|
Die gehoorapparaatjie
Van Tonder kom agter dat hy bietjie doof
word en besluit om 'n gehoorapparaat te koop. Hy's net bietjie doof, en verdomp
suining, so hy wil nie baie geld uitgee nie. "Hoeveel
kos die goed?" vra hy vir die klerk. "Dit
hang af meneer, ons het modelle van R20 tot R2000." "Nou
man, waarvoor wag jy, wys my die R20 model." Die
klerkie vroetel in 'n laai, haal 'n apparaat uit en hang dit om Van Tonder se
nek. "Meneer, jy druk nou net die knoppie in jou oor en laat hang die
toutjie tot in jou hemp se sak." "Ja
ja, maar hoe werk die ding?" "Meneer,
vir R20 werk hy nie eintlik nie, maar as die mense sien jy het dit aan, praat
hulle sommer harder!"
>>>>> volgende |