Agtergrond

 

Home Maak Kontak Agtergrond Liedere Webskakels

Gideon is sedert sy tienerjare 'n kranige musikant. Op skool het hy reeds betrokke by allerlei musikale aktiwiteite. Na sy tyd in die weermag het hy betrokke geraak in die rekenaarwese, maar nooit sy liefde vir musiek agtergelaat nie. Hy het homself toegespits op KCM (Kontemporêre Christelike Musiek), en sy eerste album, Jeshua (in Engels) bekend gestel in 1992. 

In 1997 het Gideon begin met 'n projek wat 'n komplete nuwe rigting vir hom ingeslaan het. Hy het gevoel dat hy by die punt was waar hy nie alleen wou voortgaan met geestelike musiek nie, maar ook meer het om te sê. Verder het hy gevoel dat dit ook gesê moet word in sy huistaal - Afrikaans. Die projek is oor 'n tyd van byna 'n jaar voltooi, en die eindresultaat is elf oorspronklike liedjies. DIt bestaan uit  'n kombinasie van nege Afrikaanse en twee Engelse liedjies. DIe finale afwerking van die produksie is in Mei 1998 onderbreek met die vertrek van Gideon en sy gesin na Nederland.

Gideon is getroud met Susan, 'n nooi Riekert van Middelburg, Transvaal (eintlik seker Mphumalanga). Susan is onderwyseres van Hulle het twee seuns - David en Danté. 

Sy belangstellingsveld is wyd, maar sluit onder andere motorfietse en rekenaars in.

 

Gideon and Danté.

 

.