Die
Viljoen familie: die eerste geslagte
Kaap van Goeie Hoop
in die 17de eeu.
|
Francois Villion en Cornelia
Campenaar, die stamouers van die Viljoen familie, het ses kinders (b1
- b6) (die b-geslag) soos hieronder gehad.. Twee hiervan, naamlik Henning b3 (derde kind van die stamouers) en
Johannes b4 (vierde kind van die stamouers), het die stamnaam voortgeplant. Albei van hulle het net
een seun gehad wat die stamnaam voortgeplant het, wat in albei gevalle
toevallig dieselfde voornaam as die vader gehad het, naamlik Henning
b3c4 (seun van Henning b3) en Johannes b4c2 (seun van Johannes b4). Dit het aanleiding gegee tot onderskeidelik
die Henning-tak en die Johannes-tak van die Viljoen stamboom. |
Hierbo word slegs die
name aangegee van die eerste geslagte van manlike afstammelinge wat die
stamnaam Viljoen voortgeplant het (Henning stam
in rooi, Johannes stam in blou). (x
dui op huwelik, xx op tweede huwelik). Die volledige naamlys van
die eerste vier geslagte volg hieronder:
-
b1 Pieter Viljoen, gedoop
in Kaapstad op 1677.02.07. Hy het nie getrou nie en was in 1699 doopgetuie
met die doop van sy suster Anna b2 se seun. In 1709 was hy doopgetuie
van die seun b3c2 Frans van sy broer b3 Henning. Niks is
verder oor hom bekend nie.
-
b2 Anna Viljoen, gedoop
op 1678.05.19 in Kaapstad. Tree op 1691.12.09 in die huwelik met Heinrich
Venter; hulle is die stamouers van die Venter familie in Suid-Afrika.
-
b3 Henning Viljoen, gedoop
in Kaapstad op 1682.05.19; boer van die plaas "Watergat" naby Simondium,
die Kaap. Tree in 1707 die huwelik met Margaretha de Savoye, gebore
in 1671 (weduwee van Christoffel Snyman). Sy was 'n Hugenote vlugteling
wat in 1688 met haar ouers Jacques de Savoye en Marie Madeleine
le Clerq in die Kaap van Goeie Hoop op die skip die "Oosterlandt"
aangekom het. Uit hulle huwelik is vier kinders gebore, en hulle is die
ouers van die Henning-tak van die Viljoen familie:
-
b3c1 Cornelia Viljoen,
gedoop te Stellenbosch op 1708.03.05; ongetroud oorlede.
-
b3c2 Frans Viljoen, gedoop
te Stellenbosch op 1709.12.26, ongetroud oorlede.
-
b3c3 Henning Viljoen,
gedoop te Stellenbosch op 1712.03.12; jonk oorlede en weer vernoem:
-
b3c4 Henning Viljoen,
gedoop te Stellenbosch op 1713.06.16. Boer van Drakenstein. Tree op 1732.11.06
in die huwelik met Susanna Durand, gedoop op 1716.06.06, dogter
van Jean Durand en Anna Vermeulen. Twaalf kinders is uit
hierdie huwelik gebore, soos volg:
-
b3c4d1 Margaretha Cornelia
Viljoen, ged. 1734.01.09, ongetroud oorlede.
-
b3c4d2 Johannes Viljoen,
ged. 1735.07.17, getroud met Anna Cornelia Venter.
-
b3c4d3 Margaretha Theresia
Viljoen, gedoop 1737.06.02, ongetroud oorlede.
-
b3c4d4 Wilhelmina Johanna
Viljoen, gedoop 1740.08.14, ongetroud oorlede.
-
b3c4d5 Cornelia Viljoen,
gedoop 1743.10.13, getroud met Johannes van Aswegen; hertrou met
Jozua Joubert; hertrou tweede keer met Gerrit Visser.
-
b3c4d6 Elizabeth Viljoen,
gedoop 1746.03.21, getroud met Arie Willem van Wyk.
-
b3c4d7 Franciscus Jonathan
Viljoen, gedoop 1750.09.13, ongetroud oorlede.
-
b3c4d8 Jonathan Viljoen,
gedoop 1750.09.13, ongetroud oorlede.
-
b3c4d9 Pieter Albertus Viljoen,
gedoop 1752.02.13, ongetroud oorlede.
-
b3c4d10 Johannes Hercules
Viljoen, gedoop 1753.04.29, getroud met Anna Jacoba Kruger;
hertrou met Barbara Jacomina Peltzer.
-
b3c4d11 Albertus Viljoen,
gedoop 1755.08.31, getroud met Johanna Elizabeth Griesel.
-
b3c4d12 Johannes Hendricus
Viljoen, gedoop 1758.07.02, getroud met Susanna Elizabeth Lubbe.
-
b4 Johannes Viljoen,
gedoop op 1684.09.24 in Kaapstad. Tree op 1708.08.14 in die huwelik met
Catharina Snyman, gedoop op 1692.01.27, dogter van Christoffel
Snyman en Margaretha de Savoye. Johannes Viljoen b4 het dus
met sy skoonsuster se dogter uit haar eerste huwelik getrou, sodat sy skoonsuster
ook terselfdertyd sy skoonmoeder was. Uit die huwelik van Johannes Viljoen
b4 en Catharina Snyman is twee kinders gebore, en hulle is die ouers van
die Johannes-tak van die Viljoen familie:
-
b4c1 Margaretha Viljoen,
gedoop 1709.12.01; jonk oorlede.
-
b4c2 Johannes Viljoen,
gedoop 1711.09.19. Boer van Drakenstein, later beesboer in Het Land van
Waveren (huidige Tulbagh). Verkry op 1745.12.06 leenreg op die plaas Doornrivier,
(huidige) distrik Worcester. Trou op 1744.03.08 te Paarl met Aletta
Olivier, gedoop 1725.07.15, dogter van Hendrik Olivier en
Maria Vivier. Agt kinders is uit hierdie huwelik gebore, soos volg:
-
b4c2d1 Johannes Hendricus
Viljoen, gedoop 1745.02.21, getroud met Anna Francina Joubert.
-
b4c2d2 Christoffel Viljoen,
gedoop 1747.01.29, getroud met Elizabeth du Plessis; hertrou met
Maria Elizabeth Scheepers.
-
b4c2d3 Willem Viljoen,
gedoop 1748.10.06, ongetroud oorlede.
-
b4c2d4 Catharina Maria Viljoen,
gedoop 1751.04.25, getroud met Pieter Jacobus Conradie.
-
b4c2d5 Jacobus Petrus Viljoen,
gedoop 1753.04,22, getroud met Hermina Conradie.
-
b4c2d6 Hercules Viljoen,
gedoop 1755.10.05, getroud met Elisabet Maria Rasp.
-
b4c2d7 Geertruy Jacomina
Viljoen, gedoop 1757, getroud met Willem Jacobus van der Merwe.
-
b4c2d8 Aletta Cornelia Viljoen,
gedoop 1760.08.17.
-
b5 Cornelia Viljoen,
gedoop te Stellenbosch op 1686.10.13; trou in 1702 met Herculé
du Preez, en na sy dood hertrou sy in 1722 met Christian Maasdorp.
-
b6 Francina Viljoen,
gedoop te Stellenbosch op 1689.04.24. Sy is waarskynlik kort na haar vader
se dood gebore, en na hom vernoem. Trou met Jacob Cloete, gedoop
1675.11.03, by wie sy 6 kinders het..
Volgende: Wie
was die Hugenote?
Voorblad.
|