Elwe en Feë

Shakespeare se feë

deur Ælf

Where the bee sucks, there suck I

In a cowslip’s bell I lie;

There I couch when owls do cry,

On the bat’s back I do fly

After summer merrily;

Merrily, merrily shall I live now

Under the blossom that hangs on the bough.

 

HIERDIE bekende Engelse woorde is reeds geslagte lank deur skoolkinders as liedjie geleer – selfs Afrikaanse kinders.

Dit was geensins uniek dat my laerskool-sangklas op ’n Engels-medium skool op Rondebosch in die 1950s Rondebosch dit geleer het, en terwyl ons vertroud geraak het met ’n liriek wat na aan vier eeue oud was, het ons tegelykertyd etlike heel vreemde idees oor feë ingesluk, want dit is die lied van Ariel, ’n karakter in William Shakespeare se The Tempest.

Was feë dan rêrig so klein dat hulle in die kelkie van ’n blommetjie (’n sleutelblom) kon inpas wat kleiner is as ’n man se duim?

Nouja, as jy dit in berekening bring dat die regte feë mense was, Homo sapiens, in hul volwasse jare selde korter as 4vt (121 cm), is dit dan eintlik belaglik.

Voeg dit daarby dat Ariel en ander feë in die toneel deur mense gespeel is (miskien seuns, maar tog regte mense), vereis dit ’n taamlike verbeelding, nie waar nie?

Maar miskien was Shakespeare ook besig om dit die gedagte oor te bring dat feë – bo en behalwe dat hulle die “klein volkies” was – die hulself kon wegsteek. Daardie vaardigheid het neergekom op weinig meer as ’n vermoë om goed gebruik gemaak van natuurlike dekking, en die feit dat hulle klerasie in natuurlike kleure was wat goed met die landskap saamgesmelt het, het ook hiertoe bygedra.

Margaret A Murray let daarop dat Shakespeare gebore is sowat ’n geslag se tyd nà die Engelse omheinings. Dit was ’n groot poging om die landskap te verander, en het die oprig van heinings oor groot weivelde omhels, grond wat tot op daardie stadium in gemene besit was.

Wette is in die Parlement deurgevoer wat die oprig van sulke omheinings gemagtig het, alhoewel sulke wette so onregverdig gegrond was dat dit te betwyfel is dat ’n hedendaagse hof dit sou toelaat dat hulle so ligweg weggedoen het met die regte van allerhande mense wat regte gehad het om hulle vee op sulke meente te laat wei.

Die uitwerking van die omheinings was om geweldige stukke van Engeland se landskap vir skaap oop te maak, die besittings van magtige grondeienaars, wie op hulle beurt reuse winste kon oes uit die produksie van wol, wat vir die tekstielbedryf benodig was.

Die omheinings was in grote mate ’n voorloper van die Industriële Rewolusie van sowat twee eeue later, en het die Engelse ekonomie aansienlik aangesterk – maar die rykdom wat hulle geskep het was in die hande van ’n klein elite gekonsentreer.

Die effek wat dit op die gewone mens gehad het, is nie so goed gedokumenteer nie.

Gewone kleinboere sou kwellende verliese gely het, maar hulle was heel waarskynlik mense wat ook inkomste uit verskeie take vir ander mense geput het, soos byvoorbeeld die plaaslike grondheer.

Maar die mense wat die swaarste gely het, is skaars raakgesien, waarskynlik omdat hulle reeds eeue lank deur die owerhede nie raakgesien is nie.

Dit wat spesifiek die klein mensies, die oerbewoners van die land, die baie menslike feë wat die rofste dele van die landskap bewoon het, met hul tuistes in alleenstaande hutte of klein gehuggies wat vir die owerhede onbekend was. Hulle het hul eie kos in klein hoeveelhede gekweek, en het waarskynlik ook wilde kos soos bessies en neute ingesamel, en hul eie beeste aangehou.

Dit was in die beeste waar hulle die swaarste gely het, want dit was van hierdie vee wat hulle hulself kon onderhou met melk, room, kaas en vleis wat nie van die aangrensende heer se jaggebied “gesteel” is nie.[1]

Feë is uit hul beskeie tuistes gedwing en het noodgedwonge in gevestigde dorpe en stede gaan bly, dikwels sonder hul koeie. Waar hulle in nedersettings gewoon het waar kerke gestaan het, het hulle dan ook onder druk verkeer om kerkgangers te word en om hulle heidense[2] gebruike te laat staan. Hulle het dan Christene geword, en is met Christene getroud, en hulle aparte bloedlyne het dan met dié van die res van die bevolking vermeng.

Teen die tyd wat Will Shakespeare gebore is, was kennis van die feë – wat altyd iets was waarvan daar min gepraat is, want hulle was inderdaad heidene – grotendeels vergete, en was reeds vermeng met fantastiese gedagtes.

Shakespeare se gebruik in sy geskrif van hierdie fantastiese denkbeelde het verder gedien om dit dieper te laat inprent, en om ander aan te moedig om al hoe meer ongelooflike feëstories te vertel.



[1] Die regte van here om op die grondgebied wat aan hulle verleen is, was in Brittanje tradisioneel nie die soort reg wat huurders heeltemal verbied het om te jag of vis te vang nie. Huurders en ander plaaslike inwoners is van die vroegste tye toegelaat om wild te jag of in strikke te vang om hulself en hul famlies te voed

Maar vanaf ten minste die tyd van die omheinings, het baie Britse here en ander grondeienaars hebsugtig geraak en het antieke dokumente so geïnterpreteer dat hulle uitsluitlike eienaarskap van jagregte gehad het. Hierdie regte is toe uitverheer as ’n manier om verdere inkomste in te win, of is mede-here genooi om teel te hê aan jag en skiet (of “huntin’ and shootin’ ”, soos die Engelse aristokrasie dit genoem het, en dikwels teen ’n aansienlike inbetaling.

Huurders wat “op heter daad” betrap is waar hulle gejag, gestrik of visgevang het, is nie soos in die verlede toegelaat om voort te gaan nie (solank hulle slegs genoeg gevat het vir hul eie behoeftes), maar is van hulle vangste ontneem en is in die tronk gewerp of in die blok vasgemaak; dikwels is sulke “wildstelers” het dan lank in die tronk gesit of is selfs vir hulle “vermetelheid” en “kriminaliteit” opgehang.

[2] Die woord heiden verwys na die heide of wilde terrein waar hulle geleef het. Selfs so laat as die Hoë Middeleeue was mense wat in verafgeleë dele van die Britse Eilande, Frankryk, Duitsland en Skandinawië dikwels nie Christene nie, en het oer-oue gelowe behou.


Counter

Terug na bo

For English, click here

Terug na hoofbladsy vir Elwe en Feë


Skryf vir my: Ælf