Armoria academica
http://www.oocities.org/bona_spes

TECHNIKON PRETORIA, Pretoria, Gauteng.

Technikon Pretoria

Die wapen mag so geblasoeneer word:

Wapen: In swart, 地 penning van silwer met drie klawerblaarpunte, waarop 地 koek gesny van rooi en swart, belaai met vyf biljette van goud en een van silwer, piramiedvormig gerangskik 1, 2 en 3, die silwer biljet in die onderste ry sentraal geplaas.

Wrong en dekkleed: Silwer en swart.

Helmteken: 地 Kasteel van twee torings, silwer gelig.

Leuse: PROSPERITAS PER PERITIAM.

Oor die wapen:
Die wapen soos dit in terme van die Heraldiekwet geregistreer is, bevat die (nie-heraldiese) wapen van die ou Pretoriase Tegniese Kollege (die rondeel in die middel). Die beskrywing wat deur die technikon voorsien is, sluit nie 地 blasoen in nie. Dit begin, buitengewoon, met die leuse en die helmteken. Dit lui:

泥ie leuse PROSPERITAS PER PERITIAM (Voorspoed deur vaardigheid) vorm die basis en onderstreep die simboliek van die wapen.

泥ie rooi kasteel op 地 silwer helm koppel ons met die Hoofstad Pretoria waar Technikon Pretoria gele� is.

泥ie sirkel wat op 地 swart skild staan is 地 beeld van perfeksie, sterkte, eenheid en wisselwerking.

泥ie trappe in the sirkel toon groei, en verskyn op 地 swart agtergrond wat 地 soliede basis aantoon.

泥ie goue (geel) trappe styg tot in die rooi, wat die positiefste kleur is.

泥ie enkel silwer (wit) blok verteenwoordig die indiwidu wat 地 groeiende uitdaging konfronteer.

泥ie drie klawers, ook bekend as die trimontium, is 地 eksklusiewe simbool wat deur die Buro vir Heraldiek aan Technikon Pretoria toegewys is.�

Oor die technikon:
Die Pretoriase Tegniese Kollege is in 1906 gestig.

Die inrigting het in 1979 地 technikon geword, en het vandag ongeveer 30 000 studente, wat dit die grootste residensi�le technikon in Suider-Afrika maak. Hierdie syfers (soos in Januarie 2001) bestaan uit sowat 25 000 studente aan die technikon se verskeie kampusse, en 地 verdere 8 000 aan ander inrigtings wat met die technikon saamwerk.

Die ou kampus in Kerkstraat, Pretoria, behuis tans die fakulteite Lettere en Natuurlike Wetenskappe, terwyl 地 nuwe hoofkampus te Technikonrand gebou is. Die perseel is 96 ha groot en l� 6 km wes van die stadsentrum. Satellietkampusse is ook op Witbank, Nelspruit, en KwaMhlanga in Mpumalanga aangel�, en ook in Polokwane (Pietersburg) in die Provinsie Limpopo.


Counter

Terug na bo

For English, click here

  • Bronne: Inligting en illustrasie deur die technikon voorsien.


    Terug na technikons-indeks

    Terug na Armoria academica-indeks

    Terug na Armoria-indeks


    Opmerkings, navrae: Mike Oettle