Heiliges en Jaargetye
http://www.oocities.org/saintsnseasons

‘Staan op, gaan voort, doen iets’

deur Mike Oettle

WAT dink jy is die dryfkrag agter die bediening van Elias Chacour? Ek kyk nou ’n derde maal na hierdie Palestynse priester se buitengewone bediening omdat ek glo dat dit iets het wat vandag vir ons aanspreek, waar ons ons ookal bevind.

Natuurlik is die evangelie daaragter; natuurlik is dit sy roeping as diener van Christus. Maar dit het ook baie te doen met daardie graad wat hy aan die Hebreeuse Universiteit in Jerusalem behaal het, waar hy onder verskeie ander dinge Aramaïes geleer het – die taal wat Christus tuis gebruik het, en ook in Sy prediking in Galilea en Judea. Elias skryf (volgens my vertaling):[1]

“Omdat die Bybel soos ons dit ken, ’n vertaling is van ’n vertaling, kry ons soms ’n wanindruk. Byvoorbeeld is ons daaraan gewoond om dit te hoor dat die Saligsprekinge passief uitgespreek word.” Hy haal aan:

 

Geseënd is dié wat honger en dors na wat reg is, want hulle sal versadig word

Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.

Geseënd is dié wat rein van hart is, want hulle sal God sien.

Geseënd is dié is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

 

“Geseënd,” skryf hy, “is die vertaling van die woord makarioi, wat in die Griekse Nuwe Testament gebruik word. Maar as ek verder terugkyk na Jesus se Aramaïes, vind ek dat die oorspronklike woord ashray was, van die werkwoord yashar. Ashray het glad nie hierdie passiewe kwaliteit nie. Inteendeel beteken dit ‘om jouself op die regte pad te set om die regte doel, om om te keer, om tot inkeer te kom, om reguit of regskape te word’.”

Elias vra: “Hoe kon ek byvoorbeeld na ’n vervolgde jong man in ’n Palestynse vlugtelingkamp gaan en sê: ‘Geseënd is dié wat om geregtigheidsake vervolg word, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel’? Daardie jong man sou my uitkryt, en sê dat nóg ek nóg my God sy verknorsing verstaan nie, en hy sou reg wees.”

Dus kom hy tot hierdie gevolg: “Wanneer ek Jesus se woorde in die Aramaïes verstaan, vertaal ek dit só:

 

Staan op, gaan voort, doen iets, beweeg, julle wat honger en dors na wat reg is, want julle sal versadig word.

Staan op, gaan voort, doen iets, beweeg, julle vredemakers, want julle sal kinders van God genoem word.

 

“Vir my,” sê abuna Elias, “reflekteer dit Jesus se woorde en leerstellinge heelwat meer akkuraat. Ek kan hom hoor sê: ‘Maak jou hande vuil om ’n menslike samelewing vir mense te bou; anders sal ander die armes vermartel en vermoor, en ook vir die stemlose en die magtelose.’

“Christelikheid is nie passief nie, maar aktief, energeties, lewendig, dit gaan wanhoop verby.”

Elias vertel ’n storie wat bekend klink: “Eendag het twee vlermuise in ’n pot melk geval. Die pes­si­mis­tiese vlermuis het gesê: ‘Wat kan ek doen? Sal ek sukkel en neersink, en so baie moeg vrek? Ek sal nie moeg wees nie.’ Hy het in die melk geval en het dadelik verdrink.

“Die optimistiese vlermuis het gesê: ‘Ek sal tot aan die einde streef, en ten minste sal hulle sê dat ek alles probeer het.’ Sy het geworstel en geworstel, in ’n poging om te vlieg, totdat sy flou geword het. Later word sy wakker en vind dat sy veilig op ’n groot klont botter lê. Dit is nie om vir wanhoop in te gee nie, dit is om wanhoop verby te gaan.

“ ‘Staan op, gaan voort, doen iets, beweeg,’ het Jesus vir Sy dissipels gesê.”



[1] In sy boek We Belong to the Land, deur Marshall Cavendish uitgegee.


Counter

Terug na bo

For English, click here

  • Hierdie artikel is oorspronklik Juniemaand 1993 in Western Light, maandblad van die parogie van Alle Heiliges, Kabegapark, Port Elizabeth, gepubliseer, en is deur die skrywer vertaal.

  • Terug na indeks van heiliges

    Terug na chronologiese indeks

    Terug na Heiliges & Jaargetye-indeks


    Opmerkings, navrae: Mike Oettle