|
Jonas soek van trou
Oubaas: Het jy haar
lief, Jonas?
Jonas:
Oubaas vra nog. Ekke soek hom sterrik. Ekke wil hom lief.
Oubaas: As mens wil trou moet mens
iets weet van die Bybel, ken jy jou Bybel?
Jonas:
Auk, Oubaas ekke ken hom soos die bennekant van my hand.
Oubaas: Nou vertel bietjie
dat ek kan hoor.
Jonas:
Eendag daar was twee mense, Adam en Eve. Hulle bly by die tyn. Nou hulle mag eet van
al die perretjies maar van die jam se perretjies hulle mag nie eet nie.
Toe die boomslang hy se vir Eve: Auk, wat se nonsens jy praat, die jam
perretjies is nou mooi gar en soet en too much lekker. Nou hulle
gasteel die jam peretjies. Auk, nou Adam hy sien sy broek is weg en die nooi
se rok is ok weg. Shame, die nooi kry so skaam, hy kryp sommer
weg en Adam hy gou-gou maak die kleer van troksvy se blaar maar nou moet
hulle yt by die Radys se akker. Twee groot engelsman staan by die
hek met skerp asgaai. Nou hulle sweet baie sos hulle loop en Eve sy loer
so by die skouer oor, net so bietjies. Sy word sommer sout
- die beeste het hom kant en klaar opgevvreet die volgende dag al. Nou
Adam, die arme baas, hy het ok nie nou vrou nie. Hy loop nog so
toe vra die tsotsie ja? Wat jy gemaak? Hulle slat hom met die knopkierie
en gooi hom met die kleppe. Gelokkig daar kom parmantig Samertaan
hy gery met sy doinkie. Sos hy gaan onder by die doringbos, sy
kroesies hak by die dorings en hy gehang daar 40 days en 40 nights
tot Delliah, 'n nooi van die Tempentyne, sny sy kroesies af en hy val
by die leeukuil in, maar die leeus vreet hom nie eers nie wat hy stenk
too much. Nou hy gably daar tot Ruben wil hom verkoop aan die
parasiete maar galokkig hy hardloop weg dat hy so bars tot hy kom
by die groot water. Sommer so vennig hy plik die knopkierie
eit by sy kombers en hy slaat en hy slaat die water tot hy maak oop
en wat gesien? Big national road van skoon teer en white stripes en yellow
stripes, die lot. Nou hy lop by
die national road met sy strykwa-os
en perre tot hy kom halfpad. Sjoeps... die water net gemak soos twaksak, dit lyk of dit gereent het
40 days en 40 nights. Gelokkig, hy, die groot snoekves, hy slek hom in. Nou hy gebly binnekant die ves se pens.
Oubaas, ekke gelieg nie vir jou nie, 40 days en 40 nights. Mar omdat
hy stenk al weer too much en die ves hy kan nie toehou sy neus by
die water nie, hy gaspoeg hom
uit by die land van siermelk en putupap.
Oubaas sien ekke ken hom, die
Bybel...
>>>>> volgende |