Besnyding
– wat kan en behoort die Kerk daaromtrent te doen?
deur Mike Oettle
ELKE jaar tydens die skoolvakansie gaan duisende jong swart Suid-Afrikaanse
mans en seuns bos toe om besnydings- of ontgroeningskole by te woon.
En elke maal as besnydingskole aangevoer word, kom daar
berigte van jonglui wat sterf, wat hul manlikheid verloor of wat grusame lyding
ondergaan omdat die ritueel verkeerd uitgevoer is.
Besnyding is nie ’n gebruik waarby die Kerk tradisioneel
betrokke geraak het nie. Daar is ’n diepe houding van verdagtheid daarteen
omdat Paulus so hewig teen hierdie gebruik onder nie-Joodse Christene geleer
het.
Tog staan die Kerk met hande gevou en laat dit toe dat
jong swart mans met alle geweld gedruk word om die ritueel by te woon – kêrels
wat gereeld in die banke sit van kerke in die Gereformeerde tradisie, en van
Anglikaanse, Metodistiese, Presbiteriaanse, Rooms-Katolieke en vele ander
Christelike kerke.
In sommige landsdele, veral KwaZulu-Natal, is die
besnyding nie ’n kwessie nie, want Shaka het, as deel van die proses van die
vestiging van sy koninkryk, dit afgeskaf.
Maar vir die swart mense van die Oos-Kaap is hierdie
heidense ritueel wel deeglik deel van ons lewens, en blankes word ook nie
daarvan uitgesluit nie – alhoewel dit ’n uiters besonderlike gebeurtenis is
wanneer ’n jong blanke kêrel saam met sy swart maats ’n besnydingskool bywoon.
Moet dit ook nie misken nie: dit is ’n heidense gebruik.
Dit vereer die ontslape voorvaders, en dié wat daaraan
deelneem word geleer om vrouens rof te hanteer, en om seksuele gunste af te
eis. Die kultuur van die besnydingskole is hoogs seksisties en moedig
verkragting aan.
Die praktiseerders van besnyding sal dadelik dit ontken.
Hulle draai die rituele en leerstellings van die skole in ’n web van misterie
toe, sò geheimhoudend dat hulle bereid is om dié wat hulle geheime verklap,
dood te maak.
Maar hulle geheime móét die daglig sien, des te meer
omdat hulle dit vir kerkgaande jonglui dit aanleer.
Is die besnydenis self verkeerd? Ek sou sê dat dit nie so
is nie, aangesien God vir Abraham beveel het hom sy seun Isak, homself en al
die manlikes van sy huishouding te besny.
Ook is daar gesondheidsredes agter die besnyding. En
terwyl die verwydering van die voorvel duidelik vir die seun of man voordelig
sal wees, is dit veral vroue wat daarby baat.
Statistiek bring aan die lig dat die vroue van besnyde
mans – hieronder veral Jodinne en Xhosa-vroue – ’n lae insidensie het van
servikale kanker, terwyl Zulu-vroue ’n hoë indisensie toon vir hierdie siekte.
Prostitute is ook vir hierdie soort kanker vatbaar.
Is dit dan vir Christene verkeerd om te besny? ’n Mens
kan tot hierdie gevolgtrekking kom deur om Paulus se briewe te lees, want hy
stel dit ferm dat niemand vir nie-Joodse gelowiges mag dwing om besny te word.
Tog het Paulus persoonlik vir Timoteus besny as
voorbereiding op hulle sendingreis saam in gebiede waar hulle aanvanklik die
sinagoges sou besoek. Elke maal toe hulle ’n miqweh (Joodse rituele bad)
besoek het, sou dit vir almal teenwoordig duidelik wees wie besny is en wie
nie.
En aangesien die bywoning van ’n miqweh
verpligtend was vòòr die bywoning van die Sabbats-eredienste (Vrydagaand en
Saterdagoggend), en voor die hoë heilige dae, sou dit skaars ontwyk kon word.
Paulus se teenkanting teen die besnydenis is ’n standpunt
wat hy ingeneem het in teenstanding teenoor dié wat daarop aangedring het dat,
voordat nie-Joodse gelowiges gedoop word, hulle (die manlikes) eers besny moet
word. Dit, het hy gesê, het daarop neergekom dat hulle aan die volle las van
die Reg onderwerp word voordat hulle tot die vryheid van Christus se Nuwe
Gelofte toegelaat is.
Op gelyke wyse is die toelaat van ons jong mans om in
heidense ontgroeningskole besny te word, ’n onderwerping tot die volle las van
die heidense gelowe van hul voorouers. Deur die ritueel verkry die
voorouergeeste – en wie weet watter ander soorte donker magte – ’n vashou in
hulle lewens.
Dit moet ook in gedagte gehou word dat daar ’n diep
ingewortelde houding is onder die stamme wat die besnyding as gebruik behou,
dat ’n onbesnyde manlike nie ’n man is nie. Mans wat trou (of wat buite die
huwelik pa word) sonder dat hulle die bos-ritueel deurgaan het – al is hulle
chirurgies besny – word aan uiters rowwe behandeling onderwerp, en is dit nie
ongehoord dat hulle doodgemaak word nie.
Ek glo dis tyd dat die Kerk ’n standpunt in hierdie
kwessie inneem, en om te sê dat dit self sy jong mans sal besnys.
Kerkleiers moet dit duidelik maak dat hulle daardeur nie
die inisiandi aan die Abrahamitiese Gelofte onderwerp nie, ook nie dat hulle
aan die heidense bygeloof oorgee nie.
Eerder sou hulle ’n ou ritueel nuwe betekenis gee.
Verder sal hulle die geleentheid hê om die inisiandi
houdings en benaderings teenoor vroue te leer – tewens, teenoor alle lede van
die samelewing – wat Christelike en Skriftuurlike beginsels handhaaf.
Daar sal teen hierdie voorstel teenkanting wees van vele
wat sal sê dat die Kerk homself nie by die besnydenis behoort in te meng nie.
Die alternatief is egter om toe te laat dat die jong mans
in ons kerkbanke heidense bosskole bywoon, om leerstellings ingeprent te word
wat geheel en al die teenoorgestelde is van die leer van Christus, en om
aangemoedig te word om vroue te verkrag en te mishandel.
En dit is uit die geledere van sulke jong mans dat ons in die jare wat kom
gaan poog om leierskap in die Kerk op te bou.
Nee, om op so ’n fondament die Kerk te bou is nie minder nie as huisbou op
sand.
For English, click here
Terug na Heiliges & Jaargetye-indeks
Skryf vir my:
Mike Oettle