|
Lieve Vader krismus
Ek was hierdie jaar baie soet en ek het hart geleer. Ek het eerste in my klas
gestaan en het die afriekaanse beker ook gekry. Nogals 'n mooi blink ene, ma
het dit in die sitkamer op die tavel gesit, sodat die hele familie kan sien as
hulle ons uit die huis uit kom eet. Ek het elke Saterdag die gras gesny en vir
ma die asdrom leeggemaak Jy weet, ons het mos nou daai pickit up dromme in
Johannesburg, daai met die wiele. Nogals lekker. Het julle ook pickit up daar
in die noordpool? Ma sê mense is maar ammal eners oor die wêreld, sy sê
almal het maar rabbies wat hulle wegsteek in die pickit up dromme.
Vater Krimus, ek was so soet die hele jaar dat ma gedink het ek is siek. Dis
omlat ek verlede kersfees gevra het vir 'n bike en daai anner boeke met die
mooit prenkies van die tannies sonder rokke. Toe bring jy vir my klere en
kryte. Vater krimus, ons teken nie meer met kryte innie skool nie, ons
teken met kokis. Ondou tog asseblief hierdie krismus.
Ma het kokies gekoop toe die anner oukie myne gesteel het en my klere is nog
reg, so wat van daai bike en die prenkie boeke hierie Krismus? Ek sal sommer
in die jaart ry, dis te gevaarlik in die straat, sê ma. Ma weet nie dat ek
die prenkie boeke vra nie, maar ek is nie bang nie, jeffrou het vir ons geleer
dat jy net 'n kondoom dra, dan kan jy nie aaits kry van die kaal tannies nie.
Moenie vir ma sê nie, maar die minisipalieteit gee vir almal kondome by die
bib bib lieteek. Ek sal die plestiek sakkie by elke blad
sit, ek belowe. Die tannie by die bib liekeet het gesê ek kan dit eers
oopmaak as ek 18 is. Hoeveel slapies is dit nog? Kan ek maar die
prentieboeke kry oom?
Groete van Kosie
NS. Onhou om vir tannie krismus te sê van my Afriekaanse prys en ondou die
prentieboeke.
(Die briefie vertaal deur Grapjas, kopiereg
Grapjas 2002.)
>>>>> volgende
|