FREEK se Suid Afrikaanse POHL Familie Tuisblad

SA Nuwe vlag

Ancestry Search over 500 Million Names Now!
First Name Last Name

Pohl Familiewapen
Suid Afrikaanse Pohl Familiewapen


Oorsig

POHL Verkorte Familie Geskiedenis en Stamboom
Ons weet tans maar min van die vroeëre Europese geskiedenis van die Pohl familie. Daarvoor het die voortdurende oorloë en gepaardgaande vernietiging van dokumentasie gesorg. Ons dra wel kennis van 'n familie met die naam von Polentz (Polenz, Polenzsk, Polenski) wat in die vyftiende eeu in die oostelike Duitse gebiede naby die Poolse grens en die Lausitz gebied gevestig was. Lede van hierdie familie het die Hertog van Pommere destyds op 'n ekspedisie na Jerusalem vergesel en na aanleiding daarvan is 'n familiewapen, wat met daardie avontuur verband hou, later aangeneem. Kenmerke van die wapen is die blou vere van die Hertog se wapen , die silwer ster van Jerusalem en 'n goue skeepsklok.

Die Suid-Afrikaanse Pohl's is in besit van 'n soortgelyke familiewapen wat vemoedelik deur hul stamvader Carl Friedrich Pohl (1768-1844) hierheen gebring is. Hierdie wapen dui dus op 'n moontlike verbintenis met die ou von Polentz familie. Daar word ook bespiegel dat die naam von Polentz moontlik met die eeue toenemend verduits het, bv. na von Pohlentz en later net Pohl.

Carl Friedrich Pohl se vader, Ephraim Pohl(1735-1815) getroud met Sophie Judith Dopecke (oorl. 1806) asook sy oupa, Bonaventura Pohl(1700-1757) getroud in 1728 met Barbara Rindfleisch(1701-1785), was beide gesiene handelaars en wewermeesters van die stad, Schivelbein in Pommere, Pruise.(Tans Swidwin in Pools-besette gebied.) Klein Skip
Dit is hiervandaan dat Carl in ongeveer 1787 die onbekende in vertrek het maar sy bestemming was nie noodwendig die Kaap Die Goeie Hoop nie. Volgens oorlewering het hy iewers op see siek geword en moes hy in 1793 aan die Kaap aansterk. Daar het hy egter 'n meisie by name Hester Isabella Marx(1779-1861), dogter van 'n bekende Kaapse familie ontmoet, met wie hy in 1799 getroud is en by wie hy uiteindelik tien kinders sou hê. So het dit dan gebeur dat Carl in Suidelike Afrika aangebly het.



Inhoud van die Tuisblad :

Vir 'n verdere kennis van die verkorte geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Pohl's is U welkom om deur die res van die bladsye te lees.
Jesus het vir ons gesterf


Na Engelse Hoofblad | Volgende Bladsy: Suid Afrikaanse Pohl familiewapen Pyl na volgende

Bar lyn


Doel van die Tuisblad .
Om nuwe inligting aangaande die Pohl familie te bekom (Suid-Afrikaans en Wêreldwyd)
en om bestaande inligting aan belangstellendes beskikbaar te stel.
Kom aan !!! Stuur E-pos sodat ons Pohl's mekaar beter kan leer ken

E-pos

Los vir my 'n Boodskap|Ou Smiley| Kyk Wie was al Hier

Die Bladsy is al keer besoek sedert 12/12/1977

Die Tuisblad word verskaf deur
Kry jou eie Gratis Tuisblad