|
Disj nou my hekkie
daai
Hier kort duskant middernag stap Gammat
lekker geswaai saam met 'n nuwe pel straat af. By 'n sekere huis in die
straat gaan hy staan.
"Sjien djy daai hekkie?" vra hy swaar van
tong. "Disj nou my hekkie daai."
Hy sleep sy vriend saam met hom voordeur
toe.
"Sjien djy die stoep? Disj nou my sjtoepie
die."
Hy stoot die deur oop en sleep die pel
deur die voorportaal, gang af.
"Sjien djy die badsjkamer? Disj nou my
badsjkamer die."
By die slaapkamer aangekom, stoot hy saggies
aan die halfoop deur en se:
"Sjien djy nou die double bed? Disj nou
my double bed daai.
En sien djy die vroutjie daar op die bed?
Dis nou my vroutjie.....
En sjien djy daai outjie daar langsj haar?
Disj nou ekke."
Ingestuur deur Doepie.
>>>>> volgende |