Kontak Grapjas

Limericks/ Limerieke

Grappies

Jokes

Mopjes

Cartoons

Snaaksighede/ /Funstuff

Hoofblad/Main

Die verkeerskonstabel en die esel

Piet Swart word aangekeer vir 'n verkeersoortreding. Hy vervies hom vir die verkeerskonstabel en noem hom 'n esel. Die verkeerskonstabel daag hom voor die hof vir naamskending.

"Meneer,"  sê die landdros, "jy mag nie vir konstabel Viljoen 'n esel noem nie. U word met R100 beboet."

"Ek mag nie vir 'n verkeerskonstabel sê hy's 'n esel nie?"

"Dis korrek."

"Mag ek 'n esel 'n verkeerskonstabel noem?"

"As dit jou plesier sal verskaf."

Piet draai stadig en moedswillig om, kyk die konstabel vas in die oë.  "Tot siens, verkeerskonstabel," sê hy.

>>>>> volgende