deur Mike Oettle
AUGUSTUS het twee datums op die almanak wat die Here Jesus gedenk: 6
Augustus, die Verheerliking;[1] en die 34ste Sondag van die jaar, die fees van Christus die Koning.
Jesus het verskeie titels – ’n mens dink by voorbeeld aan dié wat Jesaja noem (Jesaja 9:5) wat in Händel se Messiah aangehaal word: “His name shall be called Wonderful, Counsellor, The Mighty God, The Everlasting Father, The Prince of Peace”[2] – maar om dit kort te hou, kom ons kyk slegs na Sy naam en ’n enkele titel.
Lukas lei die naam terug na die Engel Gabriel se woorde aan Maria: “Jy sal swanger word en ’n seun in die wêreld bring, en jy moet Hom die naam Jesus gee.” In Hebreeus is daardie naam Jehosjua, en die betekenis daarvan is “Jahweh is verlossing.” (Hosjea, of Hosea, is die Hebreeuse woord vir verlossing.)
Die Goddelike Naam se oorsprong kom in Eksodus 3: “Toe sê God vir Moses: ‘Ek is wat Ek is.’ ” Sit dit in die derde persoon as Hy Is, dan het jy die Hebreeuse Jahweh.
Omdat Hebreeus geen geskrewe vokale het nie – dit word as heilig beskou – word dit in daardie taal as JHWH geskryf. (Hierdie letters, in Hebreeus
geskryf, word die tetragrammaton[3] genoem, en word hier regs aangetoon – lees dit van regs na links.)
Hierdie naam is een van die raaisels van die Bybel, want ’n tyd het gekom wanneer dit gedink is dat die naam te heilig is om uit te spreek, en was dit volgens gebruik vervang, in enige voorlesing van die Skrif, met Adonai[4] (My Here). Hierdie woord het uiteindelik in manuskripte van die Bybel voorgekom en het selfs die uitspraak van die naam verlore geraak. Die meeste skrifgeleerdes stem vandag egter ooreen dat dit as Jahweh geskryf behoort te word.
Hierdie vervanging van JHWH met Adonai is die rede waarom die Afrikaanse Bybelvertaling van 1933 “die HERE” (in klein hoofletters) in die meeste plekke het waar die Hebreeus oorspronklik as JHWH gestaan het. Sommige vertalings gee egter wel Gods Naam deurgaans as Yahweh of Jehovah.
Die Bybel noem nog ’n Jehosjua in Josua, terwyl Jesaja amper dieselfde is (in Hebreeus Jesja’Jahu); maar die Here is blykbaar onder mense wat Hom geken het, as Jesjua bekend. Dit het in Grieks as Jesous (IhsouV) oorgegaan, en toe in Latyns as
Jesus of Iesus (met dieselfde uitspraak as in Grieks). Die meeste Westerse tale
gebruik hierdie spelling, maar die uitspraak wissel.
In terme van die Hebreeuse wet was Jesus Josef se seun, dus sou hy as Jesjua bar Jehosef (of Josef) bekend gestaan het. Weg van Nasaret sou Hy aan die dorp waar hy vandaan gekom het, bekend gewees het: Jesjua ha-Notsrit – Jesus die Nasarener. Maar sy volgelinge sou Hom rabbi (my meester) of adonai genoem het.
Toe die Briewe en Evangelies in Grieks geskryf is, is adonai as kurios (kurioV, wat heer of magtige beteken) vertaal – die woord wat ’n slaaf sou gebruik om sy meester aan te spreek, of ’n onderdaan sy koning. En hierdie woord is toe in die tale van Wes-Europa (onder andere) vertaal. Maar vir my kom daar ’n eienaardige draaiing in die storie waar die Bybel Engels word.
Onder die Angel-Saksers was die kweek van koring en die verwerking daarvan tot brood van groot belang – so belangrik dat die hlafweard (loaf-ward of broodbewaarder) ’n vooraanstaande persoon was. Dus het ’n titel wat broodhouer beteken, in gebruik gekom vir iemand van die adelstand – in Middel-Engels ’n loverd of lord, en in Moderne Engels ook ’n lord. En toe die woord op Jesus toegepas is, het dit nie net die titel geword van die Koning van Konings, maar omdat Hy die een was wat brood gebreek het en gesê het: “Neem, eet, dit is my liggaam, dit is vir julle,” en andermaal gesê het: “Ek is die brood van die lewe,” was dit ’n titel van uitsonderlike betekenis.
Dit is iet om oor na te dink dat Jesus beide die Lam van God is en die Goeie Herder, beide Lewensbrood en Heer (Lord) – werklik alles saamgevat!
En as vir nog ’n oomblikkie weer na die Angel-Saksiese samelewing kan terugkyk, is daar nog ’n titel wat uitstaan. Die vroulike eweknie van die hlafweard was sy hlæfdige (deegknieër) of lady (dame). Dit was gewoonlik sy vrou, maar indien hy ongetroud was, sou dit gewoonlik sy moeder wees. As ’n mens aan Jesus dink waar Hy deur die brood van die nagmaal gesimboliseer word (hostie)[5] en aan sy moeder, die een wat hom grootgemaak het (’n mens kan amper sê sy het Hom “geknie”), is die titel Our Lady (Onse Dame) wat dikwels haar toegespreek word van spesiale belang – of ’n mens nou voel dat Maria[6] al die spesiale eer wat sy in die Rooms-Katolieke Kerk verkry, verdien of nie.
Natuurlik is die titel ook van toepassing op gewone menslike dames – adellikes – maar dit lyk vir my verspot om van vroue te praat wat gewone
republikeinse burgers is, as “ladies” . . . veral as hulle enigste
brood die produk is van ’n moderne bakkery.
[1] Die Handwoordeoek van
die Afrikaanse Taal definieer “verheerlik” as: Heerlik maak, word of
voorstel; loof, roem, prys: God, sy naam verheerlik. Die digter in ’n
lofrede verheerlik. Jesus is op die berg verheerlik.
My Engelse woordeboek
definieer die ekwivalent, “transfiguration”, as: 1. A radical transformation of
figure or appearance; metamorphosis. 2. Capital T: The sudden emanation
of radiance from Jesus’ person that occurred on the mountain. Matthew. 3. The
Christian commemoration of this, observed on August 6.
[2] “Hy sal genoem word:
Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.” (Nuwe Vertaling)
[3] Die woord tetragrammaton
beteken niks meer nie as “vier letters” (Grieks tetra- [tetra] = vier + gramma [gramma] = letter, van die
wortelwoord grammat- [grammat-]). Dit is geensins ’n naam van God
nie. Die sataniste wat die woord “TETRAGRAMMATON” op die grond neerskryf en dan
daarop trap en spoeg, het geen idee van wat hulle maak nie.
“Jehova” is miskien ’n
bekender vorm van die Goddelike naam.
[4] Sommige Jode beskou Adonai as te heilig om sonder
hoed te sê, en indien hulle hoedloos is, sal hulle Adochem sê (“die Naam
van die Here”).
Die naak van die Griekse (oorspronklik Fenesiese) god Adonis het dieselfde
oorsprong. Dit beteken eenvoudig “heer”.
[5] Katolieke glo natuurlik dat
Hy in die brood werklik teenwoordig is.
[6] Die fees van die Heilige Maagd Maria val op 15 Augustus.
For English, click here
Terug na Heiliges & Jaargetye-indeks