Hoėrskool Grens: Matrieks 1985 (asook enige ander jaargroep!
Welkom aan alle oud-Grensies en onnies !
Hi daar oud-Grensie
Hoėrskool Grens is hierdie jaar 75 jaar oud en Grens Voorbereiding is 50 jaar oud. 'n Skool reünie word beplan vir die naweek van 26-28 Junie 2009 by Hoėrskool Grens.
Hier is die finale dokumentasie rakende die reunie:
Feesnaweek brief
Feesnaweek Inligting en registrasie
Fees Program
ALGEMENE INLIGTING: (Soos verskaf deur Garth Cerff)
Ek hoop dit gaan goed met julle almal. Met die fees reelings gaan dit sommer baie goed en dit alles kan n groot sukses wees as ons die ondersteuning van oudleerlinge kry. So as julle met enige iemand kontak maak en hulle weet van ander Grensies (maak nie saak die jaar nie) nooi hulle asb. ook na die fees.
Ter inligting Mnr Marais het die jaar 80 geword en gaan nog goed met hom en hy wil ook na die fees toe kom. Mnr Daan Retief bly in Robertson en Dad en sy vrou in Bloem en wil self ook kom. Gretha Smit wat Afrikaans gegee het is nog by die skool saam met juf Muller (Biologie)en hulle reel die onderwysers En onthou julle vir Mnr Gerhard Smit en sy vrou hulle woon ook in die Kaap en sy het n wiskunde skool en hy slag vleis (het op my geoefen). Hulle gaan hul bes probeer om ook te kom.
Indien julle enige probleme het om iemand te kontak laat weet en ek sal help. My eie vrou (Reinette) het die konsert klaar gereel en kunstenaars is bevestig en Vrydag se potjie en dans is bevestig met Andries Krogman(maak n las).
TER AFSLUITING
Ons sal julle graag by hierdie spesiale naweek wil sien; laat asb van julle hoor (selfs as julle nie kan kom nie hou gerus kontak). Sien asb die dokumentasie hierbo rakende die naweek se reelings. Versprei asb aan alle oud-Grensies.
Ons benodig dus die volgende inligting van alle oud-Grensies die Matrieks van 1985:
Naam en van, Posadres, telefoon nommers (huis, werk en sel), e-pos adres, en enige ander interessante nuus.
Sien die Kontak ons bladsy vir ons kontak besonderhede
Op hierdie web-bladsy kan die volgende gedoen word:
Copyright © 2001 - S Strydom
All Rights Reserved
Webmaster: Stephan Strydom - s.strydom1@gmail.com