|
Koos en die blondine op die eiland
Koos sit al jare lank op 'n eiland
gestrand. En hier eendag verskyn 'n beeldskone, wulpse blondine in 'n duikpak op die strand. Sy vra vir hom wanneer laas hy ge-
rook het. "Jare gelede," antwoord hy. Glimlaggend haal sy 'n pakkie sigarette uit haar
duikpak uit.
"Wanneer laas het jy ietsie gedrink?" vra sy toe.
"Dekades gelede," antwoord hy gretig. Met diè glimlag sy verleidelik en haal 'n bottel
brandewyn uit haar duikpak uit.
En net daar trek sy die ritssluiter van die pak af en
fluister in 'n hees, verleidelike stem: "En wanneer laas het jy 'n bietjie
gespeel?"
"Mapstieks," antwoord Koos beïndruk, "moenie vir
my sê jy't nog gholfstokke ook daarin nie!"
>>>>> volgende |