|
Hierdie tyd van die week begin my bêttrie altyd
so 'n pap gevoel kry. Ek sê toe maar weer soos altyd dat ek lus is om
soos beesmis te maak.
'n Kollega van my ('n regte stadsjapie) verstaan
toe nie mooi nie en gee ek toe maar die volgende verduideliking:
Min stedelinge weet wat 'n bees is en min mense
weet wat 'n vergelyking is:
'n Bees is soos 'n hoender. As ek van
hoenders praat, sluit dit mannetjies en wyfies in. 'n Mannetjie hoender
is 'n haan en 'n wyfie hoender is 'n hen. By hoenders is dit nogal
interessant dat dit die wyfie is wat met eiers gepla is en nie die mannetjie
nie.
As mens van beeste praat is daar egter 'n klein
verskilletjie. 'n Bees kan 'n mannetjie of 'n wyfie of 'n moffie wees.
'n Moffie bees noem mens 'n os. 'n Baie interessante ding wat osse mens
leer is dat moffies nie gebôre word nie, maar gemaak word.
Veel interessanter is dat daar nogal baie oor osse geromantiseer word.
Daar is liedjies wat die os besing: "...rooi afrikaner osse, sien
jy om elke draai". Baie mans hou daarvan om hulle krag met die krag
van 'n os te vergelyk - so sterk soos 'n os. Daaris ook
spreekwoorde soos: van die os op die jas; van die os op die esel;
agteros kom ook in die kraal'; jong osse inspan; nie al jou ossies in die
kraal hê nie. Dus, die os word allerweë as 'n belangrike dier beskou.
Die nomale mannetjie bees noem mens 'n bul.
Die bul se liggaamlike eienskappe verskil bietjie van die mens s'n. 'n
Bul het normaalweg twee horings (as daar 'n derde een is, moet wyfiebeeste
maar lig loop).
'n Ander verskynsel is dat 'n bul net een speen
het. As 'n bul gemelk word, kry mens egter nie melk nie,
maar saad. Hierdie saad kan mens nie soos ander saad in 'n tuin
plant nie. Die bul se saad word gevries en dan weer vir 'n moerse klomp
geld verkoop. Die gevriesde saad word ontdooi en dan in 'n
wyfiebees geplant en kom daar weer 'n besie op. 'n Mens moet nie te veel
karring met 'n bees se speen nie.
'n Wyfiebees noem mens 'n koei. 'n Koei het
vier spene. 'n Speen is maar net 'n soort tiet. 'n Koei het
egter nie nipples soos 'n menswyfie nie en 'n koei raak ook nie sommer die
moer in as 'n man aan haar tiete vat nie. 'n Koei se tiete moet ten
minste twee keer per dag getrek word. 'n Koei se tiete hang ook, vandaar
die gesegde dat iemand hangtiete het.
Ongelukkig is 'n koei nie 'n baie slim dier nie.
As mens iemand wil sleg sê, së jy dat hy (of sy) 'n dom koei is. Die
domheid van 'n koei word verder ten toon gestel as mens met 'n motor op 'n
plaaspad ry en daar 'n klomp koeie in die pad is. Jy kan maar toeter
blaas en vloek en skel, die goed gee nie pad nie. Hulle sal reg voor jou
motor gaan staan en jou met so 'n dom uitdrukking op hulle gesig aanstaar
terwyl hulle een of ander iets herkou en die slym sulke lang drade by hulle
bekke uitloop. Op hulle eie tyd sal hulle omdraai, stert oplig en
net daar in die pad mis. En van daar die gesegde - "kom ons
wees soos beesmis", en val in die pad...
|