SAASVELD
KOLLEGE VIR BOSBOUERS / SAASVELD COLLEGE FOR FORESTERS, Saasveld, George.
Die wapen is in
1971 in terme van die Heraldiekwet deur die Staatsheraldikus geregistreer,
Sertifikaat 416. Die blasoen lees (my vertaling):
Wapen: Gedeel van silwer en blou: regs, ’n boom op
’n grond van natuurlike kleur; links ’n byl en ’n graaf skuins gekruis,
handvatsels na bo, van goud, en bo ’n oop boek van silwer, die bladsye rooi
gerand en in goue leer omtrek.
Helmteken: Die Suid-Afrikaanse leeu, d.w.s
die helmteken van die wapen van die Republiek van Suid-Afrika.
Wrong: Silwer en rooi.
Leuse: MIHI CURA FUTURI.
Oor die wapen:
Die grond word as
rooibruin aangetoon, eerder as die gewone groen.
Dit onderstreep die feit dat die kollege gefokus is op die plantasie-kultivering
van eksotiese boomsoorte, want in plantasies is die grond kaal – deels as
gevolg van onkruidbekeer, deels ook omdat die wortelsisteme van dennebome die
meeste van die oppervlak-nattigheid verwyder.
Die boom word nie volgens sy tipe gespesifiseer nie, maar die groeiwyse is
tipies van bome soos die genus Pinus (denne).
Die byl en graaf is tipiese bosbou-implemente, en verskyn saam met ’n boek,
wat die rol van die teorie in die opleiding van bosbouers beklemtoon.
Anomalie van die helmteken:
Die toekenning
van die helmteken, wat identies is met die helmteken in die wapen van die Unie
en Republiek van Suid-Afrika, is daarin buitengewoon dat daar in ander
instansies verlof geweier is vir die gebruik van die helmteken-leeu op gronde
daarvan dat dit ’n nasionale simbool is.
Dit kontrasteer met die Britse gebruik (wat heel dikwels aangetref word) om
wapens te verleen wat byvoorbeeld ’n enkel leeu van Engeland (in rooi, ’n
gaande aansiende leeu van goud), ’n Sint Joriskruis (tin silwer, ’n rooi
kruis), ’n koninklike binnesoom (’n dubbele binnesoom gekruis en
dwarsgekruis met lelies, gewoonlik rooi, maar soms in ander kleure), of ’n
Sint Andrieskruis (in blou, ’n silwer skuinskruis) om ’n koninklike
eerbetoon te wys, in te sluit, waar die persoon wat so geëer word gewoonlik nie
lid is van die koningsfamilie, of waar die inrigting wat so geëer word geen
direkte verbintenis het met die nasionale regering nie (alhoewel alle plaaslike
owerhede in Brittanje beskou word as onder koninklike gesag).
’n Inrigting wat die gebruik van die Unie-leeu geweier is was die
Genealogiese Verening van Suid-Afrika, ’n nasionale organisasie in die
burgerlike samelewing wat in Brittanje normaalweg oorweeg sou word vir sulke
erkenning.
Alhoewel
die kollege in daardie tyd onder beheer was van die Departement Bosbou, en dus
’n Staatsinrigting was, kan dit skaars gesien word as ’n essensiële deel van
die sentrale regerings-apparatus wat geregtig was op die onveranderde gebruik
van deel van die nasionale simboliek nie.
Die
gebrek aan enige breukmerk van enige aard maak die toekenning van die helmteken
selfs meer buitengewoon. Die helmteken-dier word nie in die skild ingelyf nie
en dra geen spesifieke merk nie, of kleurverandering; dit is bloot die
lands-helmteken wat toegevoeg word tot die wapen van ’n opvoedkundige
inrigting.
Oorspronklike
wapen:
Hierdie wapen
vervang ’n vroeëre embleem wat geregistreer is in terme van die Wet op
Beskerming van Name, Uniforms en Wapens van 1935 (Sertifikaat 23 van 1935). Die
amptelike beskrywing van hierdie wapen (wat geregistreer is as deel van ’n
uniform wat ’n kleurbaadjie van gespesifiseerde kleur en strepe) noem ook die
agtergrondskleur (wat in heraldiese terme irrelevant is). Dit lui (my
vertaling):
Op ’n
agtergrond van bottelgroen, ’n skild, goud omsoom, met binneskild op ’n
agtergrond van hemelblou; laasgenoemde gedeel in drie ongelyke dele wat
voorstellings bevat van ’n gekruiste byl en graaf, ’n oop boek en ’n boom,
onderskeidelik geplaas regs onder, regs bo en links; onderskeidelik bo en onder
die binneskild onderskeidelik ’n voorstelling van ’n kroon en ’n lint waarop
die letters S.A.F.S. en S.A.B.S. en die leuse MIHI CURA FUTURI.
Dit kan opgelet
word dat in hierdie wapen (die samestelling waarvan weinig verskil van die
wapen wat heel bo verskyn) daar bo-op die skild ’n kroon staan, wat die
Staatsgesag voorstel; in daardie tyd was Suid-Afrika ’n Britse Dominium waarvan
koning George V Staatshoof was.
(The
“left” and “right” in this description are left and right from the point of
view of the person facing the badge; in contrast heraldic dexter and sinister
are right and left as seen from the point of view of the wearer.)
Dit kan
gesien word dat die Unie-leeu in plaas van die kroon ingevoeg was, en blykbaar
beskou is as republikeinse simbool.
Oor die kollege:
Die kollege,
voorheen die South African Forestry School en gebaseer op Tokai in die Kaapse
Skiereiland, is in 1932 na die plaas Saasveld, naby die stad George.
Die inskrywing in die Standard Encyclopædia of Southern Africa noem
dat die kollege daar is “vir in-diens opleiding van amptenare van die
Departement Bosbou in die volgende vakke: houtteelt, bos-plantkunde, die
beskerming, ontginning, aanwend en bestuur van woude, bosbou-reg, boekhou,
boukonstruksie, kwekery-praktyk, bos-meetkunde, landmeetkunde, en
administrasie”.
Dit gaan voort: “Die Department bied hierdie kursusse vir sy eie amptenaer aan nà ’n jaar se praktiese opleiding in ’n bosboureservaat. Saasveld is in hierdie opsig suiwer ’n departementele kollege, maar aanvaar ook enkele
privaat-studente, waaronder een of twee uit Rhodesië.”[1]
Die woorde “bos” en “woud” word hier uitsluitlik gebruik met die betekenis van plantasie. Min aandag is aan inheemse woude gegee, wat normaalweg bloot beskou is as opslag.
Die kollege is sedertdien bevry van sy noue verbintenis aan die
Staatsdiens. Dit was al etlike jare ’n skool van die Port Elizabethse Technikon, wat begin 2005 ingelyf is in die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit.
[1] Die Rhodesiese Republiek, soos dit destyds was; tans Zimbabwe.
Terug na Armoria academica-indeks
Opmerkings,
navrae: Mike Oettle