|
Ons Kerk Bulletin
Die volgende bydrae kom
Ons Kerk Bulletin. Ek het lanklaas so lekker gelag!
Aangesien dit paassondag is, sal Mev. Pienaar
vra om n eier voor die kansel te kom lê.
Irving Benson en Jennie Carter is op 24
Oktober in die kerk getroud. So het 'n vriendskap wat sedert skooldae
strek, tot n einde gekom
Vandag sal daar twee byeenkomste wees
- aan die bopunt en aan die onderpunt vaan die kerk. Kinders sal
aan weerskante gedoop word
Vir diegene wat kinders het wat nie daarvan
weet nie, is daar 'n kleuterkerk in n ander lokaal
Daar sal Donderdagmiddag om 5 nm 'n vergadering
van die Jong Mammas-klub wees. Almal wat graag jong
mammas wil word, moet asb eers die predikant in sy studeerkamer
ontmoet
Gedurende die afwesigheid van ons pastoor,
het ons die besondere voorreg gesmaak om weer 'n goeie preek
te hoor toe Ds. A.F. Goosen ons besoek het.
Volgende Sondag sal mev. Venter solis
wees tydens die oggenddiens.Die predikant sal dan preek oor "Wat n
aaklige belewenis"
>>>>> volgende |