Michael Eric Oettle
Die wapen is
tydens 2005 uitgedink en is in 2006 geteken en in gebruik geneem. Dit is ’n aanpassing van die wapen wat reeds
die afgelope twee eeue en meer deur die familie gebruik is. Die wapen wat die
familie wel gevoer het behoort in werklikheid aan ’n familie wat die van as Oettel
voer, en wat uit Franken (noord-Beiere) afkomstig is, terwyl die van Oettle
Swabies is, en kom voor in beide Württemberg en Baden. Die eienaar se doel is
om die wapen te laat registreer wanneer fondse daarvoor voor hande lê. Die
blasoen lees:
Wapen:
In rooi, blou gekap; oor alles heen ’n klimmende eenhoring van silwer, gewapen,
gemaan en gepoot van goud, rooi getong, tussen drie goue golwende sterre van
ses punte.
Wrong:
Goud, blou, silwer en rooi.
Dekkleed:
Regs goud en blou, links silwer en rooi.
Helmteken:
’n Uitkomende halwe koedoe, met horings en hoewe van goud, rooi getong, met
silwer strepe langs die rug.
Leuse: The fear of the Lord is a fountain of life.
Die wapen, die
familie waarmee dit geassosieer word, en die gebeure wat tot die aanvaarding
van die wapen gelei het, word hier bespreek.
For English, click here
Titelgrafieke met behulp van MS Picture It!® voorberei
Genootskapswapen en die wapen hierbo albei deur Barrie Burr geteken