deur Mike Oettle
HOEKOM vier ons Kersfees? Paasfees volg ’n patroon wat in die Skrif neergelę word, maar as jaargety kom Kersfees blykbaar uit nęrens uit nie. Dit is beslis so dat in Israel, Desember gans te koud is dat skaapwaters in die veld saam met hulle skape kan wees nie – selfs die skape word binnensmuurs gehou. Verskeie Christelike sektes weier heeltemal om Kersfees te vier want, sę hulle, dit het ’n heidense oorsprong in die Romeinse fees van Saturnalia.
Soms lyk dit selfs of dit goed kan wees om van Kersfees ontslae te raak, met al sy partytjies en dronkenskap, die swaar spandering wat daarmee saamgaan en gebruike wat dikwels meer te doen het met gulsigheid, kommersialisme en heidense oorblyfsels as met die boodskap van die Evangelie.
Aan die ander hand is daar ’n bekende geestelike liedjie wat verklaar: “I will celebrate nativity, for it has a place in history.”[1] Sou ons geen datum op die almanak gehad het om die geboorte van God-as-mens te merk nie, sou ons een moes skep. En as ’n mens van die heidense aspekte ontslae raak, is Desember tog ’n goeie tyd om juis dit te doen.
Al was 17 Desember die Saturnalia en 25 Desember die geboortedag van die Persiese god Mitra (wat in die Romeinse leër gewild was), is daar ook ’n skriftuurlike fees wat in Desember vasgelę is. Maar om twee redes is ons geneig om dit te vergeet: die Kerk van Rome het blykbaar oorspronklik die jaargety daargestel om Christene die kerk in te trek op ’n tyd wanneer heidene met onmatigheid besig was; en die skriftuurlike oorsprong van Kersfees verskyn in ’n boek wat die Protestantse Kerke nie altyd gelukkig is om as deel van die Bybel te erken nie: die Eerste Boek van die Makkabeërs.
Die Makkabeërs? vra jy miskien. Was hulle dan nie vňňr Jesus nie? Die verbintenis is ’n wonderwerk wat, teen die tyd van Jesus, deel geword het van die Joodse leefwyse in die vorm van die Fees van Toewyding,[2] wat in hoofstuk 10 van Johannes se Evangelie genoem word. In werklikheid lyk dit vir my dat dit die viering was van hierdie fees – wat ook Hanukka, of Ganuka genoem word – deur vroeë Joodse Christene die hoofrede is waarom dit steeds deel is van ons kalender.
Ironies genoeg is die datum oorspronklik deur ’n heidense koning vasgestel om sy verjaardag te vier. Sy naam was Antiogus Epifanes,[3] die Griekse heerser van Sirië, en in 169 nC het hy onsuksesvol teen Egipte oorlog gevoer. Hy het woedend huis toe gekeer, vas beslote om sy onderdane vir sy nederlaag te straf. Die Jode, het hy besluit, moes dan ook soos al die ander goeie heidene in Sirië word. Sy verjaardag, wat 1 Makkabeërs ons vertel op 25 Kislev (Desember) geval het, het hy gevier deur om op die altaar van die Tempel in Jerusalem ’n vark aan Olimpiese Zeus te offer.
Was dit nou nie genoeg om die Tempel te ontheilig en te verseker dat elke Godvresende Jood op dees aarde sy bloed sou soek nie, het hy ook beveel dat daar in elke dorp en dorpie in Judea heidense offers gemaak moes word. Toe die bevel in Modin, 5km noord van Jerusalem, uitgevoer is, het ’n priester genaamd Mattathias en sy vyf seuns die eerste Jood wat ’n vark geslag het, doodgemaak, asook die soldate wat gestuur is om hierdie heiligskennis versterk, en enigiemand anders wat hulle teengestaan het.
Aangesien hulle dan outomaties rebelle was, het die seuns van Mattathias nou ’n guerrilla-oorlog begin voer. Mattathias self is kort daarop oorlede en die opstand is deur sy derde seun, Judas, wat as die Hammer (Maccabeus) bekend gestaan het. Nŕ drie jaar se oorlogvoering het Judas die Tempel ingeneem, ’n jaar na die “ontheiliging van die vesting” van Antiogius (waarna Daniel verwys het), en het hy dit dadelik weer ingeheilig.
Maar die manne wat die Tempel tot ’n heilige toestand herstel het, is afgesny. Die burg van Jerusalem was steeds in die valse hoëpriester Jason en sy gewapende magte, en agt dae lank kon geen voorrraad na die Tempel gebring word nie.
Daar was in die Tempel slegs genoeg heilige olie vir een lamp om ’n enkele nag lang te kan brand – maar tog het die lamp van ewigdurende lig agt dae lank in die Heilige Plek gebrand, sonder om te flikker.
Die wonderwerk het nie uit die geheue verdwyn nie, en is dit beveel dat daar elke jaar in Desember[4] agt dae lank agt lampe of kerse in elke Joodse huishouding aangesteek sal word,
eers slegs een op die eerste dag, twee op die tweede dag en so an tot op die
agtste dag; en op die een of ander manier het daar ook ’n negende lamp of kers
ook bygekom. Dit dan is die oorsprong van die nege-takkige kandelaar (menorah) wat op hierdie geleentheid gebruik word, plaas van die gewone sewe-takkige menorah, wat God se volmaaktheid in die sewe de van die Skepping simboliseer.
Christene is dikwels geneig om Ganoeka te beskou as bloot ’n namaakisel van Kersfees, maar dit behoort nou duidelik te wees dat hierdie Ligtefees[5] vňňr Christus gekom het – en in werklikheid veel te doen het met die Lig van die Węreld.
Maar dit
krap bloot op die oppervlak van die vraag “Waarom vier ons Kersfees?”
[1] “Ek sal die Here se geboorte vier, want dit is deel van die geskiedenis.”
[2] Die naam verwys na die inwyding van die Tempel – die her-inwyding van die herboude Tempel in die tyd van Nehemia.
[3] Epifanes beteken “die sigbare god” – Antiogus IV was daarmee behep dat hy in lewende lywe ’n god was. Hy was ook lief om sy naam vir stede te gee: die een in Sirië (dit word vandag Antakya, in Turkye, genoem) staan tot vandag toe. Nog een, Antiochië in Pisidië (suid-Galasië) word in die Nuwe Testament genoem.
[4] Min of meer in Desember – aangesien dit ’n maan-maand is, skuif Kislev op ons almanak rond.
[5] Die Joods-Romeinse geskiedkundige Josefus verwys daarna met hierdie naam.
For English, click here
Terug na Heiliges & Jaargetye-indeks