Heiliges en Jaargetye
http://www.oocities.org/saintsnseasons

‘Grens-opruier’

deur Mike Oettle

SUID-AFRIKAANSE geskiedenisboeke gebruik van hul wreedste woorde vir drie manne, en noem dikwels nie eens hulle voorname nie: Van der Kemp, Read and Philip. Hierdie drie amptenare van die London Missionary Society[1] (LMS) word aangesien as die bron van al die kwaad wat, in die oë van grensboere soos die 1820-Setlaars en dié wat Voortrekkers sou word, uit die sending-nedersettings gekom het.

Eers het ek die kollig op dr Johannes Theo­dorus van der Kemp, stigter van Bethelsdorp, geplaas; nou is dit die beurt van sy assistent, James Read (gebore 3 Desember 1777).

Ongelukkig kom Read met ’n onbevlekte reputasie weg nie, en is hy dikwels gekritiseer, selfs deur sy kollega dr John Philip. Om die waarheid te sę het feitlik niemand vir hom ’n goeie woord nie, en sou dit aangenaam wees om selfs een skrywer te vind wat in hom goeie eienskappe vind. Miskien was sy grootste nadeel die feit dat hy nie ’n opvoeding gehad het nie, want sy beroep was dié van timmerman, en dit is onduidelik watter opleiding hy ontvang het vir sy werk as sendeling.

Die een feit wat veroorsaak het dat hy meer verafsku is as enigiemand anders, is miskien dit, dat Read die eerste blanke sendeling aan die Kaap was wat ’n vrou geneem het van buite die blanke gemeenskap: hy is 29 Junie 1803 met ’n Khoikhoi- (“Hot­tentot”)-vrou genaamd Sarah getroud (sy is 1849 oorlede). Sy het aan etlike kinders geboorte gegee, van wie drie seuns en vyf dogters geleef het toe James self oorlede is.

Die voordeel, soos Read dit ingesien het, in ’n bruin vrou het daarin gelę dat hy homself met die gemeenskap waaronder hy gewerk het, sou identifiseer; die nadeel was dat hy in die oë van die blanke koloniale samelewing dadelik alle eerbaarheid verloor het, beide amptenare en boere. Read het duidelik gevoel dat identifisering belangriker was.

James is op Abridge, in Essex, gebore, en is in die ouderdom van 20 deur die LMS aanvaar. Sy eerste plasing as sendeling het die gevolg gehad dat hy langs die Brasiliaanse kus deur ’n Franse kaperskip onderskep is, en hy het daarna verdere opleiding ondergaan voordat hy in 1800 Kaap toe gestuur is. Hy het ’n ruk lank op Wagen Makers Vallei (tans Wellington) gewerk, en het toe op Graaff-Reinet by dr Van der Kemp aangesluit. Hy het op die Khoikhoi-nedersetting op die dorp onderwys gegee en vir Van der Kemp tydens sy derde reis na Xhosaland in 1801 vergesel. Toe Van der Kemp en die Khoikhoi-nedersetters in 1802 Algoabaai toe moes vlug, was Read deel van die groep wat onder Van der Kemp op Bothas Plaats (iewers langs die Kragga-Kammaweg) hulle gevestig het, en wat in 1803 Bethels­dorp verleen is.

In 1808 en weer in 1811 het Read na die LMS geskryf met klagtes oor die mishandeling van Khoikhoi deur Boere. Hy het beweer dat oor die 100 moorde rondom Bethelsdorp plaasgevind, en het hy vir William Wilberforce uitgedaag om op te tree. Dit het Wilberforce gedoen, en druk is op goewerneur sir John Cradock geplaas. Cradock het toevallig reeds die eerste rondgaande hof aan die Kaap beveel. Van der Kemp is ongelukkig in 1811 oorlede, en toe die hof op Uitenhage gesit het, was dit Read wat die getuienis moes pre­senteer. Read het by verre na nie die vermoë gehad wat Van der Kemp gehad het, en was dit vir hom nie moontlik om genoegsame getuienis na vore te bring nie – geweldige druk is deur werkgewers op werknemers geplaas, en was daar ook die dreigement van straf vir “ydel” aanklagte – om die hof te bevredig nie. Alhoewel een moordenaar skuldig bevind is, is sy doodsvonnis versag. Hy het wel enkele skuldigbevindings vir aanranding verkry, maar die meeste van die aangeklaagdes het vry geloop.

Nog ’n gevolg van Van der Kemp se dood is dat Read, wat benoem is om van hom oor te neem, daarop aangedring het dat iemand uit Brittanje gestuur word om beheer te neem. Dr George Thom het toe hierdie pos gevul.

Tydens die LMS-sinode van 1817 in Kaapstad, is Read van ’n aantal ongerymdhede aangekla, en ’n ondersoek is beveel. Dr John Philip het in Februarie 1819 in die land aangekom om die bewerings te ondersoek, en het hy die rooskleurige berigte van Bethelsdorp wat Read Brittanje toe gestuur het, gekondemneeer.

Read het egter reeds in 1816 die kolonie verlaat om onder die Thla­phing-Tswanavolk te werk. Hy het hulle op Dithakong (ook [Ou] Lithako) genoem, tans in Botswana, besoek, maar het hulle oorreed om na Nuwe Lattakoo (Lithako) te trek; dit was ’n nedersetting wat hy naby Kuruman gestig het. Dit het egter geblyk dat sy gewildheid onder die Thlaping te danke was aan die geskenke wat hy vir hulle gegee het.

Philip het in 1820 vir hom gedwing om na Bethelsdorp terug te keer. Die daaropvolgende nege jaar het Read op Bethelsdorp en op Theopolis[2] as die sending se ambagsman en skoolmeester gewerk.

Read en sy seun James (1811 gebore) sou steeds op die Kaapse oosgrens ’n beduidende rol speel, en ek sal in hierdie artikel na hulle terugkeer.



[1] Die LMS, wat in 1795 in Londen gestig is, was oorspronklik interdenomisionaal, maar het Congregationalisties (of “Independent”) geword toe die ander denominasies (onder andere Anglikane) weggeval het toe hulle hul eie denominasionale sendingorganisasies gestig het.

[2] ’n Sendingstasie in die distrik Benede-Albany (Bathurst), wat naby die Kasougariviermonding lę tussen Kenton-on-Sea en Port Alf­red. Dit is tans ’n plaas met die naam Theophilus.


Counter

Terug na bo

For English, click here

  • Hierdie artikel is Meimaand 1994 in Western Light, maandblad van die parogie van Alle Heiliges, Kabegapark, Port Elizabeth, gepubliseer, en is deur die skrywer vertaal.

  • Terug na indeks van heiliges

    Terug na chronologiese indeks

    Terug na Heiliges & Jaargetye-indeks


    Skryf vir my: Mike Oettle