|
Hoe om 'n suksesvolle
winkelklerk te wees
Piet kry werk as winkelklerk. 'n Klant
kom in en vra vir 'n blik pruimkonfyt. Piet kyk rond maar kan nie
pruimkonfyt kry nie.
"Jammer, mevrou, maar ons het nie pruimkonfyt
nie."
Toe die dame uitstap, roep die baas vir
piet nader.
"Dis mos nie die manier waarop 'n mens
goed verkoop nie," beduie hy. "As daar nie pruimkonfyt is
nie, dan sê jy: 'Jammer, mevrou, die pruimkonfyt is op, maar ons
het pas nuwe voorrade druiwe-, appelkoos- en vyekonfyt gekry.
Wil u nie daarvan probeer nie?' Verstaan jy?"
"Ja, meneer."
'n Rukkie later stap 'n man die winkel
binne en vra vir toiletpapier. Piet soek, maar kan niks kry nie.
"Jammer, meneer, maar ons toiletpapier is op. Ons het wel deurslagpapier,
skuurpapier en konfetti. Wil u nie daarvan probeer nie?"
>>>>> volgende |