal ook gesien word dat Halloween in die Harry Potter-stories gevier word, dus is dit nodig om ook hierna te kyk.

Die ou Keltiese jaareind-fees van Samhain, wat die oorsprong is van baie van die vieringe van Halloween, was ’n tyd vir baie ligte – in die vorm van segevure en brandende fakkels en, wanneer die vieringe binnemuurs plaasvind, kerse en nog kerse.

Die helder vlamme was veronderstel gewees om goeie geeste te verwelkom en om te verhoed dat boses nader kom. In Engeland tydens die Middeleeue, sou kerse dikwels geplaas word binne jack-o’-lanterns (grynsend of fronsend), wat in daardie jare uit rape gesny is.

In Amerika, waar pampoene in daardie jaargety volop is, het hulle die plek ingeneem van rape as jack-o’-lanterns. Wanneer hierdie fronsgesigte gebruik word om mense te laat skrik, is dit goed om hulle oorspronklike betekenis in gedagte te hou.

Nog ’n heidense gebruik wat oorbly is die aantrek van kostuums. Die geloof was dat bose geeste verskyn het soos die somer verdwyn het, sodoende die aankoms van langer nagte te vier, en dat as ’n mens nie erken wil word nie, dit nodig was om jou te vermom, sodat jy aanvaar kan word as deel van die geestewêreld.

Dis dan duidelik dat die gebruik wat in die VSA so algemeen is, om tydens Halloween as hekse, geeste en ander grillerige kreature aan te trek, nie onder Christene aangemoedig behoort te word nie.

En die gebruik van “trick-or-treating” is eintlik geleen van die vieringe van 2 November, wat in Afrikaans bekend staan as die herdenking van die Heilige Ontslapenes,[2] oftewel in Engels All Souls Day.

’n Belangrike deel van Middeleeuse Halloween-feesviering was die verskyning – as gas by die Alleheiligeaandsfees – van ’n persoon wat as koning aangetrek is: koning Crispinis of Crispianus. Hoe Sint Crispinus en sy broer Sint Crispianus (hulle feesdag is 25 Oktober) een geword het, en daarboonop gekroon, is onduidelik.

Maar dit het wel met stewels te maak, want hierdie twee is die beskermheiliges van stewelmakers en broddelaars. “Koning Crispinus” sou gewoonlik ’n medalje dra met ’n stewel- embleem, en die ander gaste sou iin sy eer soortgelyke stewel-embleme dra.

Dit dat Halloween oor die algemeen. Maar rig dit skade aan wanneer kinders in die Harry Potter-boeke daarvan lees, of dit sien in die films waarin Daniel Radcliffe die hoofrol nem?

Nouja, aangesien die Potter-stories grotendeels op die Hogwarts-Skool van Heksery en Toorkuns afspeel, en die viering van Halloween tydens die skoolkwartaal plaasvind, sou ’n mens dit verwag dat daar ’n groot klem gelê word op die gebruike en rituele daarvan.

Maar wat vind ons? ’n Bietjie kostuum-draery, waaraan min agting gegee word, en ’n fees.

Die feeste op Hogwarts is almal groot vieringe, met paslike versierings wat in die Groot Saal se Towerplafon gesien kan word, en kossoorte paslik aan die jaargety wat op bevel van die skoolhoof, Albus Dumbledore, skielik op die tafels verskyn.[3]

Maar apart van ’n verbaaslike klem op pampoene[4] – in die vorm van jack-o’-lanterns wat in die lug hang om lig vir die fees te voorsien, sowel as pampoenpastei – is daar min in gemeen tussen Halloween soos dit op Hogwarts gevier word en dieselfde jaargety soos wat dit in grufilms voorgestel word.

Was die Harry Potter-boeke werklik veronderstel om handboeke te wees vir “Hoe om Heks te wees”, sou hulle ’n groot teleurstelling wees – of, soos ’n Engelse skoolseun dit miskien sou stel: “What a swiz!”



[1] Terwyl hierdi e bedelgebruik (“trick-or-treating”) grotendeels onskadelike pret is, het dit die potensiaal om na werklike heksery te lei.

[2] So staan dit altans in die Anglikaanse kalender; die dag se naam verskyn glad nie in die Afrikaans-Engelse woordeboeke nie.

[3] Die wonderbaarlike verskyning van die kos, wat in die eerste twee boeke onverduidelik bly, blyk later die werk te wees van die Huiselwe wat op Hogwarts werk.

[4] Hierdie klem op pampoene behoort werklik gesien te word as iets buitensporigs, aangesien dit veronderstel is dat Hogwarts gestig is lank voordat die Amerikas ontdek is.


Counter

Terug na bo

For English, click here

Terug na Elwe en Feë se hoofbladsy


Skryf vir my: Ælf