Skole
Skoolverwysings ]

 

Home
Up
Agtergrond
Skole
Beroepkeuse
Korporatief
Verhoudings
Kursusse
Terugvoering
Private Konsultasie

eduTainment se unieke benadering tot die afname van Ontwikkelingsprofiel waar dit samewerking met 'n skool gedoen word, word landwyd hoog geprys.

Indien u Skool nie van ons dienste gebruik maak nie... Kontak ons!

Vir meer besonderhede in verband met 'n Private Konsultasie - Kliek Hier

GRATIS DIENS

eduTainment bied die afname van die Ontwikkelingsprofiel as ‘n gratis diens aan skole, of die leerders 'n konsultaie bywoon of nie.

Die bespreking van hierdie inligting is van onskatbare waarde in die sukses van leerders – vanaf hul skolastiese prestasie, tot verskeie keuses wat vir hulle sukses in die naskoolse lewe kan besorg!

SAMEWERKING

Vir die Skoolhoof en sy personeel is profiel-inligting van die Graad 9 en Graad 11 leerders van onskatbare waarde.

Die afname neem ongeveer 'n uur en om tyd en logistieke vir al die betrokke partye te bespaar geskied dit per klas of in Graadgroep, soos ooreengekom.

eduTainment verskaf opgeleide personeel om die leerders met die afname by te staan en te verseker dat al die leerders die vrae volledig beantwoord.

PROFIEL BESPREKING

Die ouers word per 'n brief ingelig dat hul seun/dogter die Ontwikkelingsprofiel afgelê het, en dat 'n eduTainment konsultant graag die profiel per geleë afspraak met hulle en die leerder sal bespreek.

Verkieslik moet albei ouers en die leerder die een-'n-half-uur bespreking van die breinvoorkeur-, temperament- en stresprofiele bywoon. Dit dra nie alleen by tot bevordering van ouer/kind/ouer-verhoudings nie maar help ook die leerder help om die self beter te vertsaan.

Aandag word ook aan vak- en beroepskeuses, met verwysing na die individuele voorkeurprofiel gegee, om die leerder met dié belangrike keuses te ondersteun. 

Waar die ouers en leerder 'n behoefte ontdek, sal eduTainment meer inligting verstrek oor die LewensverrykingsKursus wat vir Graad 9 en Graad 11 leerders aanbied word. Meer inligting is beskikbaar onder Kursusse

Vir 'n Private of Familie konsultasie KLIEK HIER

Kontak ons per E-pos of vul die kort Terugvoervraelys in

TEL 012 322 2093 / 012 345 4388   TEKEN Gasteboek  SEL 082 416 1596 FAKS 086 671 8811

This site is designed and maintained by Pyramid Voices ©2001 - 2004 [Gareth H Broeksma]  Electronic Mail